Johan Swarts

Só voer ons die nuuskierigheidsmonster

2010-10-14 07:43
Tweets Share Share line Print

Onlangs is berig dat Steve Hofmeyr die mediatribunaal (holruggeryde onderwerp, ek weet) steun. Nie om politieke redes nie - hy't immers in dieselfde asem genoem dat hy min ooghare het vir die ANC se idees daaroor - maar veral om privaatheidsredes.

Hofmeyr se beswaar, vermoed ek, is gegrond op ervaringe uit sy eie lewe. Hy maak kapsie teen die plaaslike paparazzi (nie dat Suid-Afrika s'n hoegenaamd naby die parasiete van byvoorbeeld Brittanje kom nie) se meedoënlose najaag van selfs die kleinste brokkie inligting oor 'n bekende se privaatlewe sodat mense se nuuskierigheid geprikkel kan word en sirkulasiesyfers kan vermenigvuldig. Ek koop nie hierdie beswaar nie.

Stories het mos drie kante – joune, myne en die waarheid. In die media wat Hofmeyr van privaatheidskending beskuldig, is daar dikwels net een: die gefabriseerde werklikheid. In hierdie werklikheid kom fotograwe "toevallig" op 'n sangeres en haar seun af waar hulle  saam met nuwe speelgoed op die vloer speel, op sepiesterre in koffiewinkels wanneer hulle saam "dolverlief" lyk, op sportsterre wanneer hulle doodluiters inkopies doen. In hierdie werklik sing mans en dames wat soms nie eers musiek kan lees of weet hoe om hulle stemme op te warm nie, soos nagtegale. Dis 'n werklikheid waarin soetsappige adjektiewe en cliché's soos VIGS vermenigvuldig, tot die "bekendes" nie meer 'n mens is nie, maar kaatsings van 'n vae werklikheid wat eens was. Almal is Christene. Almal is boerseuns. Almal Sterre.

Hiperrealiteit, het Baudrillard dit genoem. Die wêreld van die simulacra; 'n ruimte waar die werklikheid en die verdraaide beskrywings daarvan só ineen gesmelt het dat niemand meer kan agterkom hoe die ware Jakob lyk nie – trouens, ‘n ruimte waar die ware Jakob irrelevant geraak het.

Als, natuurlik, ten bate van verkope.

Die probleem met Hofmeyr (en hy’s bloot ‘n voorbeeld) se aanklag is dat dit skynheilig is. Om iemand se privaatlewe sonder toestemming oop te vlek, is inderdaad laakbaar (ek’s seker paparazzi sal ‘n ander deuntjie sing as hulle donkerste geheime skielik bekendgemaak word aan die publiek), maar in bekendes se geval is dit ‘n rapsie meer ingewikkeld as ‘n blote verlies aan privaatheid.

Die media vlek slegs mense se lewens oop wanneer hulle oortuig is dit gaan verkope opstoot. Origens word mense se lewens nié oopgevlek as hulle die media kan help geld maak nie. Vir so lank as wat sanger X of sepiester Y kan aanhou om meer tydskrifte of koerante te verkoop, is dit in die beste belange van beide partye om ‘n gefabriseerde werklikheid (hy of sy sal nooit gay wees nie, kan nie rondslaap nie, ken nie vloekwoorde nie, is suiwerder as Jan Schoeman) rondom die bekende se identiteit te voed en aan die lewe te hou.

Hofmeyr was immers eens die media se oogappel. Hy was op die voorblad van al wat ‘n publikasie is (ook dié wat hy vandag openlik beswadder) en dit het sonder twyfel albumverkope aangehelp, mense na sy konserte getrek, sy publieke beeld positief beïnvloed. Nie net dit nie – dit het die publikasies se sirkulasiesyfers opgestoot, die publikasies se geborgde konserte laat uitverkoop, die publikasies se base breed laat glimlag. Dis ‘n siek simbiose waar nie een van die partye werklik onskuldig is nie.

Wanneer Hofmeyr die pers die voerders van “die nuuskierigheidsmonster” noem, is hy nie verkeerd nie. Hy laat bloot baie gemaklik uit dat hy en elke ander bekende wie se lewe gewild genoeg is om gefabriseer en verdraai te word vir maksimum wins (vir paparazzi sowel as gefabriseerde), déél is van hierdie nuuskierigheidsmonster.

Dit help nie jy teken ‘n kontrak met die duiwel en sit dan keel op as hy jou hel toe sleep nie.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Durban, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
Market Related

Technical Consultant/Developer – ISV

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R300000 - R550000

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.