Johan Swarts

Laertrekkery nie die antwoord

2010-04-30 07:54
Tweets Share Share line Print

In reaksie op hierdie rubriek, waarin ek aangevoer het dat Dan Roodt uitgediende, nasionalistiese taalgebruik oor Eugene Terre’Blanche se dood besig, het verskeie lesers aangevoer dat ek die pot so ver missit dat ek waarskynlik al lankal daarvan afgevoeter het.

Hoe durf ek – ‘n linkse, uitverkoopte snotkop – immers skryf dat daar nié 'n horde moordlustige barbare iewers sit en wag vir die regte oomblik om op die weerlose, kaal Afrikaner toe te slaan nie? Hoe durf ek insinueer dat daar geen plaasmoorde is nie? Hoe durf ek meen dat alles in die nuwe Suid-Afrika hunky dory is en ons almal saam met hondjies en katjies in die lang soetgras rondhuppel?

Hoe?! Durf!? Ek!?

“Hoe durf jy” was natuurlik nog nooit 'n goeie argument vir of teen enigiets nie. Die aantal ad hominem-argumente wat kop uitgesteek het in reaksie op die rubriek, was teleurstellend. Om 'n bitsige rubriek as dupliek daarop neer te pen, sal natuurlik nie deug nie, omdat dit net so kleinlik (om nie van egoïsties te praat nie!) sal wees.
 
Tog dink ek dit kan behulpsaam wees om 'n paar los drade bymekaar te trek.

Wanneer ek vra waar Roodt se homogene, bewende Afrikanerdom (en die moordlustige horde wat hulle bedreig) wegkruip, is dit nie 'n poging om te maak asof Suid-Afrika geen probleme het nie en Afrikaners ná 1994 in 'n paradys woon nie. Dis eerder 'n poging om 'n skadelike narratief oor Suid-Afrika (skadelik omdat dit enersyds lieg oor die werklikheid, andersyds mense onnodig verdeel) te ontbloot en 'n bietjie perspektief op die massa-histerie wat in Suid-Afrika heers, te probeer werp.

Die narratief is een wat Afrikaners maar te goed ken – die storie van 'n klein, Europese volk wat in donker Afrika triomfeer voor die aangesig van 'n oormag barbare, onderdrukking en oorlog; wat beskawing bring, orde uit chaos skep en deurgaans beleër word deur slinkse, donker magte. Swartes. Britte. Dingaan. Kitchener. In die vorige eeu is dié verhaal in so 'n mate geïnstitusionaliseer dat vir baie 'n onbevraagtekenbare, siviele godsdiens geword het. (“Vloek jy die krygers van Bloedrivier, boetman? Jy laster mos nou!”)

Enigiemand wat die moeite doen om oor die narratief op te lees, sal egter vinnig ontdek dat dit nie heeltemal strook met die werklikheid nie. Die navorsing van gerekende geskiedkundiges soos Giliomee, Grundlingh en Du Toit het lankal reeds aangetoon hoe die mitologie in vele opsigte 'n wanvoorstelling van die geskiedenis was.

'n Nagevolg van die narratief is dat dit Afrikaners saamgesnoer het. Dit was die basis vir 'n gemeenskaplike identiteit, vir solidariteit, vir eenheid. Dit het sin van die Afrikaner se verlede gemaak en rigting vir sy toekoms verskaf. En dít was goed.

Helaas het dit ook 'n onderbou wat in vele opsigte bygedra het tot die verdeeldheid in Suid-Afrika. Dit het 'n digotomie by derduisende Afrikaners tot stand gebring met 'n geknelde “Ons” en 'n barbaarse “Hulle” as pole – tot so 'n mate dat baie Afrikaners vandag nog voel dat daar 'n noukeurige beplande aanval op hulle uitgevoer word deur die “Hulle”. Op die ou end is dit niks minder as 'n verwronge, verwaande taalspel waarby niemand baat nie. (Politieke samesweringsteorieë het die geneigdheid om te verdamp sodra 'n mens besef jy’s nie die middelpunt van die heelal nie. “Hulle” is by nadere ondersoek maar net so menslik soos “Ons”.)

Dit is hierdie soort taalgebruik wat Roodt dikwels besig en waarteen ek graag kapsie maak.

Wanneer ek dus in 'n rubriek vra waar die kaal, weerlose Afrikaners is wat angstig wag op die moordlustige hordes, is dit nie 'n ontkenning van die hoë aantal plaasmoorde en ander skokkende misdaadsyfers nie. (Soos een van die kommentators dit ook genoem het: slegs iemand wat met oogklappe deur die lewe gaan, kan voorgee dat die brutale manier waarop veral boere vermoor word, fiksie is.)

Wat dit wel is, is 'n kritiese bevraagtekening van ou, uitgediende taal wat verbande lê waar daar nie verbande is nie, hersenskimme raaksien wat nie werklik bestaan nie en Suid-Afrikaners verder verdeel eerder as saamsnoer. Dit probeer nie voorgee dat Suid-Afrika 'n paradys is nie, maar wil pleit dat enigiemand wat oor Suid-Afrika se vele probleme probeer besin dit nie sal doen asof hulle die middelpunt van die heelal is nie.

Almal weet Suid-Afrika het groot probleme. Wat minder mense skynbaar besef, is dat paranoia en laertrekkery die laaste dinge is wat hierdie probleme sal oplos.

Snotkop over and out.

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za. Jy kan hom ook volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
152 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Administrative Officer

Stellenbosch
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

SAP Business One Developer

Irene, Centurion, South Africa
Electus Recruitment
R15000 - R28000

Administration Clerk

Northern Cape, South Africa
Key Fin Recruit
R100 - R120

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.