Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Slimkoppe baat nie by akademiese worsstopper

2012-12-11 08:07
Tweets Share Share line Print

Ek het 'n vriend. Hy is hoogs intelligent, het 'n doktersgraad verwerf en het oor 'n paar jaar bykans R2 miljoen vir sy betrokke departement verdien met nadoktorale studies.

My vriend het lank gesukkel om werk te kry – en toe hy dit uiteindelik gekry het, was dit nie 'n akademiese pos nie.

Academia is nie vir sissies nie.

My vriend se verknorsing is nie sy eie toedoen nie. Hy is die produk van Suid-Afrikaanse universiteite se onversadigbare pogings om soveel moontlik nagraadse kwalifikasies per jaar te genereer.

’n Verslag wat in 2010 vrygestel is deur ASSAF (Academy of Science of South Africa) het bekendgemaak dat Suid-Afrika jaarliks "slegs" 23 PhD's per miljoen mense vervaardig – 'n bevinding wat in akademiese en goewermentele kringe as 'n slegte ding beskou word.

Die studie het onder meer bevind dat Suid-Afrika 'n gemiddeld van 1 039 PhD's per jaar uitgekarring het tussen 2000 en 2007, dat die gemiddelde verhouding van doktorale studente tot studieleiers 2:1 is, dat die geesteswetenskappe verantwoordelik is vir bykans vyf keer meer PhD's as vir Ingenieurswese of Natuurwetenskappe en dat Opvoedkunde, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en Godsdiens (!) hierna steeds verantwoordelik is vir die meeste toegekende PhD's.

Hul aanbeveling?

Ons benodig dringend nog PhD's!

Sekerlik kon slegs iemand in 'n ivoortoring so 'n uitspraak lewer.

Twee eenvoudige gegewens is ter sake. Eerstens: 'n gemiddeld van 1039 PhD's per jaar vir sewe jaar is gelykstaande aan meer as 7 000 bykomende Suid-Afrikaners met doktersgrade. Ons staan boonop ook aan die einde van 2012: 'n volle vyf jaar sedert die verslag se data ingesamel is. Die eintlike getal is waarskynlik veel hoër, maar as 'n mens uiters konserwatief skat, is dit sekerlik nie onredelik om aan te neem dat ons sedert 2000 ten minste 10 000 nuwe doktersgrade die wêreld ingestuur het nie.

Wat presies is al hierdie gepromoveerdes veronderstel om met hul grade te maak?

Hulle kan nie klas gee of navorsing doen nie – daarvoor is daar ongelukkig heeltemal te min beskikbare poste.

'n Baantjie in Die Akademie is tweedens 'n skaars ding. Daar is nie verniet meer PhD-studente as studieleiers in Suid-Afrika nie: vasaangestelde professors bly vir jare in hul poste. Die aantal doktorale studente wat 'n enkele professor in sy hele loopbaan begelei, is veel meer as die aantal poste wat beskikbaar sal wees wanneer hy eendag aftree: 'n volle een (1).

Teen die tyd wat 'n doktorandus uiteindelik met 'n eienaardige hoed oor die kop gemoker word, is daar talle ander gegradueerdes wat heimlik ook daarvan droom om 'n pos soos dié van hul studieleier te beklee. Hierdie getal neem jaarliks toe.

Die woordjie "onvolhoubaar" kom onwillekeurig by 'n mens op.

Die argument ten gunste van 'n dringende verhoging in die aantal Suid-Afrikaanse PhD's is dat dit direk sal korreleer met die land se voortvarendheid. Meer wetenskaplike innovering lei noodwendig na meer kommersialisering, wat veronderstel is om goed te wees vir die hele bevolking.

Hierdie argument koop ek. Neem 'n mens egter in ag dat die oorweldigende meerderheid van alle doktorale navorsing volgens ASSAF oor literatuur, klasgee, verbruikers en God gaan, is dit moeilik om te sien wat presies hieruit gekommersialiseer kan word.

"Meer PhD's!" is 'n onsettend ondeurdagte wekroep. "Meer natuurwetenskaplike PhD's!" maak veel meer sin, maar dit wil nie regtig voorkom of enige van die voorste Suid-Afrikaanse universiteite daardie kreet wil begin skree nie.

Met akademiese navorsing op sigself is daar uiteraard niks fout nie. Wat deesdae die insentief vir die individu is om hieraan deel te neem, is egter nie altyd so duidelik nie.

Slegs 'n handjievol bittereinders kry uiteindelik die geleentheid om klas te gee en navorsing tot die voordeel van die gemeenskap in die breë te doen.

Die res word – soos my vriend – so vinnig moontlik deur die akademiese worsstopper gedruk sodat universiteite hul nagraadse getalle en navorsingsuitsette kan verbeter.

Wat hulle hierna met hulself moet aanvang, is 'n misterie.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Midrand - 18:47 PM
    Road name: N1 Northbound
    ACCIDENT in the right lane before the Jukskei River bridge
  • Tuesday Germiston - 18:46 PM
    Road name: N12 Westbound
    DELAYS approaching the Elands Interchange
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.