Johan Swarts

Storm oor welvaartsbelasting 'kranksinnig'

2011-08-23 07:18
Tweets Share Share line Print

Die gesprek rondom Desmond Tutu se sogenaamde “wit belasting” was tot dusver, om dit sagkens te stel, kranksinnig. Verskeie kommentators (by “kommentators” sluit ek die erudiete in wat onderaan nuusberigte kommentaar lewer) het seker nou al elkeen ’n dosyn maal om die mond geskuim en sputterend geroep: “Et tu, Tutu?” (Hier en daar was daar selfs sprake van ’n bietjie wit-op-wit geweld. Streng metafisies, natuurlik).

Vanwaar die kranksinnigheid?

Wel, Tutu het glad nie gesê wat almal sê hy gesê het nie. Naby die einde van sy ongeveer 21 minute lange toespraak (by 17:56, om presies te wees) het Tutu ’n tweeledige pleidooi gelewer. Dié pleidooi het hy ingelei deur te verwys na die beginsel van ubuntu wat voorheen in Afrika-gemeenskappe geheers het: na mense in dieselfde gemeenskap wat sáám leef. Hierdie konteks is gerieflikheidshalwe deur die ganse pers geïgnoreer.

Eers ná hierdie voorrede was Tutu se woorde – verbatim – die volgende:

One of the major recommendations the TRC made, was to say the gap between the rich and the poor is wide - it is dangerously wide - and we recommended that something ought to be done quickly to narrow this gap. Because as we know, South Africa has become notorious [for] being the worst example of the disparity between rich and poor.

And there was a suggestion about a once off wealth tax. And there were many who supported it in the white community. My appeal is - do you think you might consider agitating for something akin to this?


“Consider.”

“Something akin.”

“Agitating.”

Nie: “ek beveel alle wit mense om belasting te betaal omdat hulle skuldig is” nie. Eerder: “dink julle julle sou dalk kon – in die gees van ubuntu, van gemeenskappe wat mekaar ondersteun en met mekaar deel – begin voorbrand maak vir iets soortgelyks?”

Nie: “julle sál dit doen!” nie. Eerder: “oorweeg dit tog asseblief en doen so indien jy uit innerlike oortuiging voel dis die regte ding om te doen - dit sal baie vir jou medemens beteken.”

Nie: “hierdie is die enkele onderwerp van my toespraak!” nie. Eerder: “en terloops...”

Die ubuntu-konteks en die manier waarop Tutu sy pleidooi gelewer het, is nooit behoorlik oorgedra nie. Dat dit boonop ’n voetnoot by die res van sy toespraak was (wat in die geheel oor Suid-Afrikaners se gemeenskaplike verwondenheid gegaan het), kon die handjievol joernaliste wat die voorreg gehad het om sy liggaamstaal, sy gesigsuitdrukking en sy stemtoon te beleef, skynbaar nie traak nie.

’n Fraksie van die toespraak is eerder voorgehou as die volle prentjie en dié wanpersepsie is (SAPA-styl!) naarstig deur joernaliste, ontleders, rubriekskrywers, omroepers, inbellers en die Twitterati versprei en vir soetkoek opgeëet.

Was dit die moeite werd?

Wat dalk selfs meer tragies is, is dat dit ’n gepubliseerde spul leuens geverg het om Suid-Afrikaners vir ’n slag daaraan te laat dink dat hulle die probleem van armoede self kan begin aanpak – dat hulle nie met gevoude hande in schadenfreude hoef te sit en wag vir die regering om alles op eie houtjie op te los nie, maar aktief betrokke kan raak by oplossings vir Suid-Afrika.

Na beraming woon daar byvoorbeeld 4 565 825 wit mense in Suid-Afrika. As elkeen van ons eenmalig ’n hipotetiese R50 skenk, sal daar skielik ’n bykomende R228.29 miljoen beskikbaar wees om die land mee te help bou. As ons dit maandeliks kan volhou vir ’n jaar, styg hierdie bedrag na R2.739 miljard. As ons dan boonop sou uitreik na ons broers en susters in die opkomende swart middelklas en hulle vra om deel te neem aan hierdie hipotetiese eie inisiatief – die meer as twee miljoen van hulle – dan sal daar jaarliks bykans R4 miljard beskikbaar wees.

Werk gou uit hoeveel jong mense universiteit toe gestuur kan word met R4 miljard.

Ek glo nie Tutu wou enigiemand op ’n guilt trip sit nie. Ek is oortuig sy bedoelinge was opreg toe hy daardie toespraak gelewer het. Rassisties was hy nie en selfs al het hy elke woord bedoel soos die pers dit die afgelope tyd uitgebeeld het, sou die implikasies daarvan in elk geval nie te erg vir wit mense wees nie. (Op die meeste sou ons maandeliks dalk ’n bietjie minder McDonald's moes eet.)

Kritiek op die absurde hantering hiervan deur die media tersyde, hoekom oorweeg wit mense dus nié “something akin” nie?

Why aren’t we agitating?

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
38 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R280000 - R350000

SharePoint Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.