Johan Swarts

Verbanning van burka nie so eenvoudig

2010-06-02 07:50
Tweets Share Share line Print

Die spanning wat die afgelope tyd in Europa heers oor Moslemvroue se burkas (kledingstukke wat die gesig bedek) is besig om in 'n baie interessante situasie te ontaard, waar diegene wat dit wil verban die risiko loop om net so irrasioneel op te tree as diegene wat hulle met hierdie verbanning wil bevry.

Die mees algemene argument teen die burka (en haar selfs meer gehate suster, die niqab) blyk te wees dat dit vroue verkleineer – dat dit hulle die minderwaardige besittings van mans maak, reg om in egtelike ruiltransaksies verkwansel te word aan die beste koper. Die woorde van die Nicholas Sarkozy (die huidige Franse President) in 2009 oor hierdie kledingstukke som hierdie standpunt dalk die beste op: “we cannot accept to have in our country women who are prisoners behind netting, cut off from all social life, deprived of identity”.

Baie mense se eerste reaksie (myne inkluis) is om met Sarkozy saam te stem. Die nosie dat vroue minderwaardig is of op die een of ander manier deur mans “gelei” moet word, is op die lange duur skadelik vir die samelewing. Wanneer 'n mens vroue in die publiek moet aanskou wat hulself van kop tot tone bedek weens 'n waardestelsel wat honderde jare terug deur 'n spul mans uitgedink is, kan 'n mens nie anders as om ietwat gebelgd te voel daaroor nie. (Hoeveel van die mans wat dit voorstaan, is bereid om hulself ook so te bedek?)

Dis tog 'n mens wat agter al daardie lappe skuil – kan dit hoegenaamd reg wees om van haar te verwag om 'n bepaalde aantal kledingstukke te dra bloot omdat daar eierstokke in haar buik skuil? Sê nou sy’s nie lus nie?
 
In hierdie soort bevraagtekening skuil daar egter 'n problematiek wat kwalik opgelos kan word op die manier waarop lande soos België en Frankryk tans daarmee omgaan. Sodra 'n mens iemand probeer bevry van psigiese onderdrukking, loop jy en jou idees immers die ironiese risiko om die “bevryde” se nuwe septerswaaier te raak.

Indien die burka in Europese wetboeke verban word, sal die verbanners presies dit word waarteen hulle protesteer: 'n groep mense wat 'n stel reëls ingestel het om ander se gedrag te bepaal, op grond van 'n ideale klomp omstandighede wat hulle dink daardie mense se beswil sal verseker. Om gedwing te word om op 'n sekere manier op te tree, is op die ou end tog presies dieselfde as om gedwing te word om nié op 'n sekere manier op te tree nie.

Dit sal 'n hartseer dag wees as enige land dit ooit oorweeg om die burka te verban – nie omdat burkas noodwendig 'n goeie ding is nie, maar omdat die verbanning daarvan sal spreek van dieselfde soort meerwaardigheid en beterweterigheid wat dit in die eerste plek uit die weg probeer ruim het.

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Strong Mid-Level Java Developers - R300K - Randburg

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R250000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.