Leopold Scholtz

FW het in 1990 die onvermydelike gedoen

2010-02-05 08:21
Tweets Share Share line Print

Die herdenking van pres. FW de Klerk se toespraak 20 jaar gelede waarin die verbod op die ANC/SAKP en ander swart bewegings opgehef is, het in die Afrikaanse koerante en op kletswebwerwe tot ’n stortvloed woedende en gefrustreerde reaksies aanleiding gegee.

Tipies van die houding by baie skrywers was die opskrif by ’n brief in Beeld: “FW het gelieg, gelieg en gelieg.”

Nou ja, daar is maar min politici wat nie die waarheid ten minste effens plooi wanneer dit hulle pas nie. Maar die Vader weet, FW verdien nie die haat en nyd wat oor hom uitgestort word nie.

Kom ons onderskei twee vrae van mekaar.

Een: Het FW op 2 Februarie ander lewensvatbare keuses gehad as om die ANC/SAKP en ander bewegings te wettig? Twee: Kon die NP-verteenwoordigers méér in die onderhandelinge met die ANC bereik het?

Ten eerste dan: Die klipharde waarheid is dat die magsverhoudinge begin 1990 sodanig was dat die destydse regering niks anders meer kon doen nie.

Sanksies was nie deurslaggewend nie, maar dit het toenemend gewurg en die ekonomiese groeikoers afgerem, waardeur pogings om materiële griewe by die swartes uit die weg te ruim gekortwiek is. Dit het die ANC/SAKP gepas.

Die deurslaggewende faktor was egter die mate waarin die ANC/SAKP die swart mense – hetsy deur intimidasie of oortuiging – kon mobiliseer.

Enige regering, selfs die mees diktatoriale, kan slegs regeer as hy kan staatmaak op óf die aktiewe steun van die massa óf die mense se passiewe aanvaarding.

Géén bewind kan op die duur oorleef as die massa hom aktief teenstaan nie.

Dit is wat in die jare tagtig in Suid-Afrika gebeur het.

Die staat het stadigaan tot stilstand begin knars – staatsamptenare, polisiebeamptes en soldate kon hulle slegs in groot getalle en met oorweldigende vuurkrag in die meeste townships waag.

En ja, dwang en intimidasie het ’n groot rol hierin gespeel. Sowat van ’n brute veldtog voor én ná 2 Februarie 1990 het Suid-Afrika nog nooit gesien nie.

Of ’n mens nou daarvan hou of nie, dáárteen sou geen enkele regering (allermins een van die KP of AWB!) op die duur kon standhou nie – die land sou in ’n algemene chaos, burgeroorlog en bloedvergieting weggesink het.

Toe die Berlynse Muur val, is die internasionale magspolitieke en ideologiese mat bowendien onder die ANC/SAKP weggepluk.

Dit het die risiko van ’n 2 Februarie 1990 aansienlik verklein. FW het ’n bloedbad voorkom.

Die tweede vraag: Ja, die NP-verteenwoordigers kon in die onderhandelings meer bereik het, maar nie vreeslik veel meer nie.

Die magsverhoudinge het ná 2 Februarie bloot verder versleg, en die ANC/SAKP het briljant daarin geslaag om die regering as die skurk en homself as die onskuld self af te skilder.

Dus, grondwetlike foefies soos ’n minderheidsveto, etnies-gebaseerde koalisie en roterende presidentskap was, om die minste te sê, naïef.

De Klerk word soms ook daarvan verwyt dat hy nie sy troefkaart, die weermag, ingespan het nie. Ja, hy kon Soweto en Khayelitsha in as gelê het, hy kon tienduisende swart mense laat doodskiet het – maar wat sou dit opgelos het?

Nee, die weermag was slegs ’n beperkte opsie waarvan gebruik gemaak is soveel as wat moontlik was.

Maar selfs met dié beperkings in ag genome, sou die onderhandelaars tog iets meer kon bereik het.

Daar is genoeg getuienis dat die ANC/SAKP tot meer toegewings bereid was.

Die probleem is dat FW nie sy eerste span ingestuur het nie, maar mense wat nie eens op die reserwebank van die derde span tuisgehoort het nie.

Mnr. Roelf Meyer was pateties en kon, as hy wou, meer bereik het vir Afrikaans en groter provinsiale magte.

Hy kon voorkom het dat die ANC/SAKP die verlede deur middel van die Waarheids-en-versoeningskommissie kaap.

Maar goed, alle denkbare grondwetlike waarborge kan ’n regering nie dwing om goed te regeer nie.

Die grondwet wat ons gekry het, is nie ideaal nie, maar bied voldoende ruimte vir burgers om dit as wapen in te span.

Die punt is: Lê die wil aan die dag en gebruik dit!

* Die skrywer is Media24 se verteenwoordiger in Europa.

- Oorspronklik verskyn in Die Burger

 

Stuur jou kommentaar aan Leopold

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Leopold Scholtz-kommentaar

Jan sê... Ek dag dit is 'n artikel oor my Goue Leeus se rugby sovêr. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

MAZDA

626 2.0 SL
2005
R 119,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 129,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.