Johan Swarts

Vir wie stem ek dan?

2010-02-25 08:22
Tweets Share Share line Print

Suid-Afrika se twee mees prominente partye – die regerende ANC en die opponerende DA – is vir ‘n wyle al besig om niks meer as ‘n verleentheid vir Suid-Afrika te wees nie.

Intern is die regerende party besig om met sowel homself as sy koalisielede te baklei. Dit sit met ‘n loskop soos Julias Malema, wat nie sy oningeligte tong in sy mond kan hou nie en ‘n leier (en staatspresident) wat nie sy geslagsdeel in sy broek kan hou nie. Dit is ‘n lomp, opgeblase, populistiese liggaam wat lankal nie meer die rewolusionêre struggle-party vanmelewe is nie. (Of dan eerder – dit ís dalk nog steeds ‘n struggle-party – iets wat vir vandag se probleme weinig beteken). Trouens, nadat ‘n hele nuwe party verlede jaar weens gereelde onmin uit die ANC losgeskeur het, is Suid-Afrika se oudste bestaande politieke party steeds onstabiel.

‘n Mens sou hierop wou hoop dat daar ‘n opposisieparty is wat ten minste die teenoorgestelde vir die land kan verteenwoordig. Hoop, dalk. Rasionaliteit en ‘n sobere sin vir verantwoordelikheid. Maar waarmee sit ons?

Ons sit met die DA – ‘n amptelike opposisie wat skynbaar niks meer wil doen as om soos kefferbrakkies rondom die ANC se bene te hardloop en onverpoosd na hul haakskene te byt nie. Premier Helen Zille self – ‘n dame wat werklik van beter behoort te weet – is pal in die nuus, besig om die regerende party (en veral die president) uit hul sokkies te beledig. Dit is net ad hominems waar jy kyk – Zuma dit, Zuma dat, Malema sus, Malema so – tot so ‘n mate dat die party voorkom as ‘n liggaam wat nie werklik enigiets anders kan bied as ‘n ruwe, sluwe bietsfaait nie.

Die party hou glad aanlyn boek van elke groot uitgawe wat die ANC aangaan, met ‘n gepaardgaande holier than thou brokkie teks wat daarop dui dat daar eerder huise en onderwysers met die “spandabelrige” uitgawes gefinansier sou kon word. Dit is natuurlik ‘n ietwat naïewe argument – die ANC se uitgawes word nie sonder meer in die see gestort nie. (Trouens, dit word terug in die ekonomie gestoot – daai partytjiekos gaan nie hulleself maak nie – wat nooit ‘n slegte ding is nie.)

Suid-Afrika se regerende party is besig om in hul eie vonkelwyn te verdrink, terwyl die amptelike opposisie soos ‘n brandsiek brak wag vir ‘n geleentheid om die kos uit eersgenoemde se ingewande te skeur. Die regerende party gee (skynbaar) nie om wat met die land gebeur nie, terwyl die amptelike opposisie (skynbaar) nie besef dat hul immeraanwesige schadenfreude outomaties ook ‘n vet middelvinger vir alle Suid-Afrikaners se welsyn is nie. As die regerende party misluk, misluk almal immers.

Ons politiek is ‘n sirkus - wat seker ook nie juis iets nuut is nie. Tog kan ek nie help om my kop in skaamte te sak en te wonder vir wie op aarde ek in die volgende verkiesing moet stem nie.

AWB, dalk? Ten minste het hulle koeksisters...

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.