Johan Swarts

Nog niks het in ons koppe verander

2011-09-13 07:30
Tweets Share Share line Print

Dubula iBhunu is Maandag deur Colin Lamont in die gelykheidshof as haatspraak verklaar. Die ANC het hul kommer hieroor uitgespreek, terwyl Afrikaners skynbaar almal verheug oor die bevinding was. Dit al besit die meeste Afrikaners nie myne of banke nie, al is die meeste van hulle nie landboukenners of plaaseienaars nie en al is die meerderheid van hulle nog nooit regstreeks deur plaasmoorde geraak nie.

Vanwaar hierdie vreugde?

Al besit jy nie 'n myn of 'n plaas nie, kan ’n mens dalk argumenteer, het van die mense met wie jy jouself identifiseer wel sulke dinge. Hulle lyk soos jy, praat soos jy en is soos jy grootgemaak. Hulle deel jou kultuur – hulle is jou mense. 'n Mens is tog bly as jou mense 'n simbolies oorwinning oor 'n vyand behaal, nie waar nie?

Dit is so, ja. En hierin lê die wortel van Suid-Afrika se kwaad.

Ons is tog so liéf vir ons mense.

As daar een ding is wat Suid-Afrikaners se reaksie op Maandag se hofuitspraak ons geleer het, is dit dat niks nog werklik in ons koppe verander het nie. Ons is nog steeds by ons ou loopgrawe ingebed; Wit Kapitaal aan die een kant, die Swart Proletariaat aan die ander. Wit wat blou moord skree as dit hoegenaamd lyk of Kapitaal by hom afgeneem kan word, Swart wat met mening baklei vir 'n stukkie van die pastei wat Wit vir hulself gebak het terwyl Swart met geweld uit die kombuis gehou is.

Ou vyande.

Vir Malema en Afriforum was die afgelope paar maande ’n hofsaak. Vir die res van ons was dit 'n identiteitspeletjie waarin hersenskimme en vrese tot hul uiterstes gedryf is. Dis so in die media gerapporteer en so in ons kollektiewe psige geïnterpreteer. Elke selektiewe stukkie teks het elke kant van sy of haar vooroordeel in hul betrokke publikasies verseker: die swart rassiste wil die wit stam uitmoor. Die regse wit ekstremiste wil die swart stem doodmaak. Die kommuniste wil ons binneval. Die kapitaliste wil aanhou om ons uit te buit. Etcetera.

Toe die nuus gekom het dat Malema die saak verloor het, het Afrikaners hulself instinktief verbly – nie omdat ons verheug was oor ’n funksionerende regstelsel of geregtigheid wat uiteindelik geskied het nie. Nee: ons stam het sy mes vir die Vyand in gehad. En ons het gewen. God sy lof!

Die Swart stem het aangevoer dat alles steeds is soos wat dit nog altyd was: dat Wit mag nog steeds so sterk as vantevore is, dat die Swart stem steeds stilgemaak word wannneer dit die Wit stem pas en dat wittes in elk geval nog nooit ’n aks oor enigiets meer as hul besittings omgegee het nie.

So herhaal ons naarstig die verlede en dink ons telkens ons onderskeie “oorwinnings” langs die pad is noemenswaardig. Dit terwyl daar nie regtig enige wenners uit die Malema-hofsaak gekom het nie. Suid-Afrika het Maandag verloor, want nie een Suid-Afrikaner kon dit Maandag regkry om nié in stamverband op die agtervoet te kom nie.

Lamont het 'n vreemde oordeel gevel. Dit het daarop neergekom dat, al het Malema dit nie so bedoel nie, die pers die liedjie as moorddadig teenoor Afrikaners geskets het. Afrikaners het daarom begin voel hulle is die teiken van haatspraak. Malema het mettertyd van hierdie vrese bewus geraak en aanhou sing met die wete dat dit mense verontrus. Hierom het hy volgens Lamont haatspraak gepleeg. Nie omdat hy dit so bedoel het nie, maar omdat iemand anders namens hom besluit het wat hy bedoel.

Dit kon koerante skynbaar nie minder traak dat hulle die liedjie se vertaalde woorde sommerso sonder konteks vir ’n teikenmark wat net Engels en Afrikaans verstaan, gepubliseer het nie. Met Malema en Dubula iBhunu het hulle dieselfde gemaak as wat hulle met Zuma en sy masjiengeweer, die ANC en die hemel gemaak het. Ons het hulle klakkeloos vertrou.

Elf amptelike landstale is ’n gewaarborgde resep vir misverstande. Konteks word gereeld geïgnoreer in Suid-Afrika (dink terug aan die sirkus rondom De la Rey); daarom praat ons daagliks verby mekaar, bly ons huiwerig en ewe bang vir mekaar, is ons steeds ewe kwaad, ewe wrokkig. Ons bly ingegrawe in ons identiteitsloopgrawe met ons voorlaaiers en assegaaie reg om mekaar se harsings uit mekaar se populistiese koppe te laat spat.

Ons is tog so liéf vir ons mense – maar ons vrees mekaar.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.
 

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R280000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.