Johan Swarts

Wat is 'n minderheid werklik?

2011-09-27 08:40
Tweets Share Share line Print

Adriaan Basson het stof tot nadenke neergepen in ’n onlangse oop brief aan Kallie Kriel, wat myns insiens goeie sowel as swak argumente bevat. Kritiek daarop wat die moeite werd is om te lees (met ander woorde: kritiek wat nie histeries is nie), is kort daarna deur Wessel van Rensburg op sy blog neergepen.

Van Rensburg maak die baie geldige punt dat Kriel en Afriforum se gebruik van die term “minderheid” lomp is. Afrikaners is dalk numeries ’n minderheid, maar getalle nie al is wat tel nie. Hiermee stem ek deels saam, behalwe dat ek selfs verder wil gaan en sê dat enige definisie van Afrikaners as ’n numeriese minderheid ongeldig is.

Die probleem met ’n minderheidsomskrywing vir Afrikaners is dat dit mense op grond van ras takseer. Met só ’n verwysingsraamwerk is Afrikaners ongetwyfeld ’n minderheid. Statistiek Suid-Afrika skat die land se bevolking tans op ongeveer 50 miljoen mense, waarvan 3 miljoen Afrikaners is. Hoe akkuraat laasgenoemde syfer is, weet ek nie (dit kom van Wikipedia af), maar selfs al is dit ’n miljoen te min of te veel, is dit maar bra min in vergelyking met die res van die bevolking.

So ’n “Afrikaner-sentriese” beskrywing ontken egter die diversiteit van tale en kulture wat in Suid-Afrika bestaan. In plaas daarvan om velkleur as metrum te gebruik, kan ’n mens byvoorbeeld ’n veel sinvoller prentjie van Suid-Afrikaners kry as jy etinisiteit as maatstaf aanwend. In Suid-Afrika is taal dikwels ’n goeie aanduiding van etnisiteit, met die sprekersgetalle van die elf amptelike landstale wat tydens die vorige sensus as volg daar uitgesien het:

* Zulu 10,677,000 23.8%

* Xhosa 7,907,000 17.6%

* Afrikaans 5,983,000 13.3%

* Northern Sotho 4,209,000 9.4%

* Tswana 3,677,000 8.2%

* English 3,673,000 8.2%

* Sotho 3,555,000 7.9%

* Tsonga 1,992,000 4.4%

* Swati 1,194,000 2.7%

* Venda 1,022,000 2.3%

* Ndebele 712,000 1.6%

Hierdie syfers skets ’n ander prentjie as Afriforum en Lamont s’n. Indien 3 miljoen Afrikaners ’n minderheid is, dan is Sothos, Tsongas, Swati’s, Vendas en Ndebele’s ook minderhede. Boonop is daar op die meeste maar drie maal soveel Zoeloe- en Xhosasprekers as Afrikaners.

Selfs hierdie prentjie is te eenvoudig: daar is veel meer as elf tale en kulture in Suid-Afrika. In hierdie verband dink ’n mens byvoorbeeld onwillekeurig aan die bruinmense, die Suid-Afrikaanse Indiërs, die San- en die Nama-mense. In Afrikanergeledere self is daar duidelike verskille tussen Afrikaners in die Noorde en Afrikaners in Keeromstraat.

Ondersoek ’n mens Suid-Afrikaners aan die hand van godsdiens, is die prentjie selfs nog meer ingewikkeld: sommige gemeenskappe deel taal, maar verskil drasties wat godsdiens aanbetref. In baie woonbuurte is dit nie ongewoon om kerke sowel as moskees te sien nie.

Suid-Afrika is ’n potpourri van etnisiteite. Om die meerderheid van hierdie kulture saam te forseer onder een sambreelterm en dit dan as “die swart mense” te beskryf, is oneerlik en getuig van sielkundige geweld. Geen rasionele mens kan dit doen nie – behalwe, natuurlik, as daardie rasionele mens en sy voorgeslagte vir dekades gekondisioneer is om op sy pasoppens te wees vir die swart gevaar – die uniforme, verskriklike, onbekende Ander.

Klink dit bekend?

Ons is so deurdrenk van die onwetenskaplike prul wat die afgelope paar dekades in Suid-Afrika ingespan is om mense mee te klassifiseer dat ons nie eers meer besef dat dit diep by ons psiges ingebed is nie. “Ras” het tot vandag toe nog ’n houvas op almal in Suid-Afrika. Dit het so vervleg met ons onderskeie identiteite geraak dat dit bril geword het waardeur ons na bykans alles kyk – Malema en Afriforum se onlangse relletjie ingesluit.

Afrikaners kan slegs ’n minderheid wees as alle “swart” mense dieselfde is. Ek dink nie ’n mens kan enigiemand wat hierdie oortuiging huldig ernstig opneem nie. Boonop is ek seker Afriforum sal geen beswaar hê teen die stelling dat Afrikaners en Engelse Suid-Afrikaners nie oor dieselfde kam geskeer kan word bloot omdat hulle ’n wit vel het nie. Hoekom hulle dit dan nodig ag om Afrikaners met ’n amorfe swart massa te kontrasteer en op grond hiervan aan te voer dat ons ’n minderheid is, weet nugter alleen.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SAGE CRM Consultant

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.