Johan Swarts

Kla oor Afrikaans 'n mors van tyd

2010-08-05 08:23
Tweets Share Share line Print

Om te kla oor die agteruitgang van Afrikaans, is ‘n tragiese mors van tyd.

Case in point:

Ek het onlangs die film Inception gaan kyk. Die gehoor se reaksies toe ons aan die einde uit die teater gestap het, was merkbaar anders as dit waaraan 'n mens gewoond is. Niemand het opgewonde vertel hoe hulle mal was oor die film nie; niemand het stukkies dialoog onder mekaar kwytgeraak en die hoofkarakters se kwinkslae geamuseerd probeer naboots nie. Onbeïndruktes het nie negatiewe of sarkastiese kommentaar te lewer gehad nie. Niemand het eers hardop gewonder waar hulle geparkeer het nie.

Die film het almal tot stilswye gestem.
 
Nie net was Inception visueel indrukwekkend nie, dit was ook intellektueel en emosioneel stimulerend – tot so ‘n mate dat kykers nie anders kon as om stil-stil te murmureer oor die betekenis van die slottoneel nie. Na twee en ‘n half uur se wisselwerking van uiteenlopende, meesleurende narratiewe, verbluffende grafiese effekte (wat verbluf nie omdat dit oordadig is nie, maar omdat dit so teen die normale indruis dat jy nie anders kan as om oopmond daarna te staar nie) en ‘n onverwagse einde dwing Inception jou om oor vrae te dink waarmee die Griekse filosowe al meer as tweeduisend jaar gelede geworstel het.

Wat is drome? Wat is werklikheid? Hoe kan ons die werklikheid waarneem? Is ons Cartesiaanse geeste in masjiene wat ‘n reële wêreld waarneem soos dit is, of is alles rondom ons slegs ‘n warboel van illusies?

Christopher Nolan (regisseur) het dit reggekry om mense wêreldwyd hieroor te laat nadink. Die meeste besef dalk nie lekker waaroor hulle ná die film in verwondering is nie en Nolan is natuurlik nie die eerste regisseur om dit reg te kry nie. Die belangrike punt hier is egter: hy hét dit reggekry. Inception is nie ‘n sukses omdat dit die pionier van bogenoemde vraagstukke is nie (daarvoor is dit etlike jaar te laat), maar bloot omdat dit daardie vraagstukke suksesvol in kykers se gedagtes plant. Dit maak nie saak wie jy is nie: dis goed om so af en toe oor iets dieper as jou huisverband of die kar se volgende diens te dink.

Wat het dit met Afrikaans te doen?

Verskeie dinge het Nolan se meesterstuk moontlik gemaak. Miljoene dollars (een honderd en sestig miljoen van hulle, om presies te wees), die verskeie regerings wat toestemming verskaf het vir die skiet van sommige van die tonele binne hul landsgrense, Wally Pfister se knap kinematografie en herhaaldelike herskrywings van die draaiboek is maar ‘n paar hiervan. Iets minder opsigtelik is egter dat die film in Engels geskiet is.

Met die eerste ooropslag klink dit dalk onsinnig. Hoe is die taal waarin die film geskiet is relevant? Wat het dit met Afrikaans te doen?

Die antwoord is bedrieglik eenvoudig: Engels is nie ‘n probleem in Nolan se wêreld nie. Dis ‘n aanvaarde gegewe, die verstekopsie, die lingua franca van Amerika – en daarom ook van Hollywood. Die taal is bloot ‘n stuk gereedskap, die fondament waarop asemrowende tonele en klanke vir die silwerdoek opgetower kan word. Geen Amerikaner dink konstant aan die taal se toekoms nie; daar is nie veldtogte en aksies en bietsfaaits in koerante se briewekolomme wat die taal probeer verdedig nie. Engels ís bloot.

Afrikaans, daarenteen, is nie bloot gereedskap nie – dis ‘n vervlakste feature. Die taal word gereeld nog hanteer as ‘n opgepiepte artefak in ‘n lamlendige vertoonkissie, eerder as iets funksioneel. Te veel diskoerse in Afrikaans handel óór Afrikaans.

Daar is byvoorbeeld spesiale kategorieë vir die taal in die plaaslike film- en musiekbedryf, asof die blote feit dat dit ingespan word iets werd is. Loop by enige Suid-Afrikaanse musiekwinkel in en die genres sal lewensgroot op die rakke staan: Metal. Rock. Country. Swing. Jazz. R&B. Hip Hop… en Afrikaans. By die SAMAs is daar duplikaatkategorieë vir elke Afrikaanse album. Daar is byvoorbeeld ‘n algemene “rock”-kategorie – en dan is daar een spesiaal vir “Afrikaanse Rock”. Ook Afrikaanse films, soos Bakgat en Paljas sal dikwels nie tussen die ander komedies of dramas te vinde wees nie, maar eerder armsalig op hul eie staan.

Is ons dan te sleg om met iets kreatief vorendag te kom waaraan die naam van ons taal nié soos ‘n aangenaaide flenterlappie hang nie?

Waar is die Afrikaanse films wat ons laat wonder oor die sin van ons bestaan? Waar is die Afrikaanse films wat uitdagend vra wat ons nie altyd wil hoor nie; wat tergende kwessies oopvlek en kykers prontuit daarmee konfronteer? Waar is die tydlose Afrikaanse films wat mense – hul herkomste ten spyt – oor dieselfde dinge kan laat wonder en worstel?
 
Waar is ons Inceptions?

Die ooglopende struikelblok is natuurlik fondse. Tog: die enigste rede hoekom ‘n buitelandse belegger nie in ‘n Afrikaanse film sal wil belê nie, is as dit nie genoeg wins sal genereer nie. Die enigste rede hoekom dit nie vir hom wins sal genereer nie, is dat genoeg mense nie daarna sal gaan kyk nie. Die enigste rede hoekom genoeg mense nie daarna sal gaan kyk nie, is dat dit so selfbehep is met die taalkundige en kulturele gereedskap waarop dit veronderstel is om gebou te word en slegs vir ‘n paar miljoen Afrikaanssprekendes relevant sal wees.

Om te kla oor die agteruitgang van Afrikaans is ‘n tragiese mors van tyd, nie net omdat die onderwerp ‘n holruggeryde perd is nie, maar omdat dit die taal keer op keer afruk na selfbeheptheid, na kleinlikheid, na irrelevansie. Dis om die taal as ‘n probleem, eerder as ‘n stuk gereedskap wat by verstek gebruik word, te hanteer.

Jy kon ‘n draaiboek begin in die tyd wat jy daai omgekrapte brief vir die dagblad geskryf het.

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Fusion Developer

Cape Town, South Africa
Business Connexion
Market Related

WebMethods Developer

Cape Town, South Africa
Business Connexion
Market Related

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.