Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Vrou, of voorwerp?

2013-02-14 08:33
Tweets Share Share line Print

Suid-Afrika is 'n vreemde plek.

Mans trek soggens 'n broek, 'n hemp en skoene aan. As hulle regtig netjies wil lyk, knoop hulle 'n das om hul nek, skeer en masseer haarjel deur hul hare.

Vrouens het dit so 'n bietjie moeiliker. Hulle moet ook gepaste uitrustings kies, maar moet hierby hul gesigte poeier en pleister met rome, onderlaag, blosser, oogskaduwee, maskara en lipstiffie. Hul hare moet noukeurig met 'n verskeidenheid implemente gestileer word. Hul bene moet liefs nie stoppels vertoon nie en word daarom skoon geskeer.

Dogtertjies leër hierdie rituele van kindsbeen af aan. Terwyl seuntjies aangemoedig word om hul motoriese vaardighede te ontwikkel, raaisels op te los en aktief met die wêreld om te gaan, word dogtertjies geleer dat die wêreld na hulle kyk en hulle daarom altyd op hul beste moet lyk.

Vir 'n seuntjie sê Suid-Afrikaners alte graag: "maar jy's slim, né!", of: "sjoe, maar jy's sterk!". Vir 'n dogtertjie verkies ons: "aitsa, kyk net hoe mooi is sy"! of "wat 'n pragtige rokkie!".

Seuntjies raak onderwerpe. Dogtertjies raak voorwerpe.

Seuntjies word geleer dat hulle alles van belang in die samelewing doen. Hulle resiteer die tafelgebede. Hulle bestuur die karre. Hulle speel die nasionale sporte. Hulle win die brood. Hulle lei die politieke partye. Hulle preek in kerke, moskees en sinagoges.

Seuntjies raak agente. Vrouens raak liggame.

Wanneer hulle na jare se opleiding in voorwerp-wees trou, word dogtertjies deur al die gaste by hul bruilof herinner aan hoe mooi hulle lyk. Nie hoe slim, vindingryk, spitsvondig, empaties, welsprekend of talentvol hulle is nie, slegs:

"Og, jy lyk beeldskoon!".

Nadat hulle hul lewens lank geleer het dat hulle na waarde geskat sal word op grond van hul vermoë om viets te lyk buite die huis, staan dogtertjies voor 'n godsdienstige figuur (gewoonlik 'n man) en word hulle beveel om onderdanig aan hul eggenote te wees.

Hierdie gedrag beskou ons as normaal en dra ons van geslag na geslag oor aan ons kinders sonder om dit ooit ernstig te bevraagteken.

En dan is ons verbaas as Anene Booysen deur seuntjies verkrag en van kant gemaak word asof sy 'n ding is – 'n voorwerp waaroor geheers kan word, 'n wese wie se wil sekondêr aan dié van die teenoogestelde geslag is; wie se sosiale doel is om 'n opgetooide stuk vleis te wees.

Wanneer seuntjies dogtertjies hanteer asof hul enigste doel in die heelal die bevrediging van seuntjies se giere en fantasieë is, is ons kwaad, hartseer en sommer heeltemal ontnugter.

Ons wonder waar ons die spoor byster geraak het; waar ons ons siel verloor het. Ons wonder wat mense na sulke onmenslike gedrag dryf. Ons luister na dieselfde predikant wat dogtertjies vertel dat hulle onderdanig moet wees wat nou skielik mooi woorde oor liefde en vergiffenis en medemenslikheid praat.

En dan gaan slaap ons.

En dan staan ons op.

En dan trek mans 'n broek, 'n hemp, skoene en dalk 'n baadjie aan en vrouens begin  pleister, poeier, room, onderlaag, blosser, oogskaduwee, maskara, lipstiffie, tease, blaas, krul, pluk en pas.

Suid-Afrika is 'n vreemde plek.

 – Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday North Riding - 19:05 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Witkoppen Road
  • Tuesday Bramley - 18:52 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS short-timing at M1 Highway
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.