Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Waarom dan nié fuif?

2013-02-05 08:15
Tweets Share Share line Print

Nou die dag (ek verbeel my mos ek kan navorsing doen) lê ek besoek aan my alma mater se biblioteek af. Op pad daarheen baan ek my pad deur talle studente in enerse klere – die meeste van hulle gedweë in rye agter 'n huiskomiteelid met 'n sonbril.

Dis 'n potsierlike prentjie, hierdie jong volwassenes wat soos veë in 'n drukgang agter hul onderskeie leiers aanslier en krete skree of groepe van die teenoorgestelde geslag groet wanneer hulle so beveel word.

Selfs amusanter is die universiteit se jaarlikse pogings om die gebruike 'n nekslag toe te dien en ouers se reaksies wanneer dooprituele te ver gaan en hul telge skade berokken word. Nie een van hierdie partye besef dat hulle pens en pootjies deel van die gedrag se oorsaak is nie.

Die meeste studente oefen hul lewe lank om te kan doen wat hulle tydens die verwelkomingstydperk doen.

Van kleins af gaan hulle kerk of moskee toe waar hulle geleer word om op bevel te staan, te sit of te kniel voor hulle gesange sing of siklusse raka'at uitvoer. 

Op laerskool word hulle respek vir gesagsfigure en arbitrêre regulasies (soos die lengte van hul naels en die kleur van hul hare) geleer, loop hulle agtermekaar soos soldate in skoolgange en word hul bewegings deur 'n skrouende, immeraanwesige klok gereguleer.

Op hoërskool word hulle deur die matrieks op hul plek gesit as sotte (of aambeie of pitswere of gwarre of 'n honderd ander ongure name) en leer hulle verder die belangrikheid van uniformiteit: almal oefen saam krete en bewegings vir interskole, almal ondersteun die eerste XV godsdienstig, almal roep: "ra ra ra! Ons is die beste!"

Na agtien jaar van geleide sit, staan, buk, loop, rol, spring en skree is dit nie verbasend dat hierdie jongmense sal voortgaan met dit wat hulle van kindsbeen af geleer is nie. Om in rye te stap agter gesagsfigure is vir hulle niks vreemd nie en om krete te gil en absurde dinge op gebod aan te vang is vir hulle tweede natuur.

Tot die universiteite wat hierdie studente die afgelope paar jaar graag wil "bekeer" van hul rituele neem daaraan deel. Wanneer studente byvoorbeeld uiteindelik gradueer, moet sowel hulle as hul ouers op aandag staan vir 'n akademiese prosessie, soos gedienstige arbeiders hul loon by 'n belangrike persoon in seremoniele drag op 'n podium ontvang en einde ten laaste weer uit respek opstaan terwyl die heil'ge figure in togas die gebou onder trompetgeskal verlaat.

Suid-Afrikaanse kinders raak groot in dikwels konserwatiewe gemeenskappe waar eensluidendheid hoog op prys gestel word en die gesag van velerlei aanvoerders met geweld (hetsy fisies of psigies) afgedwing word.

Kom hulle uiteindelik buite die gesagsfigure se gesigseinders, fuif hulle sonder end. Hul ouers is dan verskriklik verbaas wanneer hulle hulself (soms alte letterlik) in 'n katartiese koma drink, privaateiendom verwoes of ontkleedanseresse oor matrieknaweke bestel. Hulle lamenteer:

"Ons het hulle nie so grootgemaak nie!"

Juis.

Daarom doen hulle dit.

Die Maties, die Tukke, die Pukke en al die ander wat vanjaar weer krete gil, gesigte verf, hul huiskomiteelede tam agtervolg in die strate en steeds (ja, steeds) die grond aanbid waarop die eerste XV loop, is niks meer as die logiese uiteinde van 'n samelewing wat in sy kern aartskonserwatief en salig onbewus daarvan is nie.

Of daar waarde in inisiasierituele is, is 'n volgende gesprek. (Myns insiens is daar.) Wat wel gewis is, is dat dit moeilik is om te besluit wie die snaakste is: die jong volwassenes in die rye, of die mense in die sentra, stigtings en institute by universiteite dwarsoor die land wat voorgee dat hulle hierdie gedrag kan verander.

 – Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.