Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Gister was 'n goeie dag

2012-07-17 07:56
Tweets Share Share line Print

Gisteroggend kom ek by my kar aan, sluit die kattebak oop, slinger die rugsak met my skootrekenaar motories daar in en sien dan dat die agterste sitplekke se rugleunings 'n bietjie té ver vorentoe hel.

Ek snap nog nie so lekker nie, loop om na die voordeur en wonder by myself hoekom my voorruit dan afgedraai is. Dis winter en dis nat. Hoekom op aarde sou ek die venster so wawyd ooplos? En hoekom is daar 'n gat in die ander venster?

...daar is 'n gat in die ander venster.

Oopmond, met my kop effens skuins gedraai, staar ek skaapagtig na die verpletterde passasiersvenster en die gapende holte waar my radio moet sit.

Oeps.

Ek raak nie eers meer kwaad nie.

Dis die vierde inbraak in 'n relatiewe kort tyd; die eerste gebreekte ruit (hierdie ouens was nie so behendig soos die res nie), die tweede vermiste radio.

Dis die bergies, beduie die polisieman wat kort daarna opdaag om 'n verklaring af te neem – hulle krap Maandae in die asblikke. Soms krap hulle maar in die karre ook. "Blou Maandag," vertel hy terwyl ons huis toe loop – "toe ek vanoggend werk toe wou ry, snap die fanbelt". "Sux, dude," simpatiseer ek.

Ek probeer onthou hoe laat ek my kar die laaste keer gesien het en hoeveel die vermiste radio werd is. Ek brabbel, hy noteer. Ek lees, ek teken, ons groet.

Buite stuif dit. Ek haal my selfoon uit, soek iemand wat die gebarste ruit met 'n nuwe een kan vervang en ry soontoe. Af en toe, wanneer ek by 'n verkeerslig stilhou, klingel 'n paar glasskerwe op die karvloer.

Die winkel het nie 'n ruit vir my model in voorraad nie. Hulle kan dit wel oor 'n paar uur hier hê. Kan ek wag?

Nie eintlik nie.

Hulle onderhandel met 'n ander tak. Net so 'n rukkie, sê 'n man vriendelik vir my. Nou-nou, dan is dit hier. Hulle moet 'n paar kilos ry, maar hulle bring hom so gou as wat hulle kan.

Hulle't nou die dag so by sy Jetta II ingebreek, vertel die man – toe ruk hulle sy mossienes net so in sy glorie in soos myne nou lyk. En sy kar het hulle gesteel. Hy kon dit darem drie dae later teruggekry. Dis tydens 'n rooftog gebruik.

Terwyl die bakkie met die ruite iewers deur verkeersknope beur, gaan haal ek maar een van my Xhosa-handboeke uit die kattebak, koop 'n notaboekie by die supermark om die draai en probeer my beperkte woordeskat uitbrei.

Daar is spesiale woorde in Xhosa vir ma's, leer ek: daar is een vir my ma (umá), een vir jou ma (unyoko) en een vir hulle ma (unina).

"-betha", leer ek verder, is foeter. En boewe... wat is boewe?

Izikoli, verduidelik 'n vriendelike dame wat besig is om die vloer te mop vir my.

Isikoli... soos "skollie" in Afrikaans?

Ewe.

Nou ja. Ndifuna ukubetha izikoli. Onina!

Hoekom het ek nie lankal hierdie taal begin leer nie?!

Die ruit het langer geneem om op te daag as wat hulle belowe het. ("Nou-nou" is blykbaar 'n baie relatiewe begrip.) Teen die tyd wat ek daar uit is, het ek 'n toebroodjie afgesluk, Xhosa geleer, 'n hoofstuk uit Mel'cuk se Dependency Syntax: Theory and Practice gelees, op Facebook oor my lot gesanik en 'n geselsie of twee aangeknoop met mense wat veronderstel was om te werk.

Ek mop nie vloere nie, besef ek toe ek daar wegry. My kar is nie gesteel nie en ek hoef nie ongeduldige kliënte van agter 'n toonbank te paai nie. Ek verkoop nie The Big Issue onder 'n plastieksak op die straathoeke nie en ek staan nie in die reën en smeek vir kleingeld met 'n papierglas nie.

Ek kon vir die ruit betaal.

Ek is nie in Lavender Hill geskiet nie. Ek is nie op 'n plaas uitmekaargekap nie. Ek is nie in Diepsloot met 'n betonblok papgeslaan nie. Ek besit nie 'n afgebrande winkel nie en ek woon nie in 'n sinkhut nie.

Ek het nuwe woorde geleer en nuwe mense ontmoet. Ek het 'n toebroodjie geëet. My boude is 'n bietjie natter as wat dit was en ek het 'n radio verloor.

Gister was 'n goeie dag.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.
 

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
  • Saturday Houghton Estate - 13:23 PM
    Road name: M1 Northbound
    LANE CLOSURE for roadside works at Killarney Bends
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

MI Accountant Non CA

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.