Johan Swarts

Ons irrasionele rituele

2009-11-24 08:27
Tweets Share Share line Print

Raar, maar waar: dit is dikwels lonend om onnadenkend en irrasioneel te wees.

Neem troues. In wese is dit seremonies met 'n uiters nougesette protokol: Bruid in wit rok. Bruidegom in snyerspak. Troumars. Gaste staan. Skoonpa gee bruid weg. Preek. Ringe. Soen. Konfetti. Onthaal. Bruid beskryf as mooiste ovumdraer op gods groene aarde. Dans. Troukoek kerf. Kousband en ruiker slinger. Bedankings. Bruidegom doodgil. (Alles voorafgegaan, natuurlik, deur die geginnegaap oor die grootte van ‘n edelgesteente.)

Siedaar: ‘n Spesiale herinnering.

Die seremonie maak egter nie meer heeltemal sin nie. Geen regdenkende vrou sal haarself vandag as haar pa se eiendom, se besitting, se ding, beskou nie – en tog oorhandig pa’s met reëlmaat simbolies hul “besittings” voor ‘n kansel aan ‘n nuwe “eienaar”.

Geen regdenkende man sal vandag dink dat vroue onbelese, tweedehandse wesens met halwe breine is nie – en tog beskryf duisende mans hul bruide tydens huweliksonthale as die mooiste goed op aarde. Asof dit die belangrikste kwaliteit is waaroor vrouens kan beskik: skoonheid. (To hell and gone met breinkrag en sakevernuf en ‘n linguistiese aanleg of wiskundige vermoëns. Opgetofte buuste en weggesteekte puisies. Dis al wat tel.)

Niemand glo regtig dat die persoon wat die ruiker of die kousband vang volgende gaan trou nie, maar ons baklei om die sweterige materiaal of papgedrukte stingels (of vermy dit) asof dit regtig gaan gebeur.

Dit pas nie meer by die res van ons 21ste eeuse oortuigings nie, maar sodra ‘n troue aanbreek, neem ons deel met oorgawe. So asof ons ons breine afskakel ten einde betekenis te skep.

Ons doen dit dikwels. Ons dink nie altyd aan die semantiek van liedere wat ons in die kerk sing nie – ons dreunsang (of skrou en hef ons hande ter buisligte) maar net. Ons bely tydens die doopritueel dat ons ons kinders nie uit gewoonte of bygeloof met water besprinkel nie, maar dikwels is dit presies wat ons doen. Die apostoliese geloofsbelydenis resiteer ons soos robotte. Ons glo nie regtig meer dat ‘n kerkklok demone van ‘n kerkgebou af moet wegweer nie, maar kom Sondag, dan lui ons die ding.

Daagliks voer ons ons rituele uit (wat natuurlik nie tot godsdiens beperk is nie), al weet ons nie werklik meer hoekom ons dit doen nie. Die rituele raak hul eie bestaansrede; die uitvoering daarvan word sinoniem met sin en betekenis.

Om protokol te volg teen alle koste is deel van wie ons is. Die rituele wat waarskynlik vir buitestaanders lyk soos dakbalke wat ons in ons oogkaste rondkrui, is iets wat ons self koester. Wat vir ander snaaks lyk, is vir ons van uiterse belang – soms selfs heilig.

Daarom wil Eugene Terreblanche die boererepublieke laat herleef. Jy dink dit is absurd – vir hom is dit deel van ‘n diepe oortuiging van ‘n godgegewe roeping.

Daarom wil Julius Malema private bates nasionaliseer en die politieke ideale van ‘n vorige eeu se vryheidsvegters laat herleef. Jy dink dis malligheid – vir die armstes van die armstes wat na hom opkyk en waarskynlik nooit ‘n sent van Die Korporasie se winsbejag sal sien nie, maak dit volkome sin.

Daarom het Ras Dumisani die volkslied op internasionale televisie uitgeforseer. Schalk Burger was gebelg. Ras het gedink dit was pragtig.

Soms, reken ek, is ons almal maar breindood. Miskien moet ons dit erken, in stede daarvan om tydens debatte (oor ‘n kwessie soos, sê, godsdiens in skole) te maak asof ons die bakermat van rasionaliteit is. Dalk is dit wat verdraagsaamheid regtig is – om daarvan bewus te wees dat die balke in ons almal se oë nie net bloot dáár is nie, maar dat ons dit boonop teen alle goeie verstand skaaf en vernis.

Laat hy wat nog nooit ‘n kousband probeer vang het nie die eerste ruiker slinger.

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.