Johan Swarts

Jý's 'n rassis!

2012-01-17 07:52
Tweets Share Share line Print

"Ek is nie 'n rassis nie!"

Dít is die woorde van menigte 'n "liberaal" wanneer hulle beskuldig word van die Suid-Afrikaanse doodsonde van vooroordeling.

Verontwaardig wil hulle gewoonlik by die aanklaers weet hoe hulle so iets verskriklik kan sê. Hulle wat liberaal is gebruik dan nooit die "k-woord" nie en hulle glo in gelykheid en regverdigheid vir alle mense. Hulle veroordeel al daai rassistiese mense wat kommentaar lewer op koerantberigte. Hel, van hulle beste vriende is swart! Of bruin! (of wit!)

Rassiste? Hulle? Nooit nie!

Dit is wel waar dat baie van die sogenaamde "regses" wat hul monde anoniem onderaan koerantberigte uitspoel, rassistiese gedrag ten toon stel. Die soort mens wat graag neerhalend oor "die ape" se wel en weë bespiegel en homself verlekker in Malema se houtwerkpunt, is inderdaad 'n rassis.

Dis egter nie al wat rassisme behels nie.

Om rassisties te wees is nie bloot om "die lelike woorde" te gebruik of luid in die openbaar slegte dinge van ander mense te sê nie. Rassisme is (om die HAT aan te haal) "die veronderstelling dat karakter en bekwaamheid bepaal word deur ras". Om rassisties te wees is om jou interaksie met diegene wat nie soos jy lyk nie suiwer op hul voorkoms te baseer; om allereers deur 'n "ras-bril" na die wêreld te kyk. Selfs al doen jy dit onbewustelik.

Hoe gereeld lees 'n mens nie "liberale" skrywers se aanmanings dat 'n mens nie rassistiese grappies om braaivleisvure moet duld nie? Verlaat die geselskap! pleit hulle. Moenie hul verkrampte idees met jou stilte goedkeur nie! Laat hoor van jou! Vertel hulle dis tyd dat hulle ophou met hierdie soort gedrag!

Boo-frikkin-hoo. (Of in die woorde van die filosoof De Vries: "nou hoe nou wat nou?")

Rassisme is nie net om taboe-woorde te gebruik nie. Dis dikwels iets veel meer subtiel.

Loop jy 'n wye draai of stap jy oor die pad as iemand met 'n donker velkleur jou op die sypaadjie nader? Jy's 'n rassis.

Gee jy R25 kleingeld in munte vir die passasier in jou taxi wat anders as jy lyk al vra hy vir 'n R20-noot? Jy's 'n rassis.

Koop jy eiendom in 'n gebied met min melanien omdat dit jou "veilig laat voel"? Jy's 'n rassis.

Weier jy om te aanvaar dat iemand met 'n ligte vel wat jou goedgunstelik probeer help geen agenda het nie? Jy's 'n rassis.

Dink jy Kaapse Afrikaans het "darem sulke mooi, unieke uitdrukkings!" of "swart mense het darem net daai natuurlike aanvoeling vir ritme"? Jy's 'n rassis.

Dink jy wit mense kan nie dans nie? Jy's 'n rassis.

Lucifer is in die detail.

Skelwoorde is allermins die lakmoestoets vir rassisme. (As jy jou blaas kan beheer, kan jy waarskynlik ook jou larinks beheer. Dis nie 'n prestasie nie.) As velkleur die hoofsaaklike bril is waardeur jy daagliks na jouself en die mense om jou kyk – al is hierdie blik onbewustelik en nie kwaadaardig nie – is jy 'n rassis.

Ek is een. Jy ook. Almal van ons is. Ek dink nie daar is 'n Suid-Afrikaner wat nie is nie. Daar's nog baie werk om te doen.

Dis goed en wel om nie skelwoorde te wil gebruik nie, maar hoe langer ons gaan volstaan met hierdie naarmakende, polities korrekte verontwaardiging oor 'n paar onheilige woorde sonder om werklik moeite te maak met die onuitgesproke paradigma agter die res van ons aksies, hoe langer sal ons mekaar bly te na kom.

Stry?

Kyk gerus wat doen jou hand met jou kardeurknoppie as jy weer by die verkeerslig stop.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
48 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer/ Java Team leader

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Senior / Team lead JAVA Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.