Johan Swarts

Voorwaarts, taalvegters!

2012-01-24 07:43
Tweets Share Share line Print

Die nuus dat Zoeloe en Xhosa by sommige skole geskrap sal word ten gunste van Afrikaans en Engels, is tragies. 'n Mens kan nie help om te wonder wat mense besiel om geleenthede in basiese taalonderrig vir Suid-Afrikaanse kinders in te perk nie – veral nie as hierdie onderrig die moedertale van meer as 40% van die bevolking behels nie.

Alles is egter nie verlore nie!

Soos die goedertierenheid dit wil hê, is daar 'n paar kampioenvegters wat die goeie stryd teen hierdie verskriklike besluite namens alle Suid-Afrikaners sal stry. Hulle is morele leviatans; groot geeste wat sinoniem met die grondwet, menseregte en taalaktivisme is en hulself altyd sterk uitlaat wanneer moedertaalonderrig in die klaskamer in gedrang kom.

Hulle is Afriforum, Praag en die taalbulle.

Afriforum is natuurlik bekend vir hul onbaatsugtige taalaktivisme. Wanneer 'n taal onder skoot kom, stel hulle klokslag petisies op, reël protesoptogte en verskyn op soveel sewe uur-nuusbulletins as wat menslik moontlik is. Hulle het die res van die land gewoonlik rooi onder die kraag, maar dit is nooit genoeg om hul lus na geregtigheid te blus nie. Hulle stry die stryd vir moedertaalonderrig skroomloos, selfs al beteken dit hulle moet met maskeerband oor hul eie monde voor 'n gebou gaan stelling inneem. Hul selfkastyding ken geen einde nie.

Praag (onder leiding van die liberale intellektueel Professor Doktor Dominee Dan Roodt) het self net so 'n oorbluffende geskiedenis van opstand teen onreg. Hierdie baanbrekers snuffel nie net taalduiwels om elke hoek en draai uit nie, maar dryf hulle gewelddadig met die vreesinboesemende wapens van internetaktivisme en erudiete kommentaar op Nederlandse webtuistes uit. Wanneer hulle praat, beef die sterre in die firmamente en skud die aarde. So ernstig is hulle oor moedertaalonderrig dat Prof. Dr. Ds. Roodt al op internasionale televisie verskyn het om voorbrand vir Praag se ongelooflike doelstellings te maak.

En dan is daar die taalbulle.

Om hierdie amorfe, voortreflike groep mense edel te noem, sal 'n onderbeklemtoning wees. Hulle mag dalk nie oor gesigte beskik nie, maar waar daar ook al 'n miskenning van moedertaalonderrig of die allerheiligste kodeks van geregtigheid is, staan hierdie individue reg met bruuske repliek, ellelange verslae, regte, egte syfers en die morele hoë grond wat net 'n stapel akademiese boeke kan verskaf. In hierdie Spartane van ons tyd se verbluffende aangesigte verwelk argumente ten gunste van Engelse eentaligheid soos oorwas in ’n fornuis.

Wee jou as jy hulle durf aanvat.

Hierdie drie – Afriforum, Praag en die taalbulle – is ons enigste hoop. Geen jota of tittel word ooit oorgesien in hul soektog na taalgeregtigheid nie. In hulle moet ons ons vertroue plaas, want as hul aksies in die verlede ’n maatstaf vir hul toekomstige dade is, dan kan dit nie anders nie: dan sal hulle binnekort 'n baie groot kabaal opskop oor hierdie onheil wat moedertaalsprekers in Suid-Afrikaanse klaskamers skaars ’n paar dae gelede getref het.

Ek sien reikhalsend uit na die eerste ontstoke persverklaring, kwetsende internetrelaas of verontwaardigde brief aan 'n dagblad. Ek pers my duime saam in die hoop dat hierdie stryders vinnig en skouspelagtig met 'n al te bekende didaktiese boosaardigheid sal klaarspeel en ons Nguni-broers en -susters se moedertaalonderrig spoedig aan hulle sal help terugbesorg.

Voorwaarts!

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter. 

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SharePoint Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

Senior Java Developer/ Java Team leader

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Senior / Team lead JAVA Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.