Johan Swarts

Oom Paul, en dan ons

2010-11-12 05:56
Tweets Share Share line Print

Die ANC-jeugliga se aandrang dat Paul Kruger se standbeeld van Kerkplein in Pretoria verwyder moet word, is belaglik, maar bring daarmee saam 'n interessante vraagstuk oor Afrikaners se kulturele kleinood.

Enigiemand wat die moeite doen om die naam "Paul Kruger" by Google in te sleutel, sal vinnig ontdek dat die man niks met apartheid of die onderdrukking "of our people" waarna die jeugliga verwys, te make gehad het nie. Om die standbeeld op grond hiervan te wil verwyder, spreek van onkunde en onverdraagsaamheid. Verdere redenasie hieroor is nie regtig nodig nie (nie dat 'n rasionele argument in ieder geval sal werk nie).

Verdere argumente oor die storie sal niemand boonop baat nie, omdat dit duidelik is dat die jeugliga weer 'n storm in 'n teekoppie probeer skep ten einde aandag van belangriker kwessies af te trek, nes die “Skiet die Boer”-gesingery begin is kort ná Malema se bates onder loep gekom het in die media. Om verontwaardig saam te skree, is presies wat van Suid-Afrikaners verwag word.

'n Vraag wat ontstaan oor die verdediging van oom Paul, is hoekom hy so belangrik vir so baie mense is. Die vanselfsprekende antwoord is: die Voortrekkers, die boererepublieke, die mitologie rondom die Slag van Bloedrivier – al hierdie dinge is belangrik vir die Afrikaner. Dis deel van ons geskiedenis, van die storie wat ons gemaak het wat ons vandag is.

Ook dít is ’n gegewe wat, hoewel almal nie noodwendig meer met die storie identifiseer nie, nie juis bespreek of aangeval hoef te word nie. Of jy daarvan hou of nie: as jy 'n Afrikaner is (al smaak jy nie die etiket so kwaai nie) is dit deel van jou verlede.

Juis hier duik die vraagstuk op. Oom Paul het sy vurige toesprake in die Boererepublieke meer as 'n honderd jaar terug gelewer. Vandag is hy net 'n vae herinnering, 'n trotse dog lewelose karakter op ’n stadsplein op wie se deurwinterde kop voëls hulself verlig. Hy het 'n belangrike rol in die geskiedenis van Suid-Afrika gespeel, maar wat van ons wat vandag verontwaardig is oor die versoek om hom te verwyder?

Watter rol gaan ons speel?

Wie gaan ons volgende groot Afrikaanse digters en musici raak oor die volgende paar dekades? Wie gaan ons leiers wees? Ons helde? Oor wie se patriotisme gaan ons eendag stories vir ons kinders vertel? Op wie gaan ons trots wees?

Dit kan tog nie net ouens wat rugbyballe rondgooi en daarna met die woord “Jesus” op hul t-hemde pronk, glibberige platemaatskappye wat stamptreffers by ons kele afdruk en elke aangeplakte superster wat weekliks op die voorblaaie van supertydskrifte pryk, wees nie, kan dit?

Die beswaar oor die kritiek teen daai standbeeld is meer as geregverdig. Is dit egter waar dit gaan bly? Gaan ons vir die res van ons bestaan fikseer op die goeie dinge uit die verlede of gaan ons ’n punt daarvan begin maak om vandag, hier en nou, self ’n bydrae tot Suid-Afrika te lewer waarvoor iemand dalk eendag ’n nuwe standbeeld sal wil oprig?

 

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Durban, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
Market Related

Technical Consultant/Developer – ISV

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R300000 - R550000

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.