Johan Swarts

Het ons maar geluister...

2010-07-16 08:03
Tweets Share Share line Print

Ek is dood.

Ek bedoel dit nou nie metafories of simbolies of whatnot nie. Ek is letterlik dood. Opgekerf. Aan flarde gesny deur 'n ruwe barbaar met 'n lang mes. Bloed koek om my slape, vlieë krioel in my neusgate. Kraaie pik my oë uit waar ek onderstebo aan ‘n voorstedelike lamppaal hang en saggies in die wind wieg.

Ek stink al.

As jy dit kan lees, sit jy waarskynlik in die buiteland, so laat ek jou gou vinnig inlig oor die afgelope week se gebeure in Suid-Afrika. Maandagaand, kort na die Wêreldbeker sokkertoernooi, was Oehoeroe – die nag van die lang messe. Ons grootste vrese is toe bewaarheid: elke blanke (en sommer ‘n handjievol coconuts) is voor die voet uitgemoor. Dit was ‘n gruwel wat selfs die Huisgenoot nie met die nodige aantal adjektiewe kon beskryf nie.

Die skrikbewind het by die plase begin. En toe – en og, was dit nie verskriklik nie! – toe versprei dit vinnig na die stede en die posh, voorstedelike woonbuurte. Ons strate was besaai met swart barbare wat moord en doodslag met pangas en AK47's gesaai het. Niemand is gespaar nie. Almal, tot die vroue en kinders, is die see ingedryf. Al wat oor is van die eens glorieryke republiek van Suid-Afrika, is die ruïnes van die Uniegebou, waar tjoklitkleurige kindertjies rondhardloop en sokker speel met wittes se bloederige skedels.

Ons kon die grieselrigheid verhoed het. Oehoeroe is reeds in April korrek voorspel deur niemand anders nie as Dan Roodt. In 'n rubriek getiteld "Eugene Terre'Blanche en die simboliek van oorlog" het Roodt kort na die moord op die AWB-leier geskryf dat daar nie meer baie tyd oor is vir vrede in Suid-Afrika nie. Ná hy Terre'Blanche se dood met dié van Franz Ferdinand van Sarajewo vergelyk het (‘n logiese en regverdige vergelyking, aangesien altwee hertogte was), kom hy tot dié vreesaanjaende slotsom:

" As die laaste oorsese toeris ná die sokkerwêreldbeker op die vliegtuig klim, gaan oehoeroe heel waarskynlik begin. Ons het nie veel tyd nie." (Roodt, 2010)

Nou ja. Die toernooi het gekom en die toernooi het gegaan en nou dwarrel my oorblyfsels aan ‘n lamppaal in die wind. Not Ayoba.
Persoonlik blameer ek my dood op die Suidlanders en die res van my volksgenote wat trots na 'n paar biere kon vertel hoe hulle nog steeds weet hoe om 'n bom uit huishoudelike toestelle te maak. Hulle was nie paraat genoeg om die volk te beskerm nie; wou nie na Roodt se wyse raad luister toe hy geskryf het dat "ongekoördineerde aksies deur emosioneel opgeruide mense" vermy moet word nie (2010).

Al wat die Suidlanders moes doen, was om hulself "in 'n volksweermag [te] organiseer, wettiglik en met die wettige wapens en ammunisie waaroor ons tans beskik" (Roodt, 2010). En toe Oehoeroe Maandagaand uitbreek? Niks. Nie eers ‘n brandewynbom nie.

Was dit nou so moeilik? Die oplossing was daar, reg voor hulle oë, duidelik soos daglig. Siener Roodt homself het dit aan hulle uitgelê dat, al het Umkhonto we Sizwe en ZANU-PF beter wapens gehad, ons 'n defensiewe oorlog kon veg "op ons eie grondgebied, op ons eie plase en in ons eie voorstedelike strate" (Roodt 2010).

Daar was niemand in my straat toe ek uitgemoor is nie! (Wel, niemand behalwe die swerm barbare met die lang messe en die semi-outomatiese masjiengewere nie.) Geen "Alpha-alpha", "Kom in, Bravo een, kom in" of "skiet hom, hy ly!" nie.

Dan Roodt was reg, maar ons wou nie luister nie. Oehoeroe het gekom. Ons moes ons Pajeros pantser en gragte spit, maar nee – al wat ons wou doen, was nasiebou. Ons wou net inkoop op die liberale pers en hul propogandistiese leuens oor die haglike toestand van ons eens trotse republiek. Ons wóú mos die absurde idees glo dat velkleur nie belangrik is nie en Afrikane op dieselfde vlak as ons in die arbeidsmark kan meeding. Ons wou mos lief raak vir Nelson Mandela; wou mos weier om te aanvaar dat die swartman die witman verafsku en hom sal uitmoor sodra die geleentheid homself voordoen.

Ons wou mos – en kyk net waar het dit ons nou gebring. Nou is ons dood en bloed koek om ons slape (en vlieë krioel in ons neusgate en kraaie pik ons oë uit waar ons onderstebo aan lamppale hang en saggies in die wind wieg).

Wee.

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
110 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.