Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Werklike oplossings ontwyk ons steeds

2013-02-19 07:49
Tweets Share Share line Print

Elke dag op pad huis toe ry ek verby 'n spul renosters op die N2.

Hulle is op die betonversperring naby die afrit Mitchells Plain toe uitgekrap – al honderde van hulle – langs die koue woorde: "312 killed".

Die spannetjie wat dit skoongekrap het, kon nie 'n meer ironiese plek gekies het om dit te doen nie. Skaars 'n paar kilometer in beide rigtings is Khayelitsha, Manenberg, Langa en Nyanga – van die Wes-Kaap se armste en mees gewelddadige woonbuurte.

Kinders word hier (soos elders) verkrag en geslag, maar vir hulle kerf niemand kruisies teen die beton langs die snelweë nie. Vir die kruiskerwers bly hulle naamloos, hul pyn irrelevant en hul lot ongekend.

Hierby het die aktiviste nie net gekies om te betoog vir die welsyn van 'n ander spesie onder die neuse van hul eie spesie nie – hulle het dit op een van die mees oneffektiewe maniere denkbaar gedoen.

Dis te betwyfel of die krusifikse op die N2 intussen iets tasbaars gedoen het om die lewensverwagting van Suid-Afrikaanse renosters op te stoot. 'n Stroper sou seer sekerlik nie daar verbygery en gedink het: "gits, ek moet ophou renosters uitdelg" nie. Pendelaars kon ook nie enigiets meer as 'n warm gevoel in hul binnestes hieruit kry nie.

Die bedoeling is seker goed, maar die hele oefening is in wese nutteloos.

Dit sal onregverdig wees om die kunstenaars te beskuldig van 'n opsetlike poging om renosters belangriker as mense te ag. Hulle is waarskynlik salig onbewus van die ironie van 'n paar honderd kruise vir renosters in die omgewing van misdaadgeteisterde woongebiede.

Soos die middelklas waartoe hulle vermoedelik behoort, sien hulle nooit die krotbuurte nie, brand hul huise selde af, bring hul krane water voort en spoel hul toilette met reëlmaat. Wanneer hulle die luuksheid van tyd het om iets beter te maak, kies hulle om dit te verspil op goedbedoelde, maar uiteindelik futiele oplossings vir afgeleë probleme.

Op hierdie manier kry 'n mens gemeentes wat sendelinge die wêreld oor rondstuur om skole, kerke en ander fasiliteite te bou, kos te gee en mense op te voed, terwyl hul eie landsburgers self nogal graag in beter omstandighede sou wou woon, eet en leer.

Jy kry 'n spul goed bedoelde maar uiteindelik meerderwaardige pogings om Kony hok te slaan, aanlynpetisies teen verkragting en gekleure strikkies wat elke siekte denkbaar verteenwoordig sonder dat Kony in werklikheid gefnuik word, verkragtings werklik gestuit word of sterftesyfers afneem.

Jy kry kwaai briewe in dagblaaie oor die nuusredakteur van Die Kerkbode en gespreksonderwerpe by die Woordfees asof dit die allerbelangrikste kwessies onder die son is: belangriker as verkragtings in Nyanga, moord in Manenberg of roof met verswarende omstandighede in Mitchells Plain.

En hoewel daar seker niks boos aan kwaai briewe, petisies, strikkies en buitelandse welsyn is nie, verander dit nie veel daaraan dat ons heelwat minder voor ons eie stoep vee as wat ons sou kon nie en dat Suid-Afrika ook nie juis ’n oorvloed tweede kanse het om reg te ruk wat tot dusver verbrou is nie.

Krusifikse bring nie renosters terug nie, maar dit bou ook nie skole nie.

 – Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Investment Associate

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.