Johan Swarts

Gaan gebed Japan help?

2011-03-15 07:57
Tweets Share Share line Print

"Japan is in ons gebede."

Só het baie mense gesê nadat die aarde onder Japannese se voete gesidder en vloedgolwe hul kusdorpies onlangs verswelg het.

Ek begryp dat dit goed bedoel word, maar ek sukkel om te verstaan wat hierdie gebede veronderstel is om te beteken.
 
Sedert die oorspronklike aardbewing wat ’n skok van 9 MW geregistreer het – wat mense dan ook genoop het om vir Japan te bid – was daar nie een nie, nie tien nie, nie eers ‘n honderd nie, maar meer as vierhonderd naskokke van 4.5 MW of groter.

Meer as dertig van hierdie trillings was groter as 6 MW. Volgens skattings het tienduisende mense in die aardbewing gesterf en is duisende beseer.

Ongekende skade is aan infrastruktuur aangerig. Plase is verwoes. Meer as 1.4 miljoen huishoudings sit sonder drinkwater. Ongeveer 4.4 miljoen huishoudings het nie elektrisiteit nie.

Daar is berigte van Japannese wat vasgekeer is op heuwels en aan die lewe probeer bly deur sneeu te eet. Daar was reeds twee ontploffings by die Fukushima-kernkragsentrale in Okuma en die regering het tans hul hande in hul hare met ’n dreigende insmelting en die vrylating van dodelike radiasie.

Noordoos-Japan is, kras gestel, in sy peetjie.

Danksy die internet kon ek die katastrofe meemaak sonder om ’n enkele trilling te voel.

Terwyl ek gekyk het na die dodelike vloedgolwe wat oor die Japannese landskap gejaag het (wat enigiets van bote tot geboue meegesleur het asof dit plastiekeendjies was), het twee idees my beetgepak. Drie, eintlik.

Die eerste een was bloot: “%@#$%&!...”

Die tweede een was instinktief: “Bewaar hulle, Here!”

Die derde, effens terneergedrukte, gedagte was: “Wat help ’n gebed?”

Dit het duidelik tog nie gewerk nie. My skietgebedjie het nie die skade laat verdwyn nie. Die water het aanhou vloei. Die aarde het aanhou skud. Die dorpe het steeds gedobber en die dooies was steeds dood. Ten spyte van my (en waarskynlik miljoene ander mense se) versugtinge het die verwoesting ongestoord voortgegaan.

En hoekom sou dit nie?

Gebede stop gewoonlik nie sulke situasies nie. Dit het nie vir Chernobyl, die Holocaust, Rwanda of Darfoer gewerk nie. Ook nie vir Pompei of Sichuan nie.

Dit het nou nog nie vir Libië gewerk nie. Trouens, van die begin van die geskiedenis af het dit so te sê nog nooit gewerk nie. Al smeek mense hoe hard – al trap hulle hoeveel rituele deur en maak hulle hoeveel kosmiese beloftes – die rampe kom en die rampe gaan.

Sê ’n mens dit vir diegene wat voorbidding vir Japan doen, word hulle kwaad. Hulle wil weet hoekom jy so min respek vir die goddelike het – hoe jy so ongenaakbaar en onsensitief teenoor mense in nood kan wees. Hoe, vra hulle soms verontwaardig, durf jy insinueer dat hul gebede nie werk nie?

Dis net, dis nie iemand spesifiek wat dit insinueer nie. Dis Japan wat steeds brand. Dis die talle naskokke wat steeds aan die gang is. Dis die drywende lyke, die ouerlose kinders, die honger mense in die snerpende koue, die dreigende kerninsmeltings en die voortgesette trauma van duisende Japannese wat ten hemele skree: julle gebede werk nie!

Wat moet ’n mens hieruit aflei? Dat gebed inderdaad nie God se arm kan draai nie? Dat daar bloot nie hard genoeg gebid is nie? Dat daar nie ’n God is om mee te begin nie? Of dat Iemand iewers alles gehoor het, heeltemal daarnatoe in staat is om te help, maar hierdie spesifieke keer net nie lus was om dit te doen nie?

Ek weet nie.
 
Wat ek wel weet, is dat niemand se pleidooie die voortstuwende ramp stuit nie – en dat die woorde “Japan is in ons gebede” mooi, maar leeg klink as ’n mens die moeite doen om na Japan te kyk.

- Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.
 

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Johan Swarts-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Fusion Developer

Cape Town, South Africa
Business Connexion
Market Related

WebMethods Developer

Cape Town, South Africa
Business Connexion
Market Related

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.