Johan Swarts

Floyd se noue ontkoming

2010-03-18 07:36
Tweets Share Share line Print

Ek kon dit nog nooit regkry om 'n vegetariër te wees nie, maar na die afgelope week het ek plotseling ontaard in iemand wat dit baie, baie vreemd vind om vis te eet.

Sien, ek het onlangs twee goudvissies gekry. Hulle heet “Juliaarse” en “Floyd” en woon in 'n minimalistiese vistenkie wat slegs water en 'n lugfiltertjie bevat.

Siende dat troetelvisse eintlik maar in hul eie toilet woon, het ek myself gister die taak op hande gelê om die tenk se week of twee oue water te vervang met nuwes – met Juliaaarse en Floyd natuurlik veilig in 'n aparte kommetjie water.

Alles het voor die wind gegaan... tot ek hulle in die nuwe water moes terugkry.

Juliaaarse (so gedoop omdat hy 'n vreeslike groot stertvin het) se vervoer het maklik gegaan. In by die bierglas (daar is niks soos 'n bierglas om visse te vervoer nie), terug in die tenk en die skoon, nuwe water. Floyd het egter ander planne gehad.

Hy wou eenvoudig nie by die bierglas se bek in nie.
 
Terwyl ek hom probeer skep, wip hy toe mooitjies verby die glas, uit die kommetjie en op die koue, ongenaakbare vloer.

Asof in stadige aksie kon ek myself gedemp hoor gil: “Floyd! #$@#, Floyd, wat maak jy?!”

Toe, luid en bang, terwyl ek naarstig water op die vloer uitmors en die spartelende goudvissie terug in water probeer kry: “Floyd! FLOYD! FLOOOOOOOYD!”

Na 'n futiele gespartel (wat waarskynlik 'n paar sekondes geduur het, maar soos 'n ewigheid gevoel het) het Floyd ophou beweeg en op die teëlvloer gelê asof alles verby was. Ek het my katabatiese vissie opgetel, in die bierglas laat sak en dadelik by die tenk laat inval – waarop hy vinnig lewe gekry en flink begin rondswem het, asof niks gebeur het nie.

Met 'n bonsende hart het ek effens verward na die omliggende area gekyk. Dit was soos 'n klein oorlogsone. Die vloer was druipnat en taai. Die kommetjie het omgedop in 'n hoek gelê. Viskos het, skynbaar sonder dat ek dit agtergekom het, oral soos skrapnel rondgespat.

Toe tref dit my: vir 'n paar oomblikke was ek doodsbang dat my dae oue goudvis – wat onder my sorg is – saam met die spreekwoordelike visse sou slaap. Nie 'n broer nie, nie 'n hond of 'n kat nie, nie eers 'n wollerige hamster nie. Nee: ek was tot die dood toe besorg oor 'n goudvis.

'n Goudvis!

Ek was bang dat sy dood my skuld sal wees. Bang dat ek verantwoordelik sal wees vir die bëeindiging van iets mooi. Iets uniek. Iets lewend.

Ek was geheg aan hom, want ek het aan hom 'n naam gegee.

Tot vandag toe het ek nie veel van 'n morele probleem daarmee om diere te eet nie. Hel – ek sal 'n lammetjie help afslag vir 'n braai as dit moet. Tjop-tjop. Sedert 'n goudvissie vir wie (wat?) ek 'n naam gegee het egter leweloos op my woonstel se teëlvloer gelê het, sukkel ek om vis te eet.

Is dit die soort ervaring wat van mense vegetariërs maak?

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.