Johan Swarts

Net nóg 'n kans om die raspot te roer

2011-09-22 07:45
Tweets Share Share line Print

Wanneer 'n mens die radio aanskakel of 'n koerant optel en hoor Allan Boesak ondersteun Desmond Tutu se voorstel van ’n welvaartsbelasting vir wittes, wil jy summier uitbars van die lag. Nie op die uitgelate, gelukkige manier wat die meeste mense gewoonlik lag, of droog en sardonies, soos iemand met schadenfreude nie. Nee: jy wil eerder manies begin giggel terwyl skuim by jou mondhoeke uitborrel.

Jy wil dit doen nie omdat jy noodwendig dink die idee is belaglik nie, maar omdat jy ’n sterk spesmaas het dat die manier waarop daar oor Boesak se toespraak verslag gelewer word, ooreenstem met die manier waarop daar skaars ’n paar weke gelede oor Tutu verslag gelewer is. (Tutu, indien jy vergeet het, het by ’n boekbekendstelling oor appels gepraat. Hy is hierna deur die media geskets as iemand met ’n nydige wrok teen pere.)

Boesak het die Steve Biko-gedenklesing oor Swart Bewussyn by die Universiteit van KwaZulu-Natal gelewer. Hiertydens het hy (volgens oorlewering) onder meer genoem dat hy Tutu se idee van ’n welvaartsbelasting vir wittes ondersteun en dat wittes volgens hom liewer vir Mandela as vir Jesus is.

Die geldigheid van sy woorde al dan nie: dit kon tog kwalik die bestek van sy hele lesing gewees het, nie waar nie? Toets dit vir jouself: gaan badkamer toe met ’n stophorlosie, betrag jouself in die spieël, druk die toestelletjie se knoppie en roep kordaat uit:

“Ek ondersteun Tutu se idee van ’n welvaartsbelasting vir wittes! En wittes is liewer vir Mandela as vir Jesus”.

(Woerawarra jou arms dramaties vir ekstra effek.)

Indien jou stophorlosie normaal funksioneer, behoort dit jou nie langer as tien sekondes te neem om hierdie woorde te uiter nie.

Kom ons wees vrygewig en neem aan dat dit Boesak ’n volle twintig sekondes geneem het om dit te sê. (Hy’s ’n indrukwekkende spreker, so die kans is groot dat hy ’n pregnante pouse of twee tussen sy woorde ingewerk het.) Kom ons wees verder konserwatief en skat die lengte van sy lesing op 40 minute. Sou ons die twintig pregnante sekondes hiervan aftrek, laat dit ons met ’n oorblywende 2380 sekondes, of 39,75 minute.

Die vraag ontstaan dan vanself: wat het hy in daardie oorblywende tyd gesê?

Sekerlik, gegewe dat hy die Steve Biko-gedenklesing gelewer het, het hy die meeste van die tyd aan die idees van hierdie uitmuntende denker gespandeer? Sekerlik het hy die grootste gedeelte van sy lesing aan gedagtes oor die konsep van Swart Bewussyn gewy? Oor die relevansie daarvan in ’n hedendaagse Suid-Afrika?

Doen ’n mens egter ’n vinnige internetsoektog na onlangse nuus oor Boesak, word jy met die volgende opskrifte begroet:

Boesak steun Tutu oor welvaartbelasting

Whites 'love Mandela more than Jesus'?

Boesak lashes out at whites?

Whites trapped in a sense of denial


So asof die volledige toespraak oor wittes en hul onvermoë om te versoen gegaan het. Al 2 400 konserwatief geskatte sekondes daarvan. Asof  almal soos een man besluit het: die joos met die res van sy toespraak en die kruks van die saak: kom ons roer die raspot!
 
Verskoon my. Ek het pas onbedaarlik om die mondhoeke begin skuim.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R600000

SQL DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.