Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Pappa se prinses?

2012-10-30 07:22
Tweets Share Share line Print

Elke keer wat ek 'n ouer hoor wat na sy of haar dogtertjie verwys as 'n prinses, gooi ek my hande in die lug en bietjies-bietjies in my eie mond op.

Sien, prinsesse woon in kastele. Prinsesse dra krale and armbande en oorbelle en waardevolle kroontjies vol edelgesteentes. Prinsesse eet uit duur borde met silwer eetgerei en drink smaaklike vloeistof uit sierlike kraffies wat met die klap van 'n vinger oor versierde kelke gekeer word.

Prinsesse se beddens word vir hulle opgemaak, hul kamers vir hulle skoongemaak, hul klere vir hulle pasgemaak. Prinsesse word bewaak en hul lewens teen alle koste beskerm - dikwels tot die dood. Prinsesse word nooit weerspreek nie; prinsesse is nooit verkeerd nie. Prinsesse word rondgedra, geloof, gedien, bedien.

Omdat hulle gebore is.

Kastele en paleise moet oor jare gebou word deur honderde messelaars en duisende hande-arbeiders. Talle van hulle sterf gewoonlik gedurende die konstruksieproses of word ernstig gewond wanneer rotse of balke op hulle val.

Edelmetale en -gesteentes moet moeisaam uit die grond gegrawe word in haglike omstandighede. Rotsstortings is algemeen en middeleeuse tegnologie kan water nie altyd behoorlik by skagte uitpomp nie. Baie myners verdrink dus gedurende die ontginningsproses, versmoor of word bloot deur rotsstortings verbrysel.

Dosyne lyfeienes moet 'n prinses se beddens opmaak, die kamers skoonmaak en haar klere netjies hou. As hulle egter van diefstal verdink word, die verkeerde woorde op die verkeerde tyd spreek of bloot te arrogant optree en die bewindhebber van die dag is in 'n slegte bui (of waansinnig van bloedskande), word hulle heel waarskynlik onthoof, deurboor of verkrag.

Krygsmagte jong mans moet hulself in wapenrustings tooi en by bloedige slagvelde instorm om die beskermwerk te doen. In doodsangs moet hulle slagare, ingewande en ledemate prysgee sodat die prinses in haar kasteel, omring deur alles wat sy ooit wil hê, aan die lewe kan bly.

Duisende mense moet beseer word, gekrenk word en gewelddadig sterf vir een dogtertjie. Talle moet verontmenslik en verneder word sodat een bloedjie se grille en geite in eindelose voortsetting bevredig kan word.

Omdat sy gebore is – slegs omdat sy nie in 'n geboortekanaal gesterf het nie – hoef sy tot haar dag des doods nooit 'n vinger te lig nie.

Wanneer jy weer met jou dogtertjie praat en op die punt is om haar 'n prinses te noem, vra jouself gerus eers mooi af of dit is wat jy haar wel wil noem – 'n bedorwe, nuttelose, onproduktiewe monarg wat op die lyding van ander teer om te kan voortbestaan.

Mag dit nooit jou kind se droom wees om 'n prinses te raak nie. Mag jy nooit na haar verwys as die opperskakel in 'n onvolhoubare nagmerrie van sweet en bloed waar sy die enigste begunstigde is en boonop dink sy kom dit toe nie.

Jy sal eintlik maar net besig wees om jou eie vlees en bloed 'n massamoordenaar te noem.

 – Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.