Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Wie baat by Armstrong-debakel?

2013-01-22 08:08
Tweets Share Share line Print

Die Lance Armstrong-debakel is tegelykertyd amusant en tragies – amusant, omdat dit wys hoe mense blindelings glo wat vir hul opgedis word; tragies omdat niemand dit raaksien nie.

Dit sal nie 'n oordrywing wees om te sê dat Armstrong se bieg teenoor Oprah Winfrey miljoene Livestrong-aanhangers geskok het nie. Armstrong is nou 'n gevalle held – een wat toe nie suiwer deursettingsvermoë en 'n heilsame leefstyl aan die dag gelê het om 'n kampioenatleet te word nie, maar die wenresep bloot by sy are ingespuit het.

Sy aanhangers is nou ontgogeld, want die werklikheid is toe nie soos dit vir hulle voorgehou is nie. Hoe kan dit wees, wonder hulle beteuterd: hul held was dan op die voorblaaie van tydskrifte en alles!

Juis.

Dit was nie Armstrong wat op voorblaaie en skerms gepryk het nie. Dit was 'n nabootsing; 'n fasade wat op die ou end so werklik was dat dit die werklikheid vervang het. Boonop was dit 'n uiters winsgewende fasade. Lance Armstrong was 'n industrie op sy eie, tot stand gebring en in stand gehou deur godsdienstige toegewydheid aan 'n hersenskim.

Mense se verbasing oor Armstrong se ware karakter spreek van 'n diepgesetelde onbewustheid van die talle ander nabootsings wat met reëlmaat aan hulle opgedis word.

Noudat almal vra: "wie is Lance Armstrong dan nou eintlik?", is dit dalk nodig om 'n treë terug te gee en onsself te herinner dat die vraag eintlik maar oor die res van die wêreld se glanspersoonlikhede ook gevra kan word.

Is Joost van der Westhuizen byvoorbeeld 'n onaktiewe rugbyspeler met motorneuron-siekte, of is hy 'n vlekkelose martelaar wie se feeks van 'n vrou hom nie wil toelaat om sy laaste bietjie lewe te geniet nie – alles gerieflikheidshalwe verpak in 'n weeklikse vervolgverhaal met ekslusiewe glansfoto's?

Is Nelson Mandela 'n afgetrede staatsman, of is hy 'n heilige wat die verlosser van alle Suid-Afrikaners is, 'n glimlaggende gesig wat op afbeeldings van goue muntstukke teen inkopiesentrums se deure pryk en in die spontane oopmaak van beursies resulteer?

Is Kate Middleton 'n doodnormale vrou met 'n gemiddelde liggaam, of is sy 'n sprankelende hertogin wat nooit sleg kan lyk nie, bestendig glimlag en oor wie jy soveel omgee dat jy regstreeks na haar troue sal sit en staar terwyl jy met sterre in jou oë murmel hoe prinsesserig sy lyk?

Wie baat daarby om lewe in nabootsings te blaas? Van waar en waarheen vloei tyd, geld en invloed wanneer hulle ten toon gestel of nuwes geskep word? By wie of wat is mag gesentreer wanneer ons swymel oor opgetowerde personas wat geen korrelasie met die werklikheid het nie? Wie baat daaruit?

Wie het by Armstrong gebaat?

Nie ons nie, dis verseker. Ons was stemvee, koopvoer, pionne. Ons het die nabootsings geglo en aanbid. Ons is verbaas oor die ontmaskering, maar besef uiteindelik nie dat ons hele lewe 'n verhoog is waarop nuwe nabootsings konstant ten toon gestel word in pogings om ons van ons hulpbronne te skei nie.

Die tragiek van Armstrong is nie dat hy gefaal het nie. Dis dat ons hom geglo het.

 – Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

J2EE / Senior Java Developer

Centurion
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.