Johan Swarts

Senings, vet en vlees

2010-09-16 07:33
Tweets Share Share line Print

Die eerste keer in my kort bestaan waar ek gehuiwer het om vleis te koop, was 'n paar maande gelede in 'n winkel in Groenpunt. Ek het verby die vleisafdeling geloop en dadelik opgelet hoeveel moeite gedoen is om die rakke te orden, die industriële verkoelingsisteem deel van die afdeling se ontwerp te maak, die verpakte vleis netjies uit te stal onder aantreklike beligting.

Bo die afdeling, klinies in rooi, het die woord "Butchery" gepryk.

Dit was een van daai rare oomblikke waar 'n begrip wat jou lewe lank nog vir jou normaal was, skielik vreemd voorgekom het. Om iets te "butcher", het ek skielik besef, is 'n onsaglik gewelddadige aksie. In die geval van die stukkies vleis op die rakke het dit immers beteken om weefsel weg te stroop, om die bron van daardie weefsel effektief en georganiseerd te vermoor, om deur die bloed en die pyn te kom sodat iemand gevoed en wins verdien kan word. Bowenal: om te vermink verby die punt van herkenbaarheid.

Die goed wat jy uit die pakkie haal, is nie stukke diere nie. Dis tjoppies, filette, sosaties.  “Skaap” of “bees” is nie naamwoorde nie, dis adjektiewe.

Soos menige Afrikaner het ek grootgeraak in 'n kultuur waarin dit normaal is om te braai – waar die vet, bloed en ander onaardige goed wat uit die vleis op die kole val nie vreemd of walglik is nie, maar ‘n welkome geluid wat gedagtes van samesyn oproep. (Laat dit egter nou net uit óns vloei. Dan gril ons ons dood.) Ek het dit nog altyd geweet, maar op daai dag het ek vir die eerste keer behoorlik beséf dat alles in die pakkies voor my eens geleef het. Dat ons daagliks die taboes eet wat net so deel van ons as van enige ander dier is: Bloed. Sening. Snot. Vlees.
 
Voor die netjies ontwerpte “butchery” het ek begin verstaan waarteen vegetariërs kapsie maak. Diere kan pyn en angs ervaar. Om hulle dood te maak vir kos en hierdie belewenisse aan hulle op te dwing, is op die oog af immoreel. ‘n Mens kan tog nie anders as om hierdeur gewalg te word nie?

Tog – terselftertyd is so ‘n standpunt vir my ietwat absurd. Mense, soos ander diere, wil lewe. Om te lewe, moet ons brandstof kry – moet ons ander organismes inneem sodat ons genoeg proteïene, yster, kalsium, aminosure en ‘n rits ander noodsaaklike voedingstowwe kan inneem om aan die gang te bly. Diere is sodanige organismes. Diere is diere – ons is diere. Diere maak dood om te bly lewe – en dit word beskou as normaal. Hoekom dan ook nie ons nie?

Voer ‘n mens so ‘n argument, slaan jy natuurlik ‘n gevaarlike koers in, waar daar geredeneer kan word dat, indien dit in die haak is om diere dood te maak vir voedig, ons mense ook vir dieselfde doeleindes kan doodmaak.

Daar’s baie sulke redenasies. Soos argumente oor godsdiens raak hulle dikwels onverdraagsaam, is hulle eintlik gebaseer op weersprekende premisse wat niemand juis reg of verkeerd kan bewys nie en wat verseker dat niemand ook werklik mekaar sal saamstem nie. Ek het hulle almal een vir een deurgepraat in my kop. Nie een het sin gemaak nie.

So daar staan ek toe - ek en my ou morele bewussyntjie, lekker verward in ‘n kettingwinkel se vleisafdeling. Uiters bewus van my eie vleeslikheid, uiters bewus van die vleeslikheid van die netjies verpakte dierdele voor my in die verkoelde staalrakke. Ewe bewus van my honger maag as die slagting wat moes plaasvind sodat ek dit kan stil. Die pakkies vleis voor my was terselftertyd reg en verkeerd. Ek wou nie ophou vleis eet nie. Ek wou nie die vleis koop nie. Alles voor my was skielik net onverklaarbaar vreemd.

Is dit evolusie se slinkse naletanskap aan ons? Probleme waarvoor daar nie oplossings is nie?

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.