Koos Kombuis

Die kind is nie dood nie

2010-03-08 14:17
Tweets Share Share line Print

Die meeste van julle wat vandag hierdie rubriek lees, het seker al die naam “Klara Majola” gehoor.

Dit roep beelde op van ’n kind wat iewers doodgegaan het... maar waar? Wanneer? Dit herinner mens aan ander legendes uit die oerskat van die ou Afrikaanse letterkunde, soos die ritmiese rym oor Mabalél.

Dit is belangrik om hierdie ou vertellinge te onthou en te koester. Wreed sal die dag wees wanneer ons groep Afrikaanssprekende mense aan die suidpunt van Afrika name soos Klara Majola nie meer op hul tong dra nie.

Die Bybel sê die mens kan nie van brood alleen lewe nie en ek sê: Ja, ons kinders kan nie van protesmusiek en rock ’n roll en SMS-boodskappe en MXit alleen lewe nie.

As ons slegs van laasgenoemde kennis neem en die ou dinge vergeet, sal ons eendag slim doodgaan – en ingelig, en wêreldwys, en sinies, en super-cool, maar daar sal ’n braakland ongeplant in ons hart wees; ’n voedaar van metafore sal vir altyd oorgroei en toegestop wees.

Die ergste van alles is dat niemand dit sal agterkom nie.

Hierdie gedagte sou nie vir my so belangrik gewees het nie as dit nie was vir iets wat nou die aand by ’n Stef Bos-konsert buite Stellenbosch gebeur het nie.

Stef het ’n toonsetting van Opperman se bekende Klara Majola-gedig gesing, ’n toonsetting wat hy daardie selfde dag geskryf het.

Die feit dat die liedjie so nuut was, dat die ou-ou woorde pas ’n nuwe baadjie gekry het, het dit ’n dringende onmiddellikheid van sy eie gegee.

Maar toe gebeur daar iets wat selfs merkwaardiger was.

’n Jong, bruin man staan op, neem die mikrofoon en vertel dat hy familie van Klara Majola is.

Hy is van die Ceres-distrik en woon op presies dieselfde plaas waar Klara Majola destyds in die ryp verkluim het op soek na haar pa.

Almal op die plaas onthou nog vir Klara, vertel hy. Hy ken haar susters en haar susterskinders en almal wat deel van haar uitgebreide familie is.

Die Burger van 31 Julie 1950 het die storie gepubliseer en dit is daardie berig wat D.J. Opperman geïnspireer het om haar te verewig. Sy sou vanjaar 68 jaar oud gewees het as sy nie in 1950 op die ouderdom van agt jaar gesterf het nie.

Vir die mense van hierdie gemeenskap is Klara Majola nie net ’n mooi gedig of ’n liedjie nie, maar ’n werklikheid, ’n vlees-en-bloed-herinnering, iets wat onder hul neus gebeur het en in hul kollektiewe ingeëts is.

“Klara Majola wou haar vader / Toe die skemer sak, gaan haal / Waar hy, die blinde, hout vergader; / Maar Klara Majola het verdwaal.”

Ek dink aan al die berigte wat ons deesdae feitlik daagliks in koerante lees: moorde, verkragtings, swak dienslewering, verwaarlosing en algehele mense-nood.

Dis die kinders wat suffer. Dis altyd die kinders wat die meeste suffer.

Om hierdie rede is Klara Majola vandag juis relevant, meer relevant as ooit tevore, met ’n relevansie wat ons as Afrikaanse mense, en ons as ganse Suid-Afrikaanse nasie, eenvoudig nie langer kan ignoreer of onder die mat invee nie.

Daarom is dit gepas dat Stef Bos se vrou, die Afrikaanse kunstenares Varenka Paschke, ’n bronsbeeldjie van Klara Majola gemaak het wat eersdaags iewers in die Ceres-omgewing onthul gaan word.

Daarom is dit gepas dat ons almal in hierdie dae van kitsroem en selfpromosie en blatante popkultuur asseblief net ’n oomblik stilstaan en dink aan die jong mense van vroeëre geslagte: die Ingrid Jonkers, die Hector Pietersons, die Steve Biko’s en die Rageltjie de Beers.

Ek laat julle vandag met hierdie gedagte. 

– Oorspronklik verskyn in Rapport

Stuur jou kommentaar aan Koos

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.