Johan Swarts

Kry dié kuur vir jou pyne en skete

2011-11-02 07:41
Tweets Share Share line Print

Nou die dag sit ek in die kantoor, heel vreedsaam besig om produktief te wees (arbeid adel en so aan), toe ’n e-pos van my mediese skema in my indoos beland.

Aan die e-pos was ’n .PDF geheg: ’n elektroniese weergawe van ’n brosjure wat veranderinge vir 2012 aan hul onderskeie mediese planne uitgestip het.

Ek is natuurlik gaande oor sulke papierwerk (wie wil nou nié die brief lees wat Die Skema se hoof uitvoerende beampte spesiaal vir jou – sy gewaardeerde kliënt – met sy eie twee hande geskryf het nie?), so ek het my voete oor my lessenaar gegooi, rustig teruggesak in my kantoorstoel en die brosjure noukeurig deurgelees.

Het dit nou vir jou ’n ruimskootse dosis goeie nuus bevat!

Ek weet byvoorbeeld nou dat Die Skema “kontrakte met meer as 1 200 apteke aangegaan het” waarvolgens genoemde apteke ooreengekom het om in 2012 nie meer as Die Skema se medisynetarief vir aankope te vra nie. “Opname in die hospitaal,” het ek ook geleer, “kan baie spanning veroorsaak”. En asof dit nie reeds genoeg is nie, weet ek ook nou dat party van Die Skema se reekse voortaan uitbetalings vir sigmoïedoskopie en die behandeling van bartholin-siste bied aan enigiemand wat sodanige prosedures sou moes ondergaan.

Die beste van als was egter die herstrukturering van Die Skema se dekking vir “verwante professionele gesondheidsorgverskaffers”. Die gewones was almal daar: stoma-susters, psigometriste, biokinetici, voetheelkundiges. Die nuus wat my egter oorstelp het, was dat homeopate ook vir 2012 by hierdie lys ingesluit is.

Jy lees reg, ja. My mediese skema betaal vir homeopatie.

Persoonlik is dit iets waarop ek nogal trots is. Min ander skemas heg vandag nog waarde aan harde, wetenskaplike data in mediese joernale. Al waaraan hulle mos deesdae dink, is geld. As kliënte liggelowig genoeg is om vir behandelings te wil betaal wat volgens elke toonaangewende, wetenskaplike joernaal op aarde suiwer bog is, laat hierdie skemas dit toe. Dit hou die kliënt gelukkig, daar’s geen newe-effekte nie en die placebo-effek sorg dat hulle keer op keer genees voel van “siektes” wat in elk geval self sou verdwyn.

Nie my skema nie. O, nee. Hulle steur hulle nie aan sulke prul nie. My skema verbind hulself slegs tot “voordele van wêreldgehalte vir al sy lede” – voordele soos uitbetalings vir besoeke aan homeopate.

Danksy Die Skema kan duisende Suid-Afrikaanse ooms en tantes nou sonder vrees na die dorp se plaaslike homeopaat gaan en in ’n japtrap wetenskaplik gefundeerde kure verkry vir al hulle pyne en skete. Die Skema sal betaal. Hulle hoef nie meer na die apteek te gaan en met al daai kwakke agter die toonbanke te praat nie, of hulself te bekommer oor verwarrende begrippe soos “skedule”, “kontra-indikasie” of “bergingsinstruksies” nie.

Is dit nie wonderlik nie?

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.
 

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SAGE CRM Consultant

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.