Johan Swarts

Wat is Afrikanerkultuur?

2010-02-11 08:30
Tweets Share Share line Print

Nadat Pretoria se naam vir 'n vlietende oomblik Tshwane was, het Afriforum hul lof teenoor minister Xingwana uitgespreek oor sy die onverwagte naamsverandering teruggetrek het. Sy is bedank vir haar groothartigheid en die kwessie word nou in die breë beskou as 'n soort kulturele oorwinning vir die Afrikaner. Dit is asof almal skielik soos Totius se boompie weer orent kom en skrou: “vat so – ons lê nog lank nie!”

Dit is voorwaar 'n seëviering vir almal wat daarop aanspraak maak dat hulle Afrikaners se kultuurregte probeer beskerm. In sommige opsigte kan die vasklou aan Pretoria se naam selfs as edel beskou word. Ongetwyfeld is dit 'n poging om seker te maak dat 'n belangrike segment van Suid-Afrika se kleurvolle geskiedenis bewaar word en agting geniet. Dis mooi en goed en reg. En tog skort iets.

Dat Afrikaners positief oor die woordjie “Pretoria” kan wees, is verstaanbaar. Wat egter vreemd is, is dat almal negatief is oor die woordjie “Tshwane”.

Daar word dikwels aangevoer dat eersgenoemde deel uitmaak van Afrikanerkultuur en laasgenoemde nie, maar niemand definieer ooit wat presies Afrikanerkultuur nou eintlik behels nie – en hoekom die woordjie “Tshwane” nie deel daarvan kan wees nie. (Is die een dan meer “Afrikaans” as 'n ander een? Daar is nie juis 'n taalkundige argument hiervoor nie - woorde is nie Afrikaans omdat dit in woordeboeke is nie – dit is in woordeboeke omdat Afrikaanssprekendes dit gebruik.)

Derhalwe, wat is Afrikanerkultuur?

Bevat dit koeksusters?

Maar natuurlik.

Ossewa’s?

Ongetwyfeld.

Tombolatafels en ouderlinge en jong mans wat Grens toe was?

Sonder twyfel: ja. En hiermee is daar niks fout nie. Maar wat van Francois van Coke, Jack Parow en Die Antwoord wat 'n karakter op meesterlike wyse beskryf as “doosdronk”? Is hulle deel van die Afrikaner se kultuur? Wat van Steve Hofmeyr wat sing oor 'n vrot pampoen en 'n vreemdkleurige bul wat nie van die vloer af kan eet nie? NP Van Wyk Louw wat dig oor die drinker in sy kroeg? Vernon Koekemoer-grappies? Orkney Snorkney? Is hulle deel van die volk se kollektiewe psige?

Natuurlik.

Maar daar is geen verband tussen Die Antwoord, Steve Hofmeyr en NP Van Wyk Louw nie. Daar is niks wat hulle aanmekaarbind behalwe vir die feit dat hulle aanmekaargebind is nie. Hulle is nie deel van Afrikanerkultuur omdat hulle dieselfde is nie. Inteendeel. Hulle is deel daarvan bloot omdat hulle is. Afrikaners het algaande besluit om hulle te assimileer, al het hulle nie veel met mekaar uit te waai nie. Dit kon netsowel nie die geval wees nie.

Hoekom kan dieselfde dan nie met Tshwane gedoen word nie?

Kultuur is vloeiend en vlietend. Vandag se Pretoria is môre se Tswhane; vandag se Ndebele, Koisan en Nguni is môre se Afrikaans. (Vra maar vir “toi-toi”, “dagga” en “donga”.) En môre se Tshwane is 'n volgende generasie se Afrikanertrots – 'n naam wat kinders eendag (sou die stad se naam wel verander) hand en tand sal probeer bewaar, nes hul ouers dit met die vorige naam gedoen het. As iemand dit dan van Tshwane na, sê, Sponheim wil verander, sal daardie generasie bes moontlik ook konserte en berade hou. Hulle sal dink dit was nog altyd bedoel om Tshwane te heet. Hulle sal dink dit is deel van hul trotse kultuur. Hulle sal dit assosieer met goeie herinneringe.

Hulle sal waarskynlik dink Sponheim is van die duiwel, anti-Afrikaner en 'n bedreiging vir alles wat hulle lief het se voortbestaan.

En hulle sal, nes hul voorouers, die pot missit.

Die vasklou aan Pretoria se naam spreek van kultuurtrots – en dit is goed. Dit spreek egter ook van 'n hardkoppige onvermoë om aan te pas, van 'n soort vasklou aan die verlede en 'n wanbegrip van kulturele ontwikkeling.

Pretoria is ongetwyfeld deel van alle Afrikaners se kultuur. Hiermee is daar weinig fout. Die ontbeantwoorde vraag wat egter in die lug bly hang, is hoekom op dees aarde Tswhane nie ook deel daarvan kan wees nie?

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.