Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Laat ons minder stry, meer dink

2012-08-07 08:07
Tweets Share Share line Print

Te veel van Suid-Afrika se konflik spruit uit mense se onvermoë om met kompleksiteit om te gaan.

Neem oudpres. Nelson Mandela. Die man is so te sê 'n lewende heilige vir talle Suid-Afrikaners. Wanneer hy aangespreek word deur onbekendes op Facebook of die Nuus om Sewe (asof hy hulle kan hoor), is dit as "Tata": pappa, vader. Hy word gereeld geskets as 'n prysenswaardige voorbeeld vir Suid-Afrikaners, as 'n toonbeeld van versoening en geregtigheid.

Kritiseer iemand hom, neem mense vinnig aanstoot. Hulle noem so 'n persoon dan 'n regse verkrampte, 'n rassis van die eerste water en 'n verskeidenheid ander neerhalende dinge – juis omdat baie van diegene wat Mandela met reëlmaat kritiseer die sogenaamdes "regses" is.

Dié reken nou weer Mandela is 'n aartsterroris, 'n geweldenaar en die slegste ding wat Suid-Afrika nog ooit kon tref. Gesels jy met hulle oor die oubaas, kan jy maar weet jy sal ten minste een keer die woorde "kerkstraatbom" of "jou wraggies – en net toe ek my Wimpy burger wou hap..." hoor.

Die Tata-kultus noem hierdie mense stiksienig, ondankbaar en haatlik. Die kerkstraat-kommune tipeer hul kritici om die beurt as liberaal, links, meelopend en watter ander terme ook al tydens die Boereoorlog vir hanskakies gemunt is.

Al twee dink hulle is reg. Al twee is ewe godsdienstig oor hul standpunte. Al twee is daarom ewe verspot.

Mandela is inderdaad 'n lewende legende. Hy is ongetwyfeld 'n toonbeeld van versoening en geregtigheid. Suid-Afrika kan haar sterre dank dat hy die paadjie geloop het waarop hy uiteindelik besluit het.

Nietemin was hy ook 'n terroris. Die kerkstraat-kommune gooi die straatnaam nie om dowe neute so gereeld rond nie. Mandela en die ANC het geweier om geweld af te sweer en bloedsproei en verminkte lywe was een van die gevolge, nes dit later een van die gevolge van die Worcester-bom was.

Bloed bly bloed.

Vryheid, demokrasie en die geleentheid om Amerikaners in olimpiese swembaddens weg te swem, was egter ook een van die gevolge. Dit is juis vanweë bloed dat ons vandag is waar ons is.

Mandela kon versoen omdat daar iets was om te versoen. Hy was terroris én versoener - terroris omdat hy deel was van 'n groep wat terreur ingespan het teen die regering van die dag, versoener omdat hy 'n land op die rand van 'n rasse-oorlog saam kon snoer.

Trek gerus 'n woordeboek nader en soek die twee begrippe op. Such is a terrorist, such is a peacemaker. Mandela was beide. Daar is geen reël wat stipuleer dat iemand slegs die een of die ander kan wees nie.

Hy is nie 'n engel nie. Hy is ook nie 'n duiwel nie. Hy is 'n mens.

Mense is ingewikkeld.

Al wat maak dat ons mekaar se strotte oor Mandela wil uithap, is ons onvermoë om enigiets ingewikkelder as tweedelings te bedink. Dis óf reg óf weg, óf draai óf braai, óf Pretoria óf Tshwane, óf ANC óf DA. Die een spul reken Mandela het hulle uitverkoop, die ander sis kromrug vir F.W. Die een lot reken wit kapitaal is die begin en einde van alle ellende, die ander dat kommunisme en die nasionale rewolusie tot ons ondergang sal lei.

Die waarheid, soos daai dooie Grieke met die lang, wit jurke ons leer, lê egter iewers in die middel. Anders as wat LitNet akademies dit verkondig, is dit ook nie altyd so relatief as wat mense soms dink nie – dis gewoonlik bloot veel ingewikkelder as wat ons wil besef.

Na regte moet ons minder stry en meer dink. Dis dalk tyd dat ons dit begin doen.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Naamvanskrywer

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

Maka Drama sê... Wys uit wat verkeerd is hul plig. Hulle is mos opposisie, nie regeringslakeie en voetjie-voetjiespelers met Baas Zoempie nie. En die alternatief pas hulle daadwerklik en heel suksesvol toe in die provinsie wat hulle reeds regeer. Terloops, ook verreweg die best-regeerde provinsie in SA. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: Chris Hani Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Sea Cow Lake Road
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: M7
    TRAFFIC LIGHTS not working at the Bellair / Wakesleigh Road exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.