Jonathan Jansen

Malema boots bloot sy politieke vaders na

2011-09-06 08:04
Tweets Share Share line Print

Nare fliek, deel I: Die vader is aangekla van verkragting, asook van korrupsie. Sy vriende het die massas gemobiliseer om die publiek te intimideer en die regbank te dreig met onbeheerste, woedende skares wat die strate invaar en rondom die howe saamdrom.

Die skares het dié kreet uit die vryheidstryd uitgespreek: “Ons sal die land onregeerbaar maak as die vader nie vrygelaat word nie!”

Die seun het die gepeupel gelei en dié skokkende aanspraak gemaak: “Ons sal doodmaak vir Zuma!” Die vader is vrygelaat in wat deur die skrywer Njabulo Ndebele as “politiek-georkestreerde geregtigheid” bestempel is.

Nare fliek, deel II: Die seun word nou verhoor op dissiplinêre klagte, terwyl aantygings van korrupsie daagliks in die nuusmedia gepubliseer word. Sy vriende mobiliseer die massas, dreig die tugkomitee en rig ’n bekende dreigement: “Ons sal die land onregeerbaar maak indien die klagte nie teruggetrek word en die seun vrygelaat word nie!” Die seun se vriende maak dié skokkende aanspraak op die televisie: “Ons sal doodmaak vir Malema!” Die seun hoop om ook vrygelaat te word – nie op grond van “die feite van die saak” nie, maar op sterkte van ’n verdere politieke ooreenkoms.

In Fiona Forde se boek An Inconvenient Youth – Julius Malema and the ‘New’ ANC is aandoenlike bladsye waarin Malema ’n beskrywing gee van sy grootwordjare sonder ’n pa en van sy afhanklikheid van twee vroue vir die leer van lewenslesse en sosiale vaardighede – sy ma en sy ouma. Hulle word in die boek voorgestel as ordentlike mense wat die jong man soms kontak om hom op die regte spoor te bring, soos toe hy die spot gedryf het met minister Naledi Pandor se aksent. Hy het plegtig verskoning gevra nadat hy die oproep ontvang het.

Ek aanvaar die integriteit van die twee senior Malema-vroue, maar regdeur die boek het ek die gevoel gehad dat een van die hoofredes vir die jong Malema se krisis die afwesigheid van ’n sterk vaderfiguur as ’n rolmodel in sy lewe is. In die afwesigheid van só ’n rigtinggewende mentor word ’n jong man oorgelaat aan wat ook al elders beskikbaar is. Vir Malema is dit die politikus Jacob Zuma.

Alle jong mans leer van vaderfigure. Malema leer onbeheerstheid. Hy leer dat die politiek moraliteit kan neutraliseer. Hy leer dat geraas redelikheid kan uitdoof, en dat woede bewyse tot onsin kan maak. Hy leer dat sommige uitgesoekte frases, soos die strydkreet oor onregeerbaarheid, op sensitiewe ore kan val en ’n mens selfs kan vrymaak. Hy weet ook dat chaos, soos dié wat verlede week rondom Luthuli-huis bewerkstellig is, ’n staatshoof tot ’n val kan bring en vervang. Dit is dus geen wonder nie dat die naam van Thabo Mbeki (onthou u hom?) gereeld opklink in die gedruis van die onbeheerste betogers.

Die protesteerders in die tweede rolprent het dié geldige punt: “Ons doen niks anders as wat ons van jou (Zuma) geleer het nie.” Hulle het reg. Kinders leer van hul vaders, en is geneig om die slegte (of goeie) gedrag te herhaal.

Dit is die probleem wat die ANC se ouer garde tans in die gesig staar. Hoe kritiseer jy ’n seun wat die voorbeeld van die ouer tot die letter navolg? Dit is tog seker die toppunt van skynheiligheid om ’n weerbarstige kind kort te vat as jy presies dieselfde gedoen het.

Toe die vader “bring my masjiengeweer” gesing het, het die seun gevolg met die koor “maak dood die boer”. Hoe dissiplineer jy ’n kind wat nie net van jou leer nie, maar is wat jy is?

Vir vaders is hierin ’n les. Ek ken baie vaders, sommige naby die huis, wat nie hul seuns oor hul drinkgewoontes kan dissiplineer nie omdat hulle self alkoholiste is. Ek ken vaders wat niks kan doen aan hul kinders se seksuele moraliteit nie omdat hulle self rondslaap. Ek het vaders van raad probeer dien wat bekommerd oor hul seuns se aggressie is, maar wat geen hond haaraf maak nie omdat hulle self in konfliksituasies kortgebaker is.

En ek ken vaders wat deur hul seuns die swye opgelê word – in kru taal – omdat hulle afwesig was in die kritieke jare toe daardie kinders deur ’n moeder (of ouma) alleen grootgemaak is.

Julius Malema is die produk van sy opvoeding – nie net in die volslae afwesigheid van ’n biologiese pa nie, maar in die aanwesigheid van ’n politieke pa wat ’n negatiewe rolmodel was in die grootwordjare van ’n jong man.

Dit sou byna te maklik, selfs onregverdig, wees om die kind te straf sonder om ook diegene te straf wat die jong man na politieke volwassenheid gelei het en nou voorgee om deur die resultate verras te wees.

Hierin is snydende lesse vir alle vaders.
 
- Oorspronklik verskyn in Die Burger

Stuur jou kommentaar aan Jonathan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Jonathan Jansen-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Negotiable

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

SharePoint Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.