Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

GPS-koördinate, 'n sportmotor en 'n blink diamant

2012-12-20 08:16
Tweets Share Share line Print

Ek het die naweek verloof geraak aan die meisie van my drome. Almal wil sedertdien weet hoe dit gebeur het, so ek het besluit om 'n bondige opsomming van dié heuglike dag neer te pen en hier te laat publiseer ten bate van die weetgieriges.

Dit het alles begin toe ek die GPS-koördinate van 'n romantiese ligging aan haar verskaf het. "Dé, my skat," het ek gesê en 'n 24 karaat goue plaat met die lengte- en breedtegraad daarop gegraveer in haar hande gestop. Ek het geheimsinnig omgedraai, die sleutels na 'n Bugatti Veyron Super Sport oor my skouers na haar geslinger en myself na die naaste vliegveld gehaas.

Daar gekom het ek in 'n helikopter geklim met slegs 'n rugsak, 'n ring en 'n roos. Ek het die loods instruksie gegee om na dieselfde koördinate te vlieg as waarna ek haar gestuur het en die roos stewig tussen my tande vasgebyt.

Ons het net mooi betyds bo die aangewese plek begin sweef toe die Veyron kilometers onder ons opgedaag het. Ek het die ring in die rugsak versteek, seker gemaak my valskerm van suiwer katoen sit reg en toe uit die helikopter gespring en na die aarde geklief teen 'n Spartaanse tempo.

Sy het skaars kans gehad om haar hare in stadige aksie los te skud toe ek reg voor haar neergestryk het. Sy was heeltemal verras en het iets ouliks begin sê, maar in een soomlose beweging het ek my wysvinger sagkens teen haar lippe gedruk, die roos tussen my tande uitgehaal en glimlaggend teen haar borskas geplaas.

Ek trek toe 'n luukse piekniekmandjie, silwerware en 'n violis met 'n Stradivarius uit die rugsak en dis 'n romantiese ete vir twee op.

Ons het onsself trommeldik geëet aan kreip en aarbeie. Hierna het ek vir haar liefdesgedigte van Catullus en Breytenbach voorgelees op die maat van die violis se interpretasies van Brahms en Chopin.

Toe sy dit die minste verwag, het ek op my knieë gegaan, die mees romantiese toespraak in die geskiedenis van die aarde gelewer en haar gevra om op te kyk na die lug. Daar, lewensgroot uitgekerf in stratuswolke, was die groot vraag: sou sy haarself met my in die eg verbind tot in lengte van dae?

Sy het ja geantwoord en ek het die ring te voorskyn gebring. Dit had 'n kolossale diamant, het geblink met die glans van 'n duisend sonne en was eertyds verantwoordelik vir sewe oorloë, drie sluipmoorde en agt demokratiese revolusies.

Toe ek dit aan haar vinger sit, het vuurwerke in die verte ontplof en skoenlappers en duiwe met goue vere die lug in gevlieg. 'n Strategies geplaasde simfonie-orkes het triomfantelike kadense gespeel, die kamera het stadig na bo beweeg en die wêreld het verdof.

Ons het in die sportmotor geklim en die sonsondergang binnegery.

 – Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Hurst Hill - 17:00 PM
    Road name: Perth Road Southbound
    DELAYS approaching Portland Road
  • Friday Germiston - 16:57 PM
    Road name: N17 Eastbound
    DELAYS approaching the Osborn Road exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.