Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Jý is messias in dié verhaal

2012-06-19 08:08
Tweets Share Share line Print

Vir die afgelope paar dae was ek 'n messias.

Ek het verlof geneem, myself na die naaste rekenaarwinkel gehaas en 'n eksemplaar van die langverwagte Diablo III aangeskaf. By die huis gekom het ek dadelik 'n Battle.net-rekening oopgemaak, 'n karakter geskep en die helshordes met 'n verskeidenheid byle, swaarde en hamers begin verbrysel.

Vir die volgende paar dae het ek gereeld vergeet om te eet, te drink of hoegenaamd selfs op te staan. My oë was vasgenael op 'n skerm waar die uitbeelding van 'n barbaar met 'n byl freneties besig was om 'n bekende patroon te herhaal: slaan, plunder, verkoop.

Die speletjie (die derde in 'n suksesvolle reeks) is ontwerp om soveel moontlik van jou aandag af te rokkel. Die verbluffende verskeidenheid vyande, terreine en veldtogte onderspan deur 'n epiese storie maak dit uiters verslawend om te speel.

Dit is juis die storie wat Diablo III so besonders maak.

Op sigself is dit nie veel ingewikkelder as 'n episode van 7de Laan nie. Die dialoog is meestal breindood en die karakters eendimensioneel. Weinig het aan die narratief verander sedert die oorspronklike Diablo, so 'n mens sou dit trouens as formulaïes kon beskryf: die magte van hel probeer die hemel en die aarde oorneem, die magte van hel word gestuit deur 'n onbaatsugtige protagonis.

Vir iemand wat in die Christelike tradisie groot geword het, is dit 'n bekende storie. Kernelemente van die tradisie figureer weereens in Diablo III: Goed en Kwaad, duiwels en engele, hekse, godsmanne en die apokalips. Daar is tot 'n verlossingsnarratief, met die goeie wat uiteindelik oor die kwaad seëvier.

Op die oog af ontbreek slegs een kernelemente van die tradisie: daar is geen sprake van God nie. Hierdie klein dog belangrike detail maak die nuutste aflewering in die Diablo-reeks net so besonders soos sy voorgangers, want by implikasie beteken dit op die ou end: jý is God.

Dit is jy, die speler, wat die messias van die wêreld in 'n alternatiewe heelal moet wees. Die oorwinning oor die bose is hier nie 'n bonatuurlike taak nie, maar dié van 'n mens - een met 'n dodelike arsenaal, maar nietemin een van vlees en bloed wat die duiwel alte letterlik in 'n tweegeveg moet oorwin.

Hierdie laaste brokkie maak die spel geniaal, want dit verskaf aan spelers 'n katarsis wat maak dat hulle na afloop van die laaste geveg wil terugkeer vir nog (en dit dan ook kan doen in die vorm van drie bykomende moeilikheidsgrade en vier nuwe karaktersoorte). Helleheer na helleheer oortuig Diablo III jou dat jy 'n held is op 'n manier wat min ander rekenaarspeletjies kan.

Blizzard het dit reggekry om 'n kunswerk te skep wat so goed soos rugby is en my vandeesweek 'n pseudoresensie met 'n non sequitur in die slotparagraaf te laat neerpen in plaas van 'n rubriek waarin my onderrok uithang. Dit alleen is rede genoeg om dit aan te skaf, so doen dit gerus en begin jou eie naam ydelik in gebruik te neem. Jou sterflike siel is leeg daarsonder.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.
 

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.