Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

God vergete 'wyl kasregisters klingel

2012-12-04 07:59
Tweets Share Share line Print

Dis skaars Desember en winkels is toegegooi onder kersversierings. Boney M weerklink deur die rakke, kassieres dra rooi mussies en oral vertel plakkate die blye nuus van groot besparings op toiletpapier, hemde en 12-pakke Coke.

'n Mens dink onwillekeurig aan Nietszche.

Op 25 Desember, wanneer die transaksieraserny in presente en kostafels kulmineer, sal ons partytjie hou dat die biesies bewe.

Vroegoggend sal ons egter eers kerk toe gaan, waar predikante ons sal herinner aan die ware betekenis van Kersfees. Ons sal dit knikkend beaam, “Stille Nag” sing en mekaar 'n geseënde Kersfees toewens.   

En dan gaan vreet.

Ek bedoel dit nie oneerbiedig nie. "Eet" is bloot nie die regte werkwoord vir wat die meeste mense op Kersdae met hul spysverteringstelsels aanvang nie. Ons vreet.

Ons doen ’n hele klomp dinge in die Kersgety, maar dié het bloedweinig met God te make. Ihesus Kerst is teenwoordig slegs in lippetaal.

Kersfees gaan oor kasregisters en kasregisters gaan heimlik tog oor die eie ek.

Ek wil presente ontvang en uitdeel. Ek wil vreet. Ek wil drink, ek wil kuier, ek wil rinkink. Ek wil by my familie wees, ek is nie nou lus vir skottelgoed was nie, ek wil vergeet van al die arm mense, ek wil die kos gaan afslaap. Bring daar 'n bier, vertel daar 'n storie.

Ons sê dit gaan oor God, oor die Kind – van ons sing en lees dit selfs vir 'n fraksie van die dag –  maar sedert die begin van die maand al beplan die meeste mense nie vir spirituele bepeinsing nie, maar vir 'n vakansie.

Ons doen net mooi die teenoorgestelde van wat ons bely.

So af en toe herhaal ons darem die refrein dat Kersfees eintlik oor Jesus se geboorte gaan. Hoe tragies, sê ons vir mekaar, dat alles so kommersieel geraak het. Ons besef nie dat dit al is wat oorgebly het nie.

Ons is dalk nog nie reg om die nuus te hoor nie, maar: "Gott ist tot". Soos Nietzche se mal man dit stel:

God is dood. God bly dood. En ons het hom vermoor. En tog troon sy skadu steeds oor ons. Hoe sal ons onsself troos - ons, die moordenaars van alle moordenaars! Wat die heiligste en die magtigste was van alles wat die wêreld al besit het, het doodgebloei onder ons messe: wie sal hierdie bloed van ons afvee? Watter water is daar vir ons om onsself mee skoon te was? Watter feeste van versoening, watter heilige spele sal ons moet uitdink?

Jaarliks bely ons dat daar 'n dieper, spirituele betekenis agter Kersfees is, maar daarvoor, daartydens en daarna laat klingel ons die kasregisters teen 'n hellepas. Vir 'n uur op Kersoggend hang die skaduwee van God nog oor ons, maar dis lankal reeds te laat.

In die naam van winskopies het ons God vermoor vir ’n tweede skeppie koekstruif en 'n vakansie by die see.
 
- Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

MS BI Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.