Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Retoriek oor plaaswerkers kwel

2013-01-15 07:46
Tweets Share Share line Print

Terwyl stakings opnuut rondom De Doorns woed, is dit vir my veral interessant om die reaksies van 'n verskeidenheid teoloë hierop te lees.

Ek is met 'n hele paar op Facebook bevriend (bless their souls) en hou eintlik nogal van hulle, so ek sal hulle nie direk aanhaal nie, maar die kruks van hul argumente blyk rofweg iets soos die volgende te wees:

"Plaaswerkers kan nie oorleef op die karige minimumloon wat aan hulle betaal word deur gulsige boere nie. Hierdie onchristelik boere buit hul werkers uit wat elke sent verdien waarvoor hulle nou betoog. Dit dui op die gebrokenheid van kapitalisme en die radikale sosiale verandering wat nodig is in Suid-Afrika. Die kerk se missionêre, profetiese roepstem vereis geregtigheid!"

Ek vind hierdie argument uit voeling met die werklikheid.

Ten eerste: dit klink dalk mooi, maar ten grondslag van die retoriek is die idee van werkers as sogenaamde "noble savages" – goedhartige dog primitiewe mense wat nie van beter weet nie, wat bestendig sal arm bly en finansiële opheffing van "beskaafde" mense sal benodig tot hulle sterf.

As werkers byvoorbeeld nie met hul inkomste kan oorleef nie, is die teoloë se eerste argument nie die meer rasionele: "hulle werk dom met die bietjie geld wat hulle het" of "hulle is dom om plaaswerkers te bly" nie, maar bloot: "die boer is gulsig, die werkers verdien meer".

In hierdie wêreldbeskouing skuil 'n siek simbiose waarin werkers verdoem is om perpetueel aan die boer te "behoort", en waarin die boer verplig is om vir hulle te sorg. Plaaswerkers in hierdie beskouing is nie vrye agente wat ekonomiese kontrakte met ander vrye agente sluit nie, maar submense wat soos kinders hanteer moet word en nie rekenskap vir hul aksies mag geniet nie.

Ten tweede laat die teoloë dit na om te noem dat die minimumloon inderdaad net dit is: die minimum. Dit is nie die plafon nie, maar die vloer. Boere, nes ander werkgewers, moedig werkers op verskeie maniere aan om betyds op te daag vir werk en so produktief moontlik te wees. Een hiervan is om deeltydse arbeiders op die basis van 'n glyskaal te vergoed vir hul uitsette: hoe meer hulle pluk, ploeg en melk en hoe gereelder hulle opdaag, hoe meer word hulle betaal.

Ten derdens veronderstel die teoloë, soos die stakers, dat boere die skuld vir laasgenoemde minimumloon moet kry. Hierdie logika resulteer in brandende wingerde, beskadigde toerusting en plakkate waarop boere direk aangespreek word asof hulle vir werkers se leed verantwoordelik is.

Die realiteit is egter dat boere nie parlementslede is nie en daarom nie minimumloonwette kan ratifiseer nie. Dit is nie boere nie, maar die huidige ANC-regering wat die lae bedrag van R69 per dag goedgekeur het.

Laastens impliseer die teoloë se profetiese argumente dat 'n boer 'n wit mens is, dat werkers swart mense is en dat die stakings niks meer as 'n stryd teen wit uitbuiting en oorheersing is nie. Dit is egter onakkuraat.

Terwyl die meerderheid boere uiteraard steeds wit is, is dit ook 'n feit soos 'n koei dat daar landswyd 'n groeiende getal swart boere is wat net so hard - indien nie harder nie – deur landboustakings getref word. (In Desember verlede jaar het 14 SEB-landbouprojekte in die Wes-Kaap byvoorbeeld meer as R8 miljoen se skade gely.)

The road to hell is paved with good intentions. Hulle bedoel waarskynlik goed, maar ek vermoed dit sal beter wees as kerklui hul profetiese stem maar eerder elders laat geld – of ten minste eers die moeite doen om na die data te kyk voor hulle keel dik maak.

Dapper opmerkings sonder 'n anker in realiteit kan gevaarlik raak.
 
 – Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.