Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Hoe gemaak met Afrikaanse Gangnam?

2012-11-20 08:28
Tweets Share Share line Print

Dirk van der Westhuizen, 'n popsanger van Gauteng, het homself die haat van al wat 'n Afrikaanse tiener is op die hals gehaal. 
Hy het dit gedoen deur 'n stomende, polsende stamptreffer genaamd "Supercool" op YouTube vry te stel en so 'n bietjie Gangnam Style tussenin te meng.

Nou kry die kêrel doodsdreigemente.

Soos dit nou maar met die meeste stomende, polsende stamptreffers gaan, is die kritiek daarteen dat dit so eenvoudig is dat dit so te sê breindood is. Enige talentlose dilettant kan sulke musiek maak, is die heersende sentiment.

Dit is immers popmusiek, so dit klink na 'n stelling wat heel sinvol gestaaf kan word. Kom ons kyk dus saam na die lirieke wat ek spesiaal, spesiaal net vir jou, met die hand uitgeskryf het:

Jy is supercool / jy is rêrig-êrig wat ek soek / jy's 'n feëprinses / en ek wens ek kon jou redder wees / jy is spesiaal / ek sal op my perde jou kom haal / slaap jy in die nag / dink jy nog aan my / want ek soek jou hier by my / en ek wens ek kon jou kry / supercool

Elke liewe oomblik / elke liewe asem saam met jou / is vir my amazing / want ek weet jy is nou hier by my / elke liewe glimlag / elke liewe dingetjie wat jy doen / is vir my so kosbaar / want ek weet jy is nou hier by my

Elke dag saam met jou / die gevoel hier binne my / elke oomblik saam met jou / jy't my hart gekry / Elke liewe foto / elke liewe hartklop saam met jou / is so onbeskryflik / want ek weet jy is nou hier by my

Elke liewe ritme / elke liewe tempo van my hart / is vir jou alleen bedoel / want ek weet jy is nou hier by my / elke dag saam met jou / die gevoel hier binne my / elke oomblik saam met jou / jy't my hart gekry


Neem 'n mens die onderwerpe en die voornaamwoordelike referente hierbo en kompakteer hulle so 'n rapsie meer, kan 'n mens (veral danksy die oorvloedige gebruik van die kopulawerkwoorde in die teenswoordige tyd) Van der Westhuizen se lirieke as volg vasvang:

Jy = {supercool, wat ek soek, feeprinses, spesiaal, het my hart gekry}
Ek = {wens ek kon jou redder wees, sal op my perde jou kom haal, soek jou hier by my, wens ek kon jou kry, weet jy is nou hier by my}
Elke (oomblik, asem, glimlag, dingetjie, foto, hartklop, ritme, tempo, dag, gevoel, oomblik) = {[uitsonderlik positief]}

"Ek" is klaarblyklik baie opgewonde oor "Jy". En het perde.

Nie te ingewikkeld nie, dus.

'n Mens huiwer onder die versoeking om die tieners gelyk te gee. Dan kom die lirieke van die immergewilde rockgroep Van Coke Kartel se liedjie "Vir almal" willekeurig by ’n mens op:

Vir almal wat twyfel / vir almal wat stemme hoor / vir almal wat 'n goeie tyd het / en dit probeer onthou

Maak die individu nou dood of verdwyn saam met my / want ek sien min van ons wat hier bly lewe / leierskap die gebrek / 'n kwarteeu van twyfel / ek sal nie bitter word nie / maak die individu weer dood probeer sy kop wat uitstaan nog terug inslaan / ek sal my familie en vriende nadertrek / gee my oë agter my kop / ek sal nie bitter word nie

Die een is vir almal / vir almal wat kan hoor / vir almal met iets tussen die ore / wat nog wil droom


In die voetspore van my baanbrekende grammatika kan hierdie reëls natuurlik as volg omgesit word:
 
Die een = {vir almal wat (twyfel, stemme hoor, 'n goeie tyd het, die goeie tyd probeer onthou, kan hoor, iets tussen die ore het, nog wil droom)}
Ek = {sien (min van ons wat hier bly lewe, die gebrek [aan] leierskap, ’n kwarteeu van twyfel), sal nie bitter word nie, sal my familie en vriende nadertrek}
Die individu /Maak dood, slaan kop in/

Hier is sprake van “die een”, “almal”, “ek” en ’n armsalige “individu” aan wie se verskriklike lot daar skynbaar nie veel gedoen kan word nie.

Nie Van der Westhuizen óf Van Coke Kartel se liedjies is besonder ingewikkeld nie. Die een is baie positief en die ander taamlik negatief, maar struktureel gesproke is daar nie werklik iets wat hulle van mekaar onderskei nie. Beide is maar ’n klompie verse saamgeflans met ’n klompie koorgedeeltes. Dit kon nie te moeilik wees om een van hulle te skryf nie.

Dit alleen beteken uiteraard nie hulle is sleg nie, maar dit beteken beslis beide is ewe breindood. Daarom is dit eintlik nogal vreemd dat mense hulle verskillend hanteer.

Al sinvolle verklaring hiervoor waaraan ek kan dink, is dat die huidige musikale tydsgees dikteer dat enigiets waarin iemand negatief oor iets of iemand is, positief is en dat enigiets waarin iemand positief oor iets of iemand is, negatief is.

Mag daai verdomde tieners dus vergaan in die onderaardse dieptes vir alles wat hulle oor Van der Westhuizen se ongelooflike, stomende, polsende stamptreffer kwytraak.

Kyk hier na Dirk van der Westhuizen se musiekvideo, "Supercool".

- Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.