Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Joshua Carstens

Draai geldkraan vir Bafana toe

2013-02-15 08:08
Tweets Share Share line Print

Jy moet die moed hê om die goed te verander wat binne jou vermoë is om te verander, lui die bekende aanhaling.

Ek het nog altyd gedink ons land het hierdie begrip nie lekker onder die knie nie en na afloop van die Afrikabeker-sokkerreeks, is ek doodseker ons verstaan dit nie behoorlik nie.

Ons nasionale sokkerspan, Bafana Bafana, het nog nooit die medaljes vir uitmuntende prestasie ingeryg nie, maar daar was ’n tyd toe hulle goed presteer het. In 1996 het hulle die Afrikabeker-reeks gewen en was hulle 16de op Fifa se wêreldranglys.

Maar dit is amper 17 jaar later en steeds lewer hulle flou vertonings. My probleem is nie eintlik met hulle prestasie nie, maar met die miljarde rande wat oor die jare op sokker as sport vermors is.

Byna R500 000 is in die Afrikabeker belê en steeds het ons ’n louwarm vertoning gelewer. In watter ontwikkelende land kan ’n sport vir amper twee dekades swak presteer en steeds word daar miljoene rande in die sport gepomp?

Die 2010 Wêreldbeker is met groot fanfare hier in ons agterplaas gehou en miljoene rande se skuld is aangegaan om stadions te bou, ’n luisterryke openingseremonie te hou en toeriste van oor die wêreld heen te verwelkom.

Ons stel selfs in 2007 die Brasiliaanse afrigter Carlos Alberto Parreira aan en betaal hom na bewering R1,8 miljoen per jaar, maar steeds verloor ons die toernooi ver. Die huidige afrigter se salaris is R400 000 per maand – dis meer as die meeste Suid-Afrikaners se jaarlikse salaris!

Dit alles word gedoen omdat ons ’n sogenaamde “sokkernasie” is. Ja, ’n groot deel van ons bevolking stel belang in sokker en baie kinders en jongmense droom daarvan om eendag vir Bafana Bafana op die veld te draf, maar is dit genoeg rede om soveel geld te mors?

Dis ’n basiese beginsel in die sakewêreld dat as jy nie opbrengs op jou belegging kry nie, jy dit laat vaar of jou geld elders belê. Hoekom nie dieselfde met sport nie? Daar is soveel ander verdienstelike sporte in Suid-Afrika wat sal floreer met die nodige finansiële ondersteuning.

Ons nasionale swemspan lewer wêreldkampioene op soos Chad Le Clos en Cameron van der Burgh, maar die sport moes al telkens veg om borgskappe te behou.

Suid-Afrika se roeispan, wat laas jaar by die Olimpiese Spele ’n medalje gewen het, moet tevrede wees met die krummels wat van die tafel afval. 

Selfs vir die Internasionale Wiskunde-olimpiade, wat (hopelik) in Suid-Afrika gehou gaan word, kan die regering nie nodige R6 miljoen gee nie, en wiskunde beteken baie meer vir jongmense se toekoms as wat sokker ooit sal kan doen.

’n Mens wonder net hoeveel van dié en baie ander kleiner, maar belowende sportsoorte, befonds kan word met net die helfte van die geld wat op ons “sokkerhelde” spandeer word.

Ek stel nie voor dat ons sokker glad nie meer befonds nie. Dit bly ’n geleentheid om ons nasie te versoen en is ’n belangrike deel van baie Suid-Afrikaners se ontspanning en trots. Dit is dalk net tyd dat Bafana se geldkraantjie toegedraai word sodat ons die geld beter kan belê.

 – Joshua Carstens is ’n joernalis en skrywer. Besoek sy blog by www.joshuacarstens.blogspot.com, en volg hom op Twitter (@Joshuacarstens).

Stuur jou kommentaar aan Joshua

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Kempton Park - 12:17 PM
    Road name: R21 Southbound
    STATIONARY TRUCK in the left lane before the R24 / Airport Interchange - expect delays
  • Wednesday Sunninghill - 11:59 AM
    Road name: Rivonia Road
    ACCIDENT at Witkoppen Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.