Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Praatjies nie genoeg om De Doorns-vlamme te blus

2012-11-13 08:37
Tweets Share Share line Print

Neem 'n mens die feite in ag, is die onluste by De Doorns nie verbasend nie.

Die minimumloon vir plaaswerkers is laag. Die nuutste wysiging aan Afdeling 56(3)(b) van die "Basic Conditions of Employment Act", Nr 75 van 1997 stipuleer dat 'n plaaswerker nie minder as R1 503,90 per maand mag verdien nie.

Alle plaaswerkers kan egter nie oor dieselfde kam geskeer word nie. 'n Mens moet naamlik onderskei tussen permanente en deeltydse plaaswerkers. Permanente werkers verdien veel meer as die minimum loon, kry gewoonlik 'n huis om in te woon en geniet dikwels gratis water en elektrisiteit. Huidige wetgewing maak dit voorts moeilik om hulle af te dank indien hulle lank genoeg in diens is.

Hierdie werkers is sogenaamde kategorie 1-werkers. Nuwe kategorie-1 werkers verdien aanvanklik minimumloon, maar soos die tyd aanbeweeg word hulle bevorder en verdien hulle meer. In vergelyking met deeltydse werkers (sogenaamde kategorie 2-werkers) het hulle finansiële sekuriteit en gemakliker lewensomstandighede.

Dit is meestal dan ook nie permanente werkers wat staak nie. Die afgelope paar weke se geweld is hoofsaaklik die toedoen van kategorie 2-werkers: hulle wat inderdaad R7.71 per uur (plus 'n bonus) verdien en nie gratis behuising, krag of water kry nie. Hulle is dikwels trekarbeiders uit ander gebiede en hul arbeid word slegs benodig wanneer daar geoes word.

Hulle is nie om dowe neute op De Doorns nie: die plase in hierdie omgewing verbou hoofsaaklik tafeldruiwe. Anders as wyndruiwe, wat hoofsaaklik met masjiene geoes word, moet tafeldruiwe met die hand gepluk word.

Kategorie 2-werkers se arbeid is dus waardevol, maar (ietwat ironies) nie baie werd nie. Ekonomiese beginsels dikteer dat 'n ooraanbod ongeskoolde arbeid noodwendig goedkoop moet wees.

Is deeltydse werkers geregtig op hoë lone? Suiwer moreel gesproke, met die geskiedenis van Suid-Afrika in ag geneem, ja. Sommige boere kan dit waarskynlik ook bekostig. Ekonomies gesproke maak dit egter nie sin vir iemand om meer vir 'n diens te betaal as wat nodig is nie. Die ooraanbod goedkoop arbeid in Suid-Afrika beteken dat iemand wat nie vir minimumloon wil werk nie vinnig vervang sal word deur iemand wat wel bereid is om daarvoor te werk.

Daar is tans spekulasie oor 'n "derde mag" wat die stakings aanhits. Hoewel ek nie vir 'n oomblik twyfel aan politici se vermoë om munt uit die situasie te slaan of dit te vererger nie, dink ek nie 'n mens hoef verder as 'n paar eenvoudige feite te kyk om die huidige situasie te verstaan nie.

Suid-Afrika het talle ongeskoolde burgers. Hul lae geletterdheid is eers veroorsaak deur die ramp genaamd Bantoe-onderrig en 'n kunsmatige loopbaanplafon en nou deur die huidige onderwysfiasko van die afgelope 18 jaar en die strukturele demone van die verlede. In hierdie stadium sien ons bloot die gevolge van dekades se onvolhoubare besluite voor ons oë afspeel.

Op De Doorns het mense se misnoë waarskynlik 'n punt bereik waar intellektuele praatjies oor ekonomiese beginsels en die meriete van gewelddadige stakings lankal betekenis verloor het. Al wat nou geld, is die onrealistiese verwagtinge van mense wat gebore is binne 'n gebroke stelsel en geen ander manier sien om daar uit te kom nie.

Ons gaan nog baie sulke pogings sien.

Feite oor plaaswerkers in hierdie stuk met die komplimente van 'n landboukenner ('n regte, egte een wat op 'n plaas werk), vir wie ek na dese 'n bier skuld.

 – Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Pretoria - 09:24 AM
    Road name: R21 Northbound
    DELAYS can be expected approaching Fountain Circle
  • Saturday Kempton Park - 09:06 AM
    Road name: Elgin Road
    ROADWORKS - stop / go controls near the railway bridge
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.