Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Huigelagtig... maar darem polities korrek

2012-07-24 07:19
Tweets Share Share line Print

Daar is min dinge so huigelagtig as 'n liberal.

Case in point: dis tans weer Ramadaan – die tyd wanneer Moslems vas en almal wat nie regtig daaroor omgee nie hulle alle sterkte daarmee toewens.

"A blessed Ramadaan to all our customers!", sien 'n mens nou weer op kennisgewingborde voor al wat 'n winkel is. Nie omdat hulle omgee nie, maar omdat hulle profyt wil maksimaliseer.

"En dan, 'n laaste punt op die agenda," kondig bestuurders by maatskappye dit tydens vergaderings af: "sterkte aan al ons Moslem-kollegas wat begin vas het in die heilige maand van Ramadaan. Ons dink aan julle in hierdie spirituele tyd van introspeksie en sielsoekery!"

En dan natuurlik: "Ramadaan mubarak to all my muslim friends!" – die sprankelende gebrabbel van al wat 'n liberal op Facebook is.

Al drie – die winkels, die bestuurders en die liberals – doen dit nie omdat hulle oortuig is dat Ramadaan 'n geseënde of 'n spirituele tyd is of moet wees nie (hoewel ek seker is daar is uitsonderinge), maar omdat hulle polities korrek probeer wees.

Die verskil tussen die liberals en die res is dat die res ten minste konsekwent is.

Kom Kersfees, is die winkels, die topbestuur en hul kopieskrywers ewe gretig om soortgelyke boodskappe van seën en voorspoed aan kliënte en werknemers oor te dra. Dan word kersliedjies tot vervelens toe gespeel en feestelike simbole graag uitgestal tussen kos en klere. Die liberal, daarenteen, kan dikwels nie minder hieroor omgee nie.
 
Oor Kersfees sal hy sarkastiese aanmerkings maak, uitvaar teen die gebruike van 'n fees wat volgens hom in elk geval 'n heidense oorsprong het of bloot swyg. Hy sal nie voorspoed en vrede vir 'n enkele Christen toewens of toepaslike slagspreuke uiter nie. Hy sal prentjies van Zombie Jesus op sy Facebook-muur plaas en opmerk hoe belaglik Christene nou eintlik is omdat hulle nog steeds in feëverhale glo – dit alles natuurlik met gepaardgaande skakels na teenbewyse en, oorhoofs, 'n ordentlike dosis schadenfreude.

"Tsk, al weer die dom Christene", is die boodskap dan.

Maar oor Ramadaan? (Of Rosh Hashannah? Of Diwali?) Hieroor het hy net die kuisste, die puurste, die eerbaarste woorde van solidariteit en bemoediging kwyt te rake.

Ander opportuniste is ten minste ewe polities korrek in hul ophemeling van dinge waaroor hulle nie werklik omgee nie. Liberals (oftewel "bleeding heart liberals", soos die begaafde denkers aan die onderkant van die Afrikaanse internet se nomenklatuur voorskryf) is egter skaamteloos huigelagtig hieroor.

'n Mens sou hoop dat mense wat in die openbaar verklaar dat hulle 'n broertjie dood het aan georganiseerde godsdiens die moeite sou doen om inderdaad negatief oor alle georganiseerde godsdienste te wees. Op die minste sou 'n mens verwag dat persone wat hulself as "liberaal" en "vrydenkend" tipeer oor die vermoë beskik om te besef dat positiewe uitsprake oor een teïstiese godsdiens inkongruent is met negatiewe uitsprake oor 'n ander.

Helaas.

Maar, hei, ten minste weet hulle "Ramadaan" kom voor "mubarak".

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.