Johan Swarts

'n Dubieuse ding...

2010-10-29 07:46
Tweets Share Share line Print

Suiwer Afrikaans is so 'n...dubieuse ding.

Neem die woordjie "dubieus". Baie Afrikaanssprekendes sal heftig kapsie maak teen die gebruik van die woord, omdat dit vir hulle baie soos die Engelse "dubious" klink en hulle van kleins af geleer is dat anglisismes 'n euwel is.

In werklikheid stam "dubieus" van die Latynse woord "dubiosus" (‘n afleiding van die Latyn "dubium") af. Dié het om die beurt in Nederland onder Franse invloed die agtervoegsel "-eus" bygekry. Ook die Engelse "dubious" soos ons dit vandag ken, stam uit die Ou-Frans "doter” (twyfel / om twyfelagtig of bang te wees).

As ‘n mens dus tegnies wil raak, is die Afrikaanse gebruik van die woord “dubieus” nie ‘n Anglisisme nie, maar ’n Gallisisme.

Oor Gallisismes kla niemand nie. Slegs teen Engelse invloede word daar sterk walgegooi. Dis natuurlik ironies, aangesien Engels, nes Afrikaans, ‘n Germaanse taal is. Trouens, wanneer woorde uit ander Europese tale gebruik word, word dit deur baie Afrikaanssprekendes as formeel of hoogdrawend geag.

Om ‘n vrou byvoorbeeld ‘n “femme fatale” (Frans) te noem, ‘n situasie “überhaupt” (Duits) in oënskou te neem of ‘n “ad hoc”-vergadering (Latyn) byeen te roep, is vir die meeste taalpuriste heel toelaatbaar. Laat iemand egter net verklaar: “Ek het actually nogal baie van daai movie gehou, al was die musiek besonder crap” en al wat ‘n taalstryder is, kry ‘n liesbreuk. (Ook woorde in Afrikaans met invloede uit Afrika en Asië – waarvoor ‘n mens ten minste ‘n sterker saak van kontaminasie sou kon maak – ontglip die meeste mense wanneer hulle oor Engels kla.)

Teenkanting teen Engels is natuurlik te wyte aan die kolonialistiese rol wat Brittanje vir jare aan die onderkant van Afrika gehad het. ‘n Paar edikte hier, ‘n paar konsentrasiekampe daar en siedaar: Engels is die satan self. Al besef mense dit nie altyd nie, is die wekroep om suiwer Afrikaans te praat daarom nie ‘n taalkundige nie, maar ’n politieke een. ‘n Taalkundige of wetenskaplike saak vir suiwer Afrikaans kan daar nie wees nie, omdat Afrikaans (soos alle tale, eintlik) as ‘t ware ‘n baster is en taalwetenskap altyd deskriptief eerder as preskriptief is.

Afrikaans is maar een van die vele permutasies van die Gemeengermaans wat eens op ’n tyd in Europa gepraat is. Dis nie heilig nie. Dis nie suiwer nie. Dis kommunikatiewe gereedskap wat konstant ontwikkel en verander – iets wat gebruik eerder as opgepiep moet word.

Dieselfde geld vir Engels: dis nie boos nie, dis nie onrein nie. Toutatis vermoor nie ‘n klein katjie elke keer wat ‘n Angelsaksiese woordjie in ‘n Afrikaanse sin gedruk word nie.

Om aan te dring op suiwer Afrikaans is enigiemand se reg, maar pogings om ‘n taalkundige argument daarvoor te probeer maak, sal altyd uitloop op dubieuse pseudowetenskap.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 135,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.