Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Landelike SA ‘n kruitvat

2012-10-11 08:43
Tweets Share Share line Print

Die heersende retoriek oor plaasmoorde herinner aan die bevindinge van "Team B" tydens die Koue Oorlog.

Team B was 'n taakspan, saamgestel deur George H.W. Bush, wat CIA-data oor die Sowjetunie moes ontleed in 'n poging om tot ander gevolgtrekkinge as die CIA self te kom.

Die CIA se standpunt in daardie spesifieke stadium was dat die Russe nie 'n wesenlike bedreiging vir Amerika ingehou het nie, aangesien hul weermag besig was om in een te stort weens die ekonomiese chaos wat in die Sowjetunie geheers het.

Team B het hiervan verskil. Die afwesigheid van 'n aanduiding dat die Kremlin Amerika suksesvol sou kon of wou binneval, het hulle gesê, was nie rede om te glo dit kan nie gebeur nie. Trouens, dit was rede om die teenoorgestelde te glo.

Volgens die taakspan het dit onder meer beteken dat die Russe voertuie en wapens ontwerp het wat so gesofistikeerd was dat dit bloot onopspoorbaar was. Wat op die oppervlak na 'n kwynende weermag gelyk het, het hulle volgehou, was eintlik 'n verskriklike oormag, reg om te eniger tyd toe te slaan.

Geen bewyse kon hiervoor geopper word nie. Die CIA het hulle van wensdenkery beskuldig. Team B het egter volgehou hulle was reg en het hul "bevindinge" kort daarna aan die pers laat uitlek, wat dit alte graag verslind het.

Team B se idees het nie met die werklikheid gestrook nie, maar dit het vir hulle nie saakgemaak nie. Hulle het onwrikbaar geglo hulle was reg - vir hulle was dit voldoende stawing.

Plaasmoorde in Suid-Afrika is 'n grieselrige realiteit. Lyke lieg nie en syfers toon dat iets tussen 2 500 en 4 000 mense (afhangende van wie jy glo) reeds op Suid-Afrikaanse plase vermoor is sedert die 1990's. Van hierdie moorde is uiters gewelddadig en sluit soms verkragting in.

Nieteenstaande 'n komitee se navorsing oor die moorde wat aantoon dat die oorgrootte meerderheid van die aanvalle apolities is, is die heersende retoriek in konserwatiewe Afrikanerkringe dat die teenoorgestelde in werklikheid geld.

Plaasaanvalle, reken hulle, is die doen en late van die ANC en die kommuniste wat boere van hul plase wil afdryf: die swart man wat die wit man teen alle koste wil uitmoor. Volgens hulle is plaasaanvalle georkestreerde volksmoord, aangeblaas deur politici soos Julius Malema en liedere soos "Aw Dubul'ibhunu".

Stawing hiervoor word nooit verskaf nie. Die idee word as so voor die hand liggend beskou dat almal dit sommerso aanvaar sonder om die meriete daarvan te oorweeg. Nes die geval met "Team B" se hersenskimme was, blyk die enigste stawing vir die politieke aard van plaasmoorde te wees: "ons is reg, want ons glo ons is reg".

In Amerika het "Team B" grootliks bestaan uit sogenaamde "Neo Conservatives". Hul leuen het Ronald Reagan gehelp om die Withuis te betree en kolossale militêre uitgawes (wat sedertdien al normaal geraak het vir Amerika) van stapel te stuur. Amerika was bang, 'n verbeelde Kremlin moes teen alle koste gestop word en sommige Amerikaanse entiteite het sommer baie hierby gebaat.

Kyk 'n mens na die profiele van bekendes wat die meeste geraas oor plaasmoorde maak, is dit opvallend dat baie van hulle, nes die neo-konserwatiewe Amerikaners, 'n sterk insentief het om die mite van die "swart oormag" wat die "beskaafde wit man" probeer uitroei, lewendig te hou.

Hoe banger die volk, wil dit voorkom, hoe beter vir albumverkope.

Intussen is daar talle getraumatiseerde plaasboere en -werkers wat dubbeld so bang is, omdat hulle naas die afgryslike herinneringe aan die aanvalle ook opgeskeep moet sit met 'n verskriklike vrees vir 'n hersenskim opgetower deur laakbare opportuniste wat nie skroom om te profiteer uit hul leed nie.

Rusland bestaan. Plaasmoorde gebeur. Niemand kan stry met die feite nie. Die interpretasie van hierdie feite is egter nie altyd so akkuraat as kan kom nie – en dit maak van landelike Suid-Afrika 'n kruitvat.

 – Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.