Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Howe moet onderskei tussen feite, oortuiginge

2012-10-23 07:57
Tweets Share Share line Print

Johanna Mmoledi, 'n chef de partie by Kiewietskroon Country Estate in Johannesburg, is onlangs deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie heraangestel in haar pos. Dit volg nadat sy 'n maand onbetaalde verlof sonder toestemming geneem het en toe daarvoor afgedank is.

Die uiteindelike uitspraak blyk te draai rondom 'n definisie van 'n geldige siektesertifikaat. Me. Mmoledi het 'n siektesertifikaat van haar tradisionele geneesheer aan haar werkgewer verskaf waarin dit duidelik gemaak is dat sy deur haar voorvadergeeste geteister word. Die enigste manier om hierdie teistering te stop, is aangevoer, sou wees vir Me. Mmoledi om 'n maandlange opleidingsritueel te voltooi en 'n volwaardige sangoma te word.

Die voorvaderlike teistering, is aangevoer, kon haar dood beteken het. Ter ondersteuning hiervan het Me. Agnes Mamoreroa Masilo (die betrokke tradisionele geneesheer) as volg getuig:

She could have died or suffered from some serious and mysterious accident or misfortune if she could have ignored the ancestors and continued to work as instructed by the applicant.

Die opleiding was dus so kritiek vir Me. Mmoledi se welstand soos wat antiretrovirale middels vir 'n verkragtingslagoffer of 'n noodoperasie vir iemand met 'n gebarsste blindederm is. Die hof het dit as volg opgesom:

The third respondent believes that if she did not heed the calling to become a sangoma, she would become ill.

Bogenoemde is natuurlik akkuraat. Me. Masilo kon nie met 'n hoë akkuraatheid voorspel dat Me. Mmoledi siek sou word of sterf nie, maar daar kan bo redelike twyfel aangetoon word dat beide sy en Me. Mmoledi sterk oortuig was hiervan.

Oortuiginge en feite is egter nie altyd ewe na aan die waarheid nie. Hierom het ons howe en juis hierom vind ek die uiteindelike uitspraak en die stawing daarvoor geheel en al absurd.

Net omdat die tradisionele geneesheer nie "Westers" is nie, blyk die uiteindelike slotsom te wees, beteken dit nie haar gebruike is van geen waarde nie. Hiermee stem ek heelhartig saam. "Westersheid" is geen sinvolle kriterium vir waardevolheid nie. Waardevolheid was egter nie die punt in hierdie betrokke geval nie. Wat ter sake was, is of Me. Mmoledi siek sou word as gevolg van haar onvermoë om 'n maand onbetaalde verlof te neem.

Die uiteindelike probleem met Me. Mmoledi en Me. Masilo se uitsprake is nie dat dit "on-Westers" is nie, dis bloot dat dit onsinnig is. Hierdie onsinnigheid het niks te doen met die mate waarin dit "Westers" of "Afrika-agtig" is nie en alles met eenvoudige, medies wetenskaplike toetse wat sal aantoon dat dit onakkuraat is.

Vandag weet ons dat siektes nie deur demone of geeste veroorsaak word nie, maar deur dinge soos virusse, bakterieë, genetiese defekte, chemiese wanbalanse en dies meer. Hierdie kennis is nie "Westers" nie - dis bloot herhaaldelik getoets. Dit behoort aan die ganse mensdom - insluitende Afrika.

As Me. Mmoledi stemme gehoor het of visioene gesien het, is daar goed nagevorsde verklarings wat dit kan verduidelik en metodes wat ontwikkel is om van hulle ontslae te raak. Sy en haar regsverteenwoordigers het uiteraard die volste reg om die teendeel te glo (nes 'n konserwatiewe Christen die volste reg het om te glo sy siekte is demonies van aard en kan slegs met gebed genees word), maar in 'n hof kan dit sekerlik nie rede genoeg wees om te aanvaar hulle is reg nie.

Kerk en staat is geskei vir 'n rede, maar dit wil voorkom asof die hof in hierdie geval vergeet het hoekom. Die KVBA se uitspraak gee voor om progressief te wees en 'n slag vir tradisionele Afrika-gebruike slaan. In werklikheid is dit regressief en prioritiseer dit oortuiginge bo feite.

Die hof kom hiermee weg deur die uitspraak te verpolitiseer en voor te gee om geregtigheid aan 'n voorheen onderdrukte groep Suid-Afrikaners te laat geskied. In der waarheid is Me. Mmoledi en haar tradisionele geneesheer skuldig aan 'n argumentum ad populum en die regters aan 'n ignoratio elenchi.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Financial Manager - Corporate Banking

Johannesburg
The Personnel Concept
R800000 - R900000

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.