Johan Swarts

Sersant is toe nie so sleg...

2011-12-27 08:09
Tweets Share Share line Print

Ek is drie keer in 2011 besteel. Twee skootrekenaars, een kamera, 'n motorradio en 'n gebreekte kraaines later kan ek egter trots sê: die SAPD het hulself telkens briljant van hul taak gekwyt.

Wanneer ek gebel het, was 'n polisievoertuig letterlik binne minute by my huis. Die betrokke konstabels of sersante was telkens hoflik en professioneel – so ook die speurders en die kêrels wat ná hulle kom vingerafdrukke neem het. Saaknommers ('n kleinood vir versekeringsdoeleindes) is spoedig per SMS aan my gestuur.

Nie een maal was hulle suur of onwillig om te help nie.

Ek het sulke positiewe belewenisse nou al vir jare. Elke keer wat ek wederregtelik van my hardverdiende besittinkies ontneem is (een van die kere was dit tot my kar self), was die storie dieselfde: hoflik, professioneel, effektief.

Min mense blyk dieselfde ervaring te hê.

Hulle voer aan dat my ervarings fratse is – dat ek bloot 'n enkele goeie stasie tussen 'n klomp vrottes beleef. Tog strek hierdie positiewe belewenisse van my oor 'n verskeidenheid van gebiede: van Bloemfontein tot in die Kaap.

'n Mens hoor telkens hoe mense oor die polisie kla, maar as jy hulle vir konkrete voorbeelde vra, is daar gewoonlik nie baie substansie nie. Hulle argumente is gewoonlik gebaseer op 'n paar nuusberigte oor polisiemanne wat die allerafgryslikste goed aanvang.

Sekerlik is dit nie 'n geldige argument nie? Die vrot appels kan nie alleenlik gebruik word om die res te definieer nie. Om so te maak, is om 'n persoonlike agenda te dryf – om jou eie vooroordele op die meerderheid te projekteer op grond van die misdrywe van 'n minderheid.

Ek besef geen instelling is perfek nie. Niemand kan ontken dat daar in party gevalle groot fout by stasies is nie. As Neef Selebi (wat tans "siek" in die hospitaal lê) boonop enige aanduiding is van die res van die polisiemag se bestuur, is dit natuurlik ook nie 'n baie bemoedigende prentjie nie. Kennelik is nie almal in die SAPD engeltjies nie.

Tog wil ek vir hulle 'n pluimpie gee in hierdie feesseisoen waar hulle die res van ons en ons gesypte, traaifilbelaaide buike moet probeer oppas. Dis 'n ondankbare werk, maar hulle doen dit (in my ervaring) vriendelik en professioneel selfs terwyl die res van ons hulle beoordeel soos vet omies op rusbanke wat beterweterig op skeidsregters skree.

Dankie, SAPD. Julle maak my trots om 'n Suid-Afrikaner te wees.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R600000

SQL DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.