Johan Swarts

Só maak Regte Afrikaners

2010-08-13 07:51
Tweets Share Share line Print

Ek het Saterdag by 'n saamtrek van Die Genootskap van Regte Afrikaners beland.

Dit was ‘n triestige dag. Ligte mis het in die voorstedelike strate van Durbanville gehang, met reën wat net-net gedreig het om die entjie van my kar tot by die Genootskap se klubhuis (veilig genestel in ‘n roostuin teen die pad) te versuur. Daar aangekom, is ek hartlik gegroet deur ‘n paar dosyn bejaardes wat rustig koffie en tee op die klubhuis-stoep geniet het.

Ek het eers nie geweet ek is by Die Genootskap van Regte Afrikaners nie. (Ek het nie eers geweet hulle bestaan nog nie.) So tussendeur die koffie en die gesels kon ek egter hoor hoe iemand aan ‘n ouerige oom met ‘n Bybel onder sy arm vra: “en watter gedeelte lees Doktor vandag vir ons voor?” Die oom het paraat iets geantwoord, die vraer het instemmend geknik en ek was dadelik verward.

Ek was immers nie in die roostuin om na Bybelversies te luister nie. ‘n Praatjie oor Afrikaanse streekstaal was veronderstel om daar gelewer te word deur ‘n oud-redakteur van die WAT – iets waarin ek as ‘n oudstudent van Afrikaans belanggestel het. Die bejaarde mense het ek so half verwag, maar die oom met die Bybel? Wat op dees aarde het hy daar gemaak?

Hy het geopen met skriflesing en gebed, natuurlik.

Beskut teen die koue in die klubhuis het ons na die Skrif geluister en toe ‘n lied oor die volk, die vlaktes en allerhande dinge wat weerklink deur die ewigheid gesing. Toe trek ons los met die bekende “op berge en in dale”, wat ons eers in Afrikaans en toe in Nederlands gesing het. Handgeskrewe woorde op transparante is vir die doel hiervan met ‘n truprojektor teen die klubhuis se muur vertoon.

‘n Ouerige tannie het ons toe hartlik verwelkom by ‘n byeenkoms van Die Genootskap van Regte Afrikaners (toe weet ek ook waar ek is), om verskoning gevra dat hulle vergeet het om vanjaar Republiekwording te vier, ons daaraan herinner dat sy spesiaal fotostate van die Genootskap se grondwet (geformuleer deur ‘n bekende predikant) afgerol het vir ons om huistoe te vat en skaam-skaam genoem dat hulle ook nou op Facebook is. (Haar kleinkinders het haar gewys hoe.)

Eers toe is ‘n interessante praatjie oor Afrikaanse streekstaal gelewer.

Hierna is daar weer afgesluit met ‘n lied of twee, waarna ons almal plegtig op aandag gestaan het vir die sing van Die Stem se eerste en vierde verse. Voor my het 'n baie ou oom en sy vroutjie, krom van die ouderdom, so regop as wat hulle kon op aandag gestaan.

Ten slotte het ons sop en brood geëet.

‘n Mens sou maklik kon verval in ‘n polities korrekte groef en hierdie dosyn of wat bejaardes se byeenkoms in ‘n klubhuis (genestel in ‘n roostuin) kon afmaak as agterlik, as nie-behorende tot die nuwe Suid-Afrika nie, as ‘n vasklou aan die verlede. (Wie sing nog Die Stem? Wie vier Republiekdag? Wie gebruik nog transparante?)

Tog was hulle skadeloos. Hulle het nie gediskrimineer nie. Hulle was hoflik en netjies geklee en het my nie snaaks aangekyk omdat my jean geskeur was nie. Hulle was opgewonde om my te sien en ek kon ‘n stuk van my eie geskiedenis in hulle sien.

Op ‘n vreemde manier was dit mooi.

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Technical Consultant/Developer – ISV

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R300000 - R550000

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.