Johan Swarts

'n Ander soort Afrikaner

2010-07-01 08:08
Tweets Share Share line Print

Die musiekvideo vir Jack Parow se "Dans Dans Dans" beeld ‘n identiteitsverskuiwing uit wat besig is om in Afrikaners se geledere plaas te vind.

In die video kom 'n skattejagter, na 'n swerftog deur 'n woestyn, op 'n logge skatkis af. Hy hardloop opgewonde daarheen, gooi alles neer en begin ywerig om dit met sy hande uit die sand te grawe. "'n Skat!," sou 'n mens seker hoor as jy sy gedagtes kon afluister – "'n milddadige, wonderlike skat! O, roemryke glorie!”

Dis egter nie lank nie, of dis kis se deksel spring wawyd oop – en uit spring nie oorvloedige rykdom nie, maar Jack Parow – die gevaarlike, romantiese, superster rapper wat in die donker gange van N1 Stad gebore is. En dié is toe nie heeltemal wat neef skattejagter verwag het nie.

Onze kletsrymelaar swets. Hy’s burlesk. Hy’t waarskynlik laas op sy vorige verjaardag deoderant aangewend. Hy versoek neef skattejagter om te drink tot hy “kots en kruip oor die vloere" en noem in dieselfde asem sommer ook dat hy nie juis 'n voorliefde vir die meer serebrale dinge in die lewe koester nie. Aldus Parow: "Die simpelste goed maak my kop deurmekaar".

En al wat hy wil doen, is dans. Fokken "dans, dans, dans".

Die skattejagter het 'n skat verwag. Hy kon sweerlik die rykdom, die aansien, die glorie proe wyl hy rondom die kis gegrou het. Dit het geruik na poësie en skemerkelkies met hooggeplaasdes. In sy kop moes dit iets ongelooflik wees, maar al wat hy op die ou end gevind het, was die teenoorgestelde: 'n volksvreemde man met 'n volksvreemde hoed en 'n volksvreemde, kommin streep.

’n Mens moet ‘n hele paar intentional fallacies pleeg en baie verbeelding gebruik om by hierdie interpretasie uit te kom, maar die video lewer vir my op ‘n manier kritiek op ‘n soort Afrikaner wat besig is om stadig maar seker uit te sterf.

Dis die soort Afrikaner wat briewe oor die taaldebat aan Afrikaanse dagblaaie skryf, graag met mekaar oor hul beleggings praat en onderlangs wedywer vir die duurste 4x4, die grootste strandhuis, die regte skilderye en die vetste bankrekening (en so af en toe die nuutste André Rieu-CD). Die soort wat in die 1960’s ontpop het, toe die Afrikaner begin ryk raak het. (Dis oor hulle en hul BMW’s wat Johannes Kerkorrel graag gesing het.)

Vandag is hulle besorg oor dinge wat vir ‘n vorige geslag die toppunt van sosiale statuur verteenwoordig het, maar tans in ‘n relatiwistiese golf van globalisering verswelg word. Die internet is vir hulle “daai blou prentjie op die rekenaar”, Fokofpolisiekar geraas, Facebook en Twitter ‘n irrelevante mors van tyd. Die Antwoord? Loutere heiligskennis.

Hulle grawe rondom die spreekwoordelike kisdeksel van die Volk in die hoop om iets van waarde te vind, net om telkens begroet te word met ‘n jonger geslag wat eenvoudig nie omgee oor of identifiseer met hul strewes nie.

Dít is die identiteitsverskuiwing wat besig is om in Afrikaners se geledere plaas te vind – dat al hoe minder Afrikaners soek na die skattejagter se skat. Parow beeld dit uit deur dit wat hierdie sterwende soort Afrikaner gerieflikheidshalwe wou vergeet – die ruwe, styllose armoede wat onder sommige van sy volksgenote geheers het – te approprieer en op te hef. Hy omhels kommin.

Hy sê nie: “ons is nie almal so nie”, maar eerder: “ek gee nie om oor jou fakkel en jou koeksister nie – en ek is trots daarop. En $##@ jou as jy nie daarvan hou nie”.


 

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter. 

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 135,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.