Johan Swarts

Ons almal rol maar in die geld

2010-11-04 07:44
Tweets Share Share line Print

“As ek en my vrou die pakket vat, stap ons hier weg met oor die miljoen rand!”

Só het een van my laerskoolonderwysers in die jare kort ná 1994 (toe regstellende aksie iets was waarvan elke Afrikanerkind geweet, maar weinig van verstaan het) ons vertel. Hy was ’n storieverteller van formaat en het hierdie brokkie inligting met soveel geesdrif aan ons meegedeel dat ons ogies gewoonlik wyd gerek het by die aanhoor van die bedrag. ’n Miljoen was vir ons verbluffend – iets groots en vreemd met baie nulletjies wat ons maar af en toe op Amerikaanse kinderprogramme sou hoor of in ‘n Fanie en Melanie-aflewering sou raaklees. Wanneer hy van “die pakket” gepraat het, was daar altyd stille konsensus: hierdie meneer is stinkryk!

Hy is toe nooit vort nie. Toe ek hom skaars twee jaar gelede weer raakgeloop het, het hy maar pas afgetree. Hy was steeds vol stories, maar van sy miljoene was daar nie meer sprake nie. Dat hy vandag met ‘n aardige bedraggie geld agter sy naam sit, is egter gewis en dis nie omdat hy iewers langs die pad groot geërf het of in sy spaartyd ’n winsgewende besigheid bedryf het nie. Nee, Mnr Miljoen het bloot elke maand getrou bygedra tot sy pensioenfonds. Vandag is hy en sy vrou waarskynlik oor hul miljoenrand-kerf.

Oor hul “miljoene” (en dié van baie ander Suid-Afrikaners met pensioenfondse, bates en beleggings wat veel meer as hulle besit), ag niemand dit nodig om ’n woord te rep nie, want ’n miljoen of twee wat oor oor twintig na dertig jaar uitgeleef moet word, is glad nie so baie geld soos wat dit vir grootoog laerskoolkindertjies klink nie. Om soveel geld iewers in ’n fonds te hê is nie iets waaroor ons samelewing frons nie.
 
Wanneer ’n sakeman soos Kenny Kunene R700 000 op ’n verjaardagpartytjie spandeer, is dit vir baie mense egter ’n ander saak. Dan raak iemannd soos Zwelenzima Vavi omgekrap vir die man, ondervra joernaliste hom en word hy voorgehou as ’n voorbeeld van die “decay of our society’s moral fabric”. Hy eet sushi van halfnaakte modelle se lywe af, word oor hom geskinder. Hy’s te uitspattig vir woorde. Hy spoeg as ’t ware in die gesigte van die armes. Tipies tenderpreneur!

Die probleem met hierdie soort kritiek as sodanig is nie dat dit verkeerd is nie. Om met die middele rond te loop om duisende arm mense te voed, maar alles vir jouself te gebruik, sou seker op ’n manier beskou kon word as ’n salvo spoeglelle na die minder bevoorregtes. Die gebruik om sushi van beweginglose vroue af te eet (nyotaimori, heet dit in Japan) sou aangevoer kon word as ’n voorbeeld van die objektivering van vroue. Suid-Afrika het genadiglik ook nie ‘n klomp Amiese inwoners nie, maar vir sommige mense kan Kunene se partytjie maklik ’n rapsie te immoreel voorkom.

Die probleem met Vavi se kritiek is die kortsigtigheid daarvan.

Baie van Kunene se kritici uit die middelklas besit huise, voertuie en ander bates (of probeer dit afbetaal), dra maandeliks tot ‘n pensioenfonds of ander beleggings by en het kinders op skool of universiteit. Hulle hoes ook maar af en toe duisende rande vir matriekafskeide, 21ste verjaardae en kerspartytjies, ry ook maar met mooi motors kerk toe, dra soms deftige aandpakke en betaal soms buitensporige bedrae geld om in restaurante te eet. Hulle drink ook soms sjampanje. Oor jare beloop hierdie uitgawes honderde duisende (soms miljoene) rande.

Dieselfde argument wat Vavi oor Kunene maak, sou oor enigeen van Kunene se kritici (trouens – enigiemand in Suid-Afrika wat hoegenaamd iets besit) gemaak kon word. Daai universiteitsopleiding wat jy gehad het, kon genoeg kos vir duisende gesinne vir maande verskaf. Daai lugverkoelde kar wat jy ry? Jy kon ’n skedonk koop en die oorblywende geld aan die armes gee. Daai miljoen-rand pakket wat jy en jou vrou kry as julle uittree? Julle kon huise daarmee gebou het. Daai geld wat jy ad nauseum spandeer wanneer jy vir Idols stem? Jy’t dit saam met omtrent twee miljoen ander mense weggegooi sonder enige tasbare resultate om daarvoor te wys; miljoene rande geblaas terwyl mense om jou in ellende vergaan.
 
So sou ’n mens egter kon aanhou (hoekom immers die lyn by die middelklas trek?) – daai sinkhut waarin jy woon? Jy kon dit vir ‘n bergie gegee het. Die R89.54 per week wat jy aan kos spandeer? Jy kon dit aan die nagskuiling geskenk het. Daai fooitjies wat jy as karwag verdien? Dis tog baie meer as wat al jou werklose vriende het. Verdeel dit onderlangs tussen hulle!

Kritiek op Kunene se partytjie is nie so ’n uitgemaakte saak nie, is dit?
 
As iemand in sy familiemotor verby ‘n plakkerskamp ry of voor ’n straatkind by ’n restaurant inloop, is dit relatief gesproke tog ook ’n ten toonstelling van rykdom (nes Kunene om die beurt relatief arm is teenoor iemand soos Bill Gates). Is dit ook om in plakkers of straatkinders se gesigte te spoeg? Is dit ook om van naar te raak?

Om iemand te kritiseer vir ’n uitspattige leefstyl in ’n land vol arm mense is goed en wel, maar om hom in isolasie voor stok te kry met sy bankbalans as ’n soort morele troefkaart, is nie so eenvoudig nie. Dis maklik om te verklaar dat ’n ryk man wat ’n groot partytjie gehou het jou naar maak. Dis moeiliker om te erken dat jy self eintlik maar stinkryk is.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.