Johan Swarts

Oor die dikte van toiletpapier (en ander pseudoprobleme)

2010-09-03 08:09
Tweets Share Share line Print

Nou die dag kom ek voor ’n rak toiletrolle in Pick 'n Pay te stane.

Ek was besig met ’n klein shopping spree (wat’s dit in Afrikaans – ’n kruideniersware-pierewaaiery?) nadat genoemde winkelgroep ’n koepon ter waarde van ’n paar honderd rand op Twitter aan my uitgedeel het. Ná ’n maand waartydens ek my kar laat diens het en boonop heeltemal te veel geld op kaartjies vir ’n verskeidenheid van vertonings gespandeer het (30 Seconds to Mars gaan ongelooflik wees, sien? Want dit was duur, sien?) was die koepon ‘n welkome lafenis vir hierdie jong belastingbetaler.

My strategie het ek noukeurig vooraf uitgewerk. Ek sou slegs dit wat gevries kan word of nie maklik bederf nie in grootmaat probeer aankoop. (Ek’s relatief vergeetagtig; baie geld en bederfbare produkte is twee dinge wat nie naby my moet kom nie.) Aangesien die woonstel se toiletpapier naby aan op was en toiletpapier se rakleeftyd ongeveer een duisend driehonderd sewe en dertig jaar is, het ek vanselfsprekend ook voor die rak toiletrolle opgeëindig.

Toiletpapier koop is ’n veel ingewikkelder proses as wat ’n mens sou dink. Daar is amper te veel keuses: one ply, two ply, three ply of selfs four ply. Daar is verskillende handelsmerke met verskillende kleure. Hulle kom in pakke van tien, pakke van ses, pakke van agt, is omgeef met plastiek of papier. Sommige is vaal en utilitaristies, ander vol pikante patrone van hondjies, katjies en blommetjies. Daar’s selfs toiletpapier met aloe vera. (Dis glo minder...ru.)

Soveel keuses! Wat wou ek in die komende weke deur my nedergedeeltes trek?

Sou ek two ply kies is ek darem relatief welaf, het ek so by my sigselwers gedink. Three-ply gaan besoekers in my woonstel se kleedkamers laat sit en dink: “by Toutatis: hierdie magtige jong man is ryker as wat ek gedink het!” As daar boonop nog prentjies van hondjies en katjies en blommetjies is, gaan hulle sweerlik lofpsalms oor my begin skryf. Koop ek egter die growwe one ply rolletjies met die vetterige vingermerke in die staalmandjie onderaan die rakke, is ek in ’n laer klas as my porture – het ek nie styl nie, lyk ek kommin, is my lewe ‘n gatslag.

Oftewel, so probeer bemarkers my daagliks oortuig.

Eintlik kan ek aan min dinge so nutteloos soos toiletpapier vol katjies en hondjies dink. (Dis soos duur elektronika op guided missiles wat verwoes word sodra dit ontplof. Net selfs meer nutteloos.)  Aloe Vera klink heeltemal te smerig na my smaak. Twee velletjies papier opmekaar kan ek nog verstaan, maar drie, vier velletjies? Regtig? (As jy werklik ’n intense behoefte aan ’n oormaat toiletpapier het, vou die vervlakste goed dubbeld.)

My dilemma voor die toiletpapier-rak is een waarmee die middelklas daagliks gekonfronteer word: ’n irrelevante pseudoprobleem. In die groter prentjie is dit immers nie so belangrik hoe sag, geskakeer of dik jou toiletpapier is nie – tog sal die mark ons selfs met ’n oormaat keuses daaroor (en oor elke liewe ander ding) bombardeer. Dis die soort keuses wat ’n mens welbehaaglik laat – wat jou laat glo dat jy iets sinvol gedoen het nadat jy op dié soort pasta eerder as daardie soort besluit het; dié soort selfoon eerder as daardie een, dié klerehandelsmerk eerder as daai een.

Op die ou end van die dag mors ons egter eintlik ons tyd op oppervlakkige onbenullighede, gee ons ons hardverdiende inkomste aan maatskappye wat nie regtig vir enigiemand omgee nie onder die indruk dat dit ons op die een of ander manier “beter” maak en gaan die lewe by ons verby – lag die rykes (en, soms, die korruptes) al die pad bank toe terwyl ons ingenome ons effe duurder sosiale statuur aan ons buurman uitstal terwyl hy op ons toiletbak sit.

Selfs toiletpapier kan brood en sirkusse wees.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Strong Mid-Level Java Developers - R300K - Randburg

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R250000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.