Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Geen sprake van eenvormige 'Afrikakultuur'

2013-01-08 08:28
Tweets Share Share line Print

Ek het ’n deel van die afgelope Desembervakansie in Tanzanië gespandeer – die meeste daarvan op Zanzibar. Tussendeur die skemerkelkies, die strand en die gedryf met ’n duikbril in die Indiese oseaan kon ek vir ‘n tweede maal empiries bevestig wat ek reeds geweet het: daar bestaan nie regtig iets soos ‘n “Afrikakultuur” nie.

Die eerste keer wat ek hierdie eenvoudige truïsme kon leer, was twee jaar gelede. Ek en ’n groep vriende het ’n bakkie in Maputo gehuur en vir twee weke daarmee deur Mosambiek getoer. Die kultuurverskille met Suid-Afrika was opvallend.

Met Engels kan jy nie regtig ver kom daar nie, omdat die meeste mense Makua, Sena en Tsonga praat. Danksy ons onvermoë om hierby Portugees te verstaan, was kommunikasie dikwels moeisaam.

Op baie van die kerkgeboue pryk die woorde “Jesus Cristo é o Senhor” (dis vermoedelik dié se naam) en elke dorpie het ons begroet met advertensies vir selfoonnetwerke, banke en Coke wat meestal teen gehuggies geverf was.

Niemand in Mosambiek het my werklik aan enigiemand in Suid-Afrika herinner nie. Die tale was anders, die kos was anders, die musiek was anders, die name was anders, die plantegroei was anders. Die polisie het rondgeloop met semi-outomatiese masjiengewere. Al wat hoegenaamd ooreengestem het, was Suid-Afrikaanse handelsmerke en slagspreuke, netjies na Portugees vertaal.

Tanzanië was eweneens anders. Hier het ons Swahili in oormaat gehoor. As beïndrukbare toeriste is ons die heeltyd van alles gerus gestel met “hakuna matata!”. In Zanzibar het daar nie ’n dag verbygegaan waar die lof van Allah nie talle male in die publiek besing is nie. (In Stown Town alleen is daar tans meer as 40 moskees). Anders as die garnale wat die heeltyd in Mosambiek aan ons verkwansel is, het verkoopsmanne in Zanzibar eerder bont lappe en CD’s met partytjietreffers daarop te koop aangebied.

Aan die Oos-Kus van Zanzibar is ’n rits konserwatiewe Moslemgemeenskappe wat elkeen in ’n vreemde simbiose met die vakansie-oorde tussen hulle en die strand leef. ’n Prentjie wat my lank sal bybly, is dié van ’n Skandinawiër besig om bier te drink – kaalbolyf in ’n baie kort broekie op ’n kampstoel langs die see. Langs hom, skaars drie meter weg, het ’n Moslemmeisie bedek in doeke die Koran ingedagte bestudeer.

In Dar Es Salaam, waar ons geland en opgestyg het, het groot advertensieborde ons probeer oortuig om ringe nie met diamante nie, maar met tanzaniet daarin te koop. Die blink steentjies waaraan ons so gewoond is in Suid-Afrika is in Tanzanië eenvoudig nie belangrik nie. Ons koop diamantringe – hulle vertoon status met donkerblou tanzanietringe.

In Suid-Afrika heet ’n taxi “taxi”. In Mosambiek “chapa”. In Tanzanië “dala dala”. In Suid-Afrika word jou ore in hierdie voertuig afgeblaas en jou lewe in gevaar gestel. In Mosambiek is die verkeer so deurmekaar dis nie nodig vir ’n taxi om jou lewe in gevaar te stel nie: die res van die padgebruikers doen dit sommer vir jou. In Tanzanië lyk die verkeer (en die visumbondel op die lughawe, mind you) na ’n poespas, maar onderliggend is daar sistematiek aan mense se aksies en taxibestuurders ry relatief veilig.

In Suid-Afrika heet iemand met ’n donker vel dalk Sipho of Fikile. In Tanzanië is dit heel waarskynlik Mohamed of Ibrahim, terwyl dit in Mosambiek miskien Maria of Venezio is.

Suid-Afrika != Mosambiek != Tanzanië. Die lande se kulture is uiteenlopend. Dit sou onmoontlik (of ten beste uiters lomp) wees om hulle saam te flans en van ’n gesamentlike “Afrikakultuur” te praat, en tog is dit wat baie mense in Suid-Afrika graag doen.

Twee spesies op eie bodem is veral lief hiervoor: Afrika-nasionaliste en white liberals. Eersgenoemde wissel van welbelese mense soos Thabo Mbeki (van “I am an African”-faam) tot Jacob Zuma (van “it is un-African to own a dog”-faam). Laasgenoemde is mal oor die woordjie “ubuntu”, herinner hulself gereeld dat “Africans” anders dink en leef as “Westerlinge” en gebruik dit as ’n verklaring vir enigiets wat vir hulle vreemd is.
 
Hierdie mense is twee kante van dieselfde irrasionele muntstuk.

Daar is nie juis iets soos ’n Afrikakultuur nie. Daar is uiteraard breë kulturele trekke oor groot gebiede wat ’n mens sou kon saamskik (nes ’n mens dit met enige ander gebied op aarde kan doen), maar plaas jy ’n Suid-Afrikaner langs ’n Zambiër of ’n Egiptenaar langs ’n Kongolees is die kans bepaald groot dat hulle mekaar nie sal verstaan of verdra nie.

Enigiemand wat ’n vliegtuigkaartjie kan bekostig, sal dit binne ’n oogwink kan bevestig.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Edenvale - 17:23 PM
    Road name: N3 Southbound
    DELAYS between Linbro Park and Gilloolys Interchange due to an accident on the southbound carriageway
  • Wednesday Pretoria - 17:22 PM
    Road name: Stormvoel Road Westbound
    DELAYS approaching Derdepoort Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.