Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Medaljes goed en wel, maar...

2012-07-31 08:22
Tweets Share Share line Print

Toe Cameron van der Burgh eergister 'n goue medalje vir Suid-Afrika ingeoes het in 'n rekordtyd van 58.46 sekondes, het niemand gewonder hoe dit gemeet is nie.

Niemand het gewonder hoe sy tyd onderskei is van die Australiër Christian Sprenger se 58.93 sekondes nie. Niemand het gewonder watter ingenieurs die toestel ontwerp en die sagteware daarvoor geskryf het nie. Trouens, niemand het gewonder hoe die swembad, die honderde kameras en mikrofone wat dit vasgevang het, die pawiljoene, die ligte of selfs die swempet op Van der Burgh se kop ontwerp, gebou of vervaardig is nie.

Almal was wel oorstelp oor 'n man wat vinnig kan swem.

Die prestasie, moet 'n mens dadelik byvoeg, is welverdiend. Sportprestasies, anders as wat sommige dalk mag dink, is prysenswaardig op dieselfde manier as wat die meeste kulturele prestasies prysenswaardig is. Of dit nou borsslae, afslae, kwashale of snaarslae is – dis dieselfde ledemate, dieselfde basiese motoriese vaardighede, dieselfde spreekwoordelike sweet en bloed wat vergiet moet word om waarlik merkwaardig in jou betrokke dissipline te wees.

Iets oor die huidige blydskap kwel egter: dis nie regtig 'n nuwe verskynsel nie. Dis trouens 'n baie bekende patroon in Suid-Afrika: wanneer ons sporthelde oorwinnings behaal, gaan ons onsself te buite van blydskap, raak ons tatiegesyp en buitel ons luidrugtig met vlae in die strate rond. Ons aanbid hulle.

Which is all fine and dandy. Ek dink nie daar is iets verkeerd met iemand wat vinnig swem of mense wat daarvan hou om te kyk hoe ander mense vinnig swem nie. Whatever floats their boats. Ek dink wel Suid-Afrika se obsessie met sport gee Suid-Afrikaners nie juis gronde om te kla oor die huidige kundigheid- en vaardigheidstekorte wat die land beleef nie.

Ek meen, hier sit ons met 'n spul kinders wat nie behoorlik kan lees en skryf nie (wat nog te sê sporttoerusting se handleidings baasraak) en 'n departement van onderwys wat so pateties onkapabel is dat hulle duisende handboeke "verloor", en steeds is ons eerste gedagte by die wen van ons eerste olimpiese medalje vir 2012 nie: "gits... dis heel oulik en so, maar dalk moet ons eerder meer ingenieurs probeer oplei" nie.

Dis bloot: "WHOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOO!"

Die gevolg van so 'n kultuur is dat dít Suid-Afrika - en dus ons kinders - se hoogste ideaal is: om 'n sportster te wees. Wat seker steeds all fine and dandy is, maar met 'n korps wiskundiges en wetenskaplikes, toegewyde onderwysers, entrepreneurs en eerbare leiers wat smeek om uitgebrei te word, is dit dalk iets wat ons moet heroorweeg.

Dit is immers nié ons wat bekend is vir die ontwerp van sensitiewe en ingewikkelde elektronika nie. Ons is ook nie regtig wêreldleiers op soveel gebiede wat saakmaak in 'n kennisekonomie as wat ons kan wees nie (hoewel daar noemenswaardige uitsonderinge is) en ons is die planeet nie juis een voor met die vervaardiging van die verruklike toestelletjies wat uit hierdie ekonomie voortspruit nie.

'n Mens sou weereens kon redeneer dat ook dit nie die einde van die wêreld is nie en dat ons ander sterkpunte soos rugbyspanne, die Kreepy Krauly en Pratley Putty het, maar dan moet 'n mens jouself seker ook afvra of ons dan werklik die reg het om oor ons huidige tekortkominge te kla.

Voor ons onsself nie gaan oorreed om naas respek vir motoriese finesse ook agting vir verstandelike vernuf te koester nie, gaan ons waarskynlik aanhou sukkel soos wat ons tans sukkel. Ons gaan waarskynlik ook aanhou om 'n groot aantal sportsterre te kweek. Waarmee daar seker nie iets fout is nie: dit staan 'n land vry om haar prioriteite te kies. Maar dan moet ons nie verbaas wees as dit jong Suid-Afrikanertjies se enigste ideaal raak om baie vinnig van die een kant van 'n swembad na die ander kant met hul arms te roei en ons nie hul drome kan akkomodeer nie.

Waar moet hulle in elk geval almal swem? In die bad?

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter. 
 

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Midrand
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.