Johan Swarts

Hoe lyk 'n man wat sy man kan staan?

2011-03-30 07:47
Tweets Share Share line Print

’n Mighty Men-saamtrek is onlangs in die Paarl gehou. Ek het ’n ope uitnodiging van ’n vriend ontvang om saam met hom daarheen te gaan, maar kon weens ander verpligtinge nie die geleentheid meemaak nie.

Nou moet ek darem erken: ek was nog nooit ’n groot aanhanger van Angus Buchan se byeenkomste nie. Ek deel nie al sy godsdienstige oortuigings nie, ek het nie ’n huisgesin wie ek met woede-uitbarstings traumatiseer of ’n vrou wat ek slaan vir wie ek om verskoning hoef te vra vir my grotbewonermaniere nie.

Daar is nie veel van ’n konteks waarbinne ek sin kan vind by so ’n saamtrek om mee te begin nie.

Bowenal het ek nie ’n diepgewortelde oortuiging dat ek om die een of ander rede moet man up nie. (Ek voel manlik genoeg, dankie.)

Ewenwel.

Destyds, toe die eerste saamtrek in 2007 gehou is, was daar ’n bohaai oor Buchan se idee van manlikheid.

Wat mense gepla het, was nie die manlikheid self nie, maar die byvoeglike naamwoordjie wat dit voorafgegaan het.

Mighty.

Liberale Afrikaners (kom ons wees nou maar eerlik: die res van die land het meestal nie omgegee nie) het heftig beswaar aangeteken teen wat hulle beskou het as ’n onnodige herlewing van paternalisme. Buchan se versugting dat manne weer manne moet word, het hulle gesê, is gevaarlik en primitief.

Ek onthou hoe ek aan ’n kritiese gesprekgeleentheid (by ’n kerk, van alle plekke) oor die onderwerp deelgeneem het. Buchan, het ek toe self te kenne gegee, predik iets wat my laat sidder as ek oor die geskiedenis terugkyk na al die wandade wat teen vroue gepleeg is in die naam van godsdiens. Ek kan myself nie met sulke maglus vereenselwig nie. Ek, ’n bekeerde en reine feminis!

So’t ek my kniebroek ook maar lekker in ’n knoop gekry.

Soos die saamtrekke jaar na jaar gehou is, moes my deuntjie egter verander.

Die mans wat ek ken wat daarvan af teruggekom het, was nou nie juis opsigtelik meer paternalisties nie. (Nie meer as wat hulle voorheen was nie, in elk geval.) Baie van hulle het hul vrouens om vergifnis begin smeek vir hul grotmangedrag. Hulle het beter pa’s geraak.

Hulle het begin bydra tot hul gemeenskappe. Hulle het naasteliefde probeer uitleef in hulle werke en kerke.

Ek was duidelik verkeerd.

Soos ander liberales het ek eens op ’n tyd gedink dis verskriklik onjuis om soos Jan Celliers te verklaar:

Ek hou van 'n man wat sy man kan staan,
ek hou van 'n arm wat 'n slag kan slaan,
'n oog wat nie wyk, wat 'n bars kan kyk
en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan!


Ek meen hel, jy sal terstond deur ’n eskader feministe oorval word as jy daai woorde in die openbaar resiteer.

Maar bid jou dit aan: vir ’n polisiemag het ons nie ’n klomp gesaghebbende mans en dames wat voldoen aan Beki Cele se standaarde van stomach in, chest out nie, maar ’n konvooi hipsters in elke dorp en stad wat skinny jeans dra, weier om vuurwapens of knuppels te gebruik (dis paternalisties, sien?), drankies onder straatligte geniet en “awê” sê vir elke boef wat hulle teëkom.

Of verbeel jou die nasionale weermag bestaan uit ’n klomp tengerige outjies wat saans hul beddens natmaak en sukkel om enigiets swaarder as 500 gram vas te hou.

Wanneer hulle opstote moet doen, begin hulle hewig bewe teen die tyd wat hulle by die derde een uitkom. Hulle skrik vir deure wat klap, huil wanneer hulle hul tone stamp en bel hul ma’s om te grens oor die ander soldate wat lelik is met hulle.

Dieselfde geld vir sportspanne. Is hulle nie magtig genoeg om oor ander spanne te triomfeer nie (soos die Prochokers onlangs teen Nieu-Seeland), kryt ons hulle uit as nutteloos en swak. So sou ’n mens kon aangaan – base, onderhandelaars, vakbonde, arbeiders – daar’s baie mense van wie ons op ’n daaglikse basis verwag om magtig eerder as swak te wees. En daaroor knip geen liberale feminis ’n oog nie.

Wat is dit dan nou juis wat so sleg is aan magtige mans in ’n godsdienstige konteks om mee te begin?

’n Mens hoef nie saam te stem met Angus Buchan en sy aanhangers se oortuigings nie. Ek weet ek stem dikwels nie met hulle saam nie. Jy hoef ook nie vreeslik magtig te wees om jouself as ’n goeie mens te klassifiseer nie. Dis effens bisar om te dink dat mag ’n voorvereiste vir deugsaamheid is. Hoe dit egter hieruit volg dat dit by verstek ’n ondeug is, is onduidelik.

Wie’s ons in elk geval om vir ander mense te sê wat hulle hulself mag noem?

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
63 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R25000 - R29000

SAGE CRM Consultant

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.