Johan Swarts

Onbewus van ons erfenis

2009-12-28 08:26
Tweets Share Share line Print

Prof Fritz Ponelis is verlede week aan kanker oorlede.

Die kans dat jy dit weet, is waarskynlik skraal. Behalwe dat die vorige minister van gesondheid se dood dit heeltemal in die media oorskadu het, weet jy waarskynlik ook nie wat 'n onskeibare koppelwerkwoord, 'n enklise of die eksistensiële daar is nie. Die begrip "bepaalde lidwoord" roep dalk vae herinneringe van die Afrikaans wat jy op skool moes leer op, maar dit is nie noodwendig iets waaroor jy opgewonde genoeg sal raak om weer uit te vind wat dit is nie.

Vanselfsprekend weet jy wie Dr Manto Tshabalala-Msimang was. Jy weet ook dat Kurt Darren die hele jaar lank 'n liedjie oor ‘n kaptein en seile gesing het, Joost van der Westhuizen sy tweede vrou verneuk het en Jurie Els en Robbie Klay mekaar in die publiek swartgesmeer het. Wie Prof Fritz Ponelis is en wat hy vir jare gedoen het, is waarskynlik aan jou onbekend.
 
Op ‘n manier is dit tragies.

Prof Ponelis was een van die merkwaardigste Afrikaanse taalkundiges wat Suid-Afrika nog gesien het. Sy werke Grondtrekke van die Afrikaanse Sintaksis (1968) en Afrikaanse Sintaksis (1979) word tot vandag toe as gesaghebbende bronne in die veld beskou. Sy bydrae tot die Afrikaanse taalkunde was monumentaal – wanneer mense skryf dat sy dood ‘n verlies vir Afrikaans is, is dit nie sommer maar net mooi woorde om ‘n oorledene te prys nie. Dit is werklik die waarheid.

Hy was ‘n taalkundige legende en ‘n wetenskaplike van formaat.
 
En amper niemand weet dit nie.

Suid-Afrika is vol vurige ondersteuners van Afrikaans. ‘n Mens hoor gereeld hoe die taal se naam rondgegooi word as ‘n soort magiese adjektief – as iets “Afrikaans” is, is dit om die een of ander rede sommer net beter++. Afrikaanse musiek deur Afrikaanse “kunstenaars”, ‘n Afrikaanse vakbond, Afrikaanse kelners, Afrikaanse skole met Afrikaanse onderwysers – dit is alles sommer net ‘n duisend maal beter as enigiets anders op aarde en word ondersteun deur “Afrikanermense” wat “trots Afrikaans” is.

Vra jy een van hierdie trotse liefhebbers van Afrikaans hoeveel van NP van Wyk Louw se essays hulle al gelees het, krap hulle egter kop. Wil jy by hulle weet wat hulle van die Sentrum vir Tekstegnologie op Potchefstroom se bydraes tot die skep van Afrikaanse woordsoortetiketteringsprogramme en speltoetsers dink, word jy met ‘n dolleë staar begroet. En noem jy aan hulle hoe hartseer, hoe ‘n groot verlies vir die Afrikaanse taalgemeenskap dit is dat Prof Fritz Ponelis onlangs oorlede is, is die teenvraag: “Professor...um...wie?”

Want vir die volk is Afrikaans nog te dikwels daai ding wat in die Vyand se visier is en slegs gesteun kan word deur soveel as moontlik sokkietreffers (netjies verpak in CD-omslae met ‘n goeie dosis taalfoute) te koop. Sodat dit nie uitsterf nie en ons almal soos Patayos kan rondtoeterskoeter op Tafelberg. En ons muise wys, natuurlik.

Dit is moontlik een van die grootste ironieë van ons tyd: dat ‘n groep mense hul kulturele erfenis ten alle koste wil bewaar, maar nie regtig weet wat dit is nie. Jaar in en jaar uit word korporatief vervaardigde spookasem aan ons opgedis as ‘n kultuurpanasea en eet ons dit vir soetkoek op. Intussen lê die werklike kultuurerfenis (die tydlose een wat nie oor ‘n jaar deur die nuutste supertreffer vervang gaan word nie) vir die meeste Afrikaanssprekendes eenkant verwaarloos in ‘n donker hoekie.

Prof Ponelis se werk is nou deel van daardie erfenis.

Gaan dit in vrede rus?

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.